Groente, melk en kaas duurder

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Suid-Afrika se verbruikersprysinflasie het effens gedaal in Mei tot 4.4% van 4.5% in April, het Statistieke Suid-Afrika Woensdag gesê.

Die verbruikersprysindeks het op ʼn maand-tot-maand-basis in Mei met 0.2% toegeneem in vergelyking met die vorige maand.

Die jaarlikse inflasie vir kos en nie-alkoholiese drankies is onveranderd op 3.4%.

Maand-op-maand verhogings is aangeteken vir groente, nie-alkoholiese drankies, melk, eiers en kaas, vis en vleis. Vrugte, suiker, lekkergoed en nageregte, brood en ontbytkos, asook olie en vette is goedkoper.

SSA het gesê vervoer het tussen April en Mei 2018 met 1.2% verhoog, hoofsaaklik as gevolg van ʼn verhoging in die prys van petrol van 49c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marinda ·

Vrugte is net so duur.
Een van die dae is dit net brood, melk en botter vir my en my man, maar soos dinge nou gaan dink ek dit gaan ook te veel kos.

Chris Ws ·

My vrou eet pomelo’s om haar gewig in toom te hou.verlede jaar was hulle te koop by ons vir R2 elk.Nou is hulle R5.40 elk as mens ‘n pak van 3 koop.Belaglik!Ek skryf dit toe aan “agtergeblewenes inflasie”.

Katerina ·

Dis omdat die “PTB” – Powers that Be” – Die sogenaamde “elite” wat die planeet soos hul eie persoonlike Monoply board speel,wil HE dat die gepeupel (ONS GEWONE MENSE) ongesond moet wees.Mense soos die Rothschilds,die Rockefellers, die Bilderbergers en kie. Hulle term vir ons is: “Useless Eaters” Google dit, dis die heilige reine waarheid. Google ook sommer “The Georgia Guidestones” Google ook “Agenda 21” Mense se oe moet begin oopgaan oor wie ons ware vyande is. Not just the enemies of white South Africans – the enemies of THE ENTIRE HUMAN RACE.

Kobus ·

So, daardie families wat jy daar noem bepaal die prys van pampoen is Suid Afrika om die hele mensdom ń les te leer? En dit is waar want mens kan dit Google?
Interresante wêreld waarin ons leef nê…

B ·

Ek glo daar is (‘n mate van) waarheid hierin. Baie onafhanklike navorsing het al bewys dat wereldwye armoede al baie minder kon gewees het, maar dit word ‘struktureel instand’ gehou.
Daar is pas weer ‘n hoogs geheime Bilderberg konferensie in Turin (NH Lingotto hotel) gehou, lees maar bietjie op. (Dit vind jaarliks plaas)

Jaco ·

Ek het maar n groetetuintjie begin so tydjie terug, net jammer ek kan nie koei aanhou in die stad nie ;-)

Anoniem ·

Vir wie probeer Statistieke SA “bulldust” met ‘n inflasiesyfer van rondom 4% ? Is hulle seker dis nie die “inflasie” op moord, roof, korrupsie en twakpraat nie?

Rita ·

Nee dis goed so. Mense eet te veel. Byna almal wat ek sien is gruwelik oorgewig.

Koolhidrate ·

Bepaald so Rita, maar dis agv al die koolhidrate en nie agv ‘Groente, melk en kaas’ nie.

(ADSA stel ‘n gebalanseerde dieet is 45-60% koolhidrate, en die resultaat is duidelik vir almal om (letterlik) te sien)

Kryger ·

…al gehoor van goed koop is duurkoop? Die antibiotika en ander medisyne wat vir hoenders, koeie, ens. ingegee word het onmoontlik al uitgwerk by die tyd dat hulle geslag en gemelk word. Ek is ‘n boer, ek weet. As die winkel by wie jy hierdie produkte koop nie op die hoogtse standaarde aandring nie, gaan jy letterlik gif koop 9dink maar watse standaarde China het) om net later die gevolge in terme van kanker en ander soortgelyke siektes te kry. Dan is dit hopeloos te laat om dit terug te erlei na die winkel toe… My inflasie koers is dus baie hoer, om en by 12% per jaar, want ek koop net produkte op eerste wereld standaarde.

Algemene kennis ·

Het ek dieselfde berig gelees as diegene wat hier kommentaar lewer? Daar is baie goed wat veroorsaak dat die kospryse styg, en almal is hiervan bewus: Die wisselkoers, die petrolprys wat opgaan (vervoerkoste gaan op), salarisverhogings (hoe duurder die personeel wat die voedsel moet hanteer/verwerk, hoe duurder die eindproduk), die verhoging in BTW, die voorgestelde verhoging in die prys van elektrisiteit en in plekke soos Kaapstad (om maar ‘n voorbeeld te noem) het die watertariewe ook gestyg. Jy kan natuurlik ook goed soos listeria (hysteria?), voëlgriep, ens. in aanmerking bring. Hierdie is algemene kennis en hoef nie gegoogle te word nie. Moet asb. nie alles glo wat op google “gesê” word nie, want dit is nie die alfa en die omega nie. Verifieer feite eers en maak dan jou eie afleidings.

Katerina ·

@Kobus

Weet jy,dit is deel van n fyn beplande en baie sluwe plan. Het jy al van GMO produkte gehoor? Wel die meeste mieliemeel,die stapelkos van Suid Afrika vir miljoene der miljoene,is nou al feitlik alles ge-GMO. Google “Dangers if GMO foods” en veral google “Monsanto GMO controversies” Dink dan waarom in n land soos Amerika waar boere Nie uitgemoor word nie,dit Soveel goedkoper is om n Big Mac en Coke te koop as n vrugteslaai en 100% vrugtesap..Ek kan jou verder as die Georgia Guidestones en Agenda 21, ook nog n “tip” gee- Project MK Ultra..Project Paperclip..daar is n donker,donker agenda teen die mensdom.The rabbit hole is very very deep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.