Groep betoog teen Coke-produkte by skole

Die Gesondheidsalliansie betoog by Coca-Cola se kantoor in Rosebank, Johannesburg, teen die maatskappy se teenwoordigheid by skole. Foto: ANA

Sowat 30 betogers het Dinsdag opgeruk na die Coca-Cola-maatskappy se kantoor in Rosebank, Johannesburg, waar hulle geëis het dat die internasionale koeldrankvervaardiger ophou om by skole te adverteer en sy suikerryke produkte daar te verkoop.

Lede van die sogenaamde Gesondheidsalliansie (Heala) het teen Coca-Cola betoog omdat hulle meen dié maatskappy se drankies bevat te veel suiker.

Volgens die Amerikaanse Hartvereniging behoort mans hoogstens 37,5 g of nege teelepels suiker per dag in te kry en vroue 25 g of ses teelepels, aldus die webwerf Healthline. 500 mℓ Coke bevat 53 g of 13 teelepels suiker, oftewel meer as twee keer soveel as wat ʼn vrou per dag behoort in te neem.

Die betogers wou hê Coca-Cola moet ophou suikerdrankies in skoolomgewings verkoop, ophou hul produkte aan kinders bemark en ook onmiddellik alle reklameborde verwyder en advertensieveldtogte staak wat op kinders gerig is.

Heala se uitvoerende direkteur, Sibongile Nkosi, het gesê dié organisasie het in Maart vanjaar ʼn opname by skole in Gauteng gedoen en bevind Coca-Cola het nie sy belofte gestand gedoen om op te hou om suikerdrankies aan kinders te adverteer en te verkoop nie.

“In Suid-Afrika het die teenwoordigheid van versoete drankies tot ʼn 13%-voorkoms van vetsug by kinders, sowat 40% by vroue en 13% by mans bygedra,” het Nkosi gesê.

Asia Sheik, Coca-Cola se kommunikasiehoof, het gesê die maatskappy het in 2009 ʼn verantwoordelike bemarkingsbeleid in werking gestel. “Ons bemark nie [versoete drankies] aan kinders onder die ouderdom van 12 jaar nie en in 2016 het ons die riglyne vir skole in werking gestel.”

Sy sê meer as die helfte van die maatskappy se reklameborde by skole is reeds verwyder. “Ons het ʼn vennootskap met skole en die regering aangegaan om ons reklameborde by skole te verwyder. Ons glo in vennootskappe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Ronel ·

Van die betogers lyk maar self of hulle met minder coke en die coke produkte kan klaarkom.

Haha ·

Ja nee wraggies, nou waarvan lyk hulle so rond? Seker van al die coke wat hulle self drink….

Ettienne ·

30 mense… wow.
Ek kan nie glo hulle kla nog steeds oor die suiker in Coca Cola se produkte nie. Die nuwe “verbeterde resep” is so sleg en ek glo nie om suiker te meng “artificial sweetners” is goed vir jou nie. As ek kyk na die winkel rakke sien ek meer mense koop deesdae Pepsi en Kingsley se koeldrank.

Ander Annie ·

Ek wil ook betoog teen my vetrolletjies, want almal betoog oor iets. Betoog, betoog, betoog. Wanneer werk ons dan, want ons betoog net. Ai, ek sug kliphard! Naskrif: ek lief my vetrolletjies, so ook my liefling man, maar ek wil ook betoog.

Rover ·

Ek steun die stakers 100%!!!!!

Oormatige Suiker Verbruik is DODELIK GEVAARLIK vir jou!!

Mense huil altyd oor sout wat ń noodsaklike mineraal is wat jy MOET inneem!!

Suiker ·

@Rover en ondersteuners…BAIE MAKLIK, hou op dit drink en koop! Baie eenvoudig.

Elna ·

Ai jai jai!! Pinenut en creamsoda koeldrank het net so baie suiker in en aanmaak koeldranke ook hoekom betoog hulle nie daaroor ook nie? Dis enige persoon se keuse of hulle coke wil koop of nie. Niemand forseer hulle om coke te koop nie. Wat is brannas sonder coke nou?. Nie lekker nie. Coke bly maar lekker en dit help vir baie kwale.

Rover ·

Ek steun die stakers 100% !!!

Oormatige Suiker gebruik is DODELIK GEVAARLIK vir jou!

Mense huil altyd oor sout wat ń noodsaaklike mineraal is wat jy MOET inneem.

Koos de Meyer. ·

Waaroor sal hulle nog nie betoog nie. Pateties verby. Te lui om te werk nou betoog hulle.

KG ·

Dan moet hulle maar teen al wat ‘n soet ding is protesteer. Hulle probeer ‘n goeie ding doen en ek kan dit respekteer, maar ‘n deel van my voel half geirriteerd, want daar is soveel meer belangriker goed om eerder op te fokus!!

AW ·

En om daar aan te Dink…. Coka Cola het hoeveel van hulle in diens….. in Suid Afrika ?

Koos1 ·

Ons stuur nog verder af op ‘n komunistisie staat af.
Ons het mos ‘n keuse om te koop of nie. Hierdie ouens wil nou hulle wil op skole afdwing.

humor ·

Om te betoog is tog so lekker. Dit het iets van Freedeeem in en ek kom so lekker sterk en manhaftig voor. Vra net en ons is daar. Ek glo nie hul beleef die suiker as n probleem nie. Ek wonder wie het dit in hul koppe gekry.

Cherokee ·

Dink dit is tyd om te betoog teen betogings. Die suiker is buitendien net te veel as jy te veel mix bygooi.

Johann cb ·

Die mensdom sóék iets om oor te betoog! Wat is volgende? Ai tog!

Msp ·

Goeie raad aan Coke maatskapye. Maak julle fabrieke toe dan sit meer sonder werk ek die probleem is opgelos.

Niki ·

Daardie ouers wat so lekker betoog, moet ook maar kyk na hulle kinders se ontbytpap soos Coco-Pops, ens. Meeste van dit oorskry ‘n week se suiker met een ete.

Hulle dink ook nie daaraan dat Coca-Cola die skole BETAAL om hulle borde op te sit nie. Hoe gaan die skole ekstra inkomste genereer sonder die ekstra advertensies/sponsors? Meeste van die toyi-toyi ouers betaal seker nie eers skoolfonds nie.

Coca-Cola borg nou baie minder sportsoorte, so mens behoort dankbaar te wees AS hulle nog hulle advertensies by skole opsit.

Skole en hul beheerliggame moet eerder aandag skenk om die energiedrankies – Red Bull, Play, Dragon, Score, ens – uit die skole te hou. Dit is groter gif vir kinders as wat Coke is.

My 2 sent ·

Absoluut belaglik!! Ek betoog want dis my reg.. Gmffff
Wie is volgende : Cadburys, Milky Lane en Nestlé??

humor ·

Ag man water is nog die heel gesondste. Om nou net coke uit te skakel maar nie aan jou hele lewensstyl aandag te gee nie is blood onsinnig.

Karolis ·

Ek sit nie my lippe aan dieet coke nie. Dit maak nou vir jou vet hoor.
Kyk maar hoe lyk die mense wat dit drink.

Net my Mening ·

Niemand DWING die mense om hierdie produkte te koop nie. Jy besluit mos maar vir jouself. REGTIG????

Antionette ·

Lagwekkend, soos dit gaan in SA deesdae…
En daar word betoog oor coke.
Belaglik

André Kruger ·

Vandat ek so 45 jaar gelede ‘n wetenskaplike studie oor suiker onder oë gehad het het ek nog nie weer bewustelik enigiets ingeneem wat suiker bevat nie. Dit hoort nie in ‘n menslike luggaam nie!

Katrynkie ·

Alles goed en wel, maar hulle vergeet van AL die ander snoeperye wat ook suiker bevat. As al die produkte wat suiker bevat weggeneem word kan hulle maar die snoeopies toemaak…

#rolvandielag ·

Ek kan nie glo wat ek hier lees. Ek moes myself nou keer om nie te rol van die lag!!
As die Coke soveel suiker bevat moet dit dan nie drink nie!! Is dit regtig so moeilik? Die coke word mos in niemand se keel afgedruk nie?

EDT ·

Partykeer weet ek nie of ek moet lag of huil nie. Ek het nie iemand anders nodig om vir myself of my kinders te besluit oor wat ons mag of nie mag eet/drink nie. Dit is nie alles suiker se skuld nie – hulle betoog nie oor ons land se kinders wat deesdae in skole kan besluit of hulle aan sport wil deelneem nie. Hulle betoog nie oor ons land se kinders wat vir ure lank voor TV’s en videospeletjies rondlê nie. Dit gaan alles oor keuses. Dit gaan oor vrye wil en my Godgegewe vermoë om te kan redeneer en besluite maak. As jy die besluit maak is jy die een wat met die gevolge sit. Dis nie Coke se skuld/verantwoordelikheid hoe ek my kinders grootmaak nie.

Skote Petoors ·

Ja Nee los eerder die suiker –
Gebruik meer DAGGA – dis immers wettig!!!!
Absoluut absurt !!!!!

Sê maar net ·

Obesity by somige van hulle is ook ongesond. En dit is nie net van coke dat hulle so lyk nie.

Jozi ·

Wat gaan aan met die mense? Ons het seker elkeen die reg om te besluit wat ons eet en drink en wat nie.
Kom ons maak gou ‘n draai by se maar KFC of McDonalds.
Hoeveel ouers stop nie daagliks daar na skool om vir hul kinders ‘n ete op te tel nie. Wat kom saam met die ete? ‘n Coke natuurlik. Baie gewild onder ons mense.
(Nie seker hoe vergelyk die suikerinhoud met Fanta, Sprite of vrugtesap nie.)
Gaan ons nou daar ook bymekaarkom om te toi-toi?
Ek het so jaar of wat gelede agtergekom my gunsteling sjokolade het baie soeter geword. Vermoed die resep is aangepas. Ek het nie gaan toi-toi nie. Ek koop hom net nie meer nie. So maklik soos dit.

Lizelda ·

Terwyl ons gewone mense werk toe gaan en n inkomste verdien is daar die wat sit en wonder waaroor hulle kan betoog, bande brand en chaos veroorsaak. Of dit nou is vir dienslewering wat hulle in elk geval NIE betaal nie of teen koeldrank.

christa ·

hoekom betoog teen iets. Los dit net uit. NIemand dwing jou om dit te gebruik nie.

Erica ·

Intussen leer hulle die kinders dit is reg om so te betoog teen alles. Ons weet wat betogings al hierdie land van ons gekos het. Nee wat die is belaglik.

Joip ·

Pateties om te betoog oor iets wat jy self oor besluit. Hou op dit drink so eenvoudig soos dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.