Groep bly agter tralies oor gesteelde spoorlyn

(Foto verskaf deur die Valke)

Vyf mans, Phillip Thyse (56), Kashveer Harrilil (27), Mahlomola Johannes Mphasha (45), Sipho Maseko (45) en Mthabine Semid Tsotetsi (53) het Dinsdag in die Morgenzon-landdroshof buite Secunda in Mpumalanga verskyn.

Die groep is Vrydag in hegtenis geneem ná inligting ontvang is dat dwarslêers by Morgenzon gesteel word. Hulle staan tereg op aanklag van skade aan infrastruktuur, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die hof het gehoor van die dwarslêers is reeds in Gauteng afgelewer en die Valke het na die toneel gehaas. “Van die dwarslêers was op die skrootwerf en ʼn ondersoekbeampte van Transnet het dit uitgeken as die maatskappy se eiendom.” Die misdaadtoneel word geprosesseer.

Die mans bly in aanhouding. “Die saak is tot 10 Mei uitgestel vir verdere ondersoek en ʼn moontlike aansoek om borgtog.”

Maroela Media het vroeër berig die vyf verdagtes was Vrydag besig om die stukke spoorlyn op verskillende voertuie te laai toe hulle in hegtenis geneem is. Die skade beloop ongeveer R1,5 miljoen.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hendrik ·

Alle beskadiging en diefstal van staatseiendom moet geklassifiseer as sabotasie. Die is nie net blood diefstal nie.

Albert Willem ·

Lyk meer na ou staal dwarsleers wat nie meer gebruik word nie. Sien nerens spoorstawe soos wat MM beskryf nie

christo ·

Stem saam. Die tipe dwarslêers is lankal nie ingebruik nie.

SjN ·

Solank daar n afsetgebied is sal dit nie stop nie, Wie is die aankopers?

Cannamom ·

Strenger maatreëls moet ingestel word by skroot werwe tov die aankoop van koper en staal as skroot. Bewys van eienaarskap moet gelewer word. Iewers moet daar begin word om hierdie spiraal te stop.

Kobus ·

Ek is nie ‘n speurder nie , maar moes die SAPD eerder die trok gevolg het tot by die handelaar en hulle dan sommer almal daar ge- arresteer het? Die probleem is nie net die diewe nie , dit is die handelaars

PoepieDik ·

Hierdie knape moet behoorlik vasgevat en gevonnis word. Dis dieselfde met die kabel diewe. Dis sabotasie en vernoetig ons infrastruktuur verder

Buks ·

Julle plaas gesigte van diewwe op die webwerf, maar plaasmoord terroriste en transitorowers wat moord ook pleeg se gesigte word uitgedoof.. hoekom?

Niklaas ·

Borg en dan verdwyn hulle. En skrootwerf eienaar soek nuwe spanne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.