Groep brand man dood ná gewapende rooftog by kuierplek

Foto: Pixabay

ʼn Man van Limpopo is tydens ʼn gewapende rooftog deur lede van die gemeenskap by ʼn kuierplek vasgetrek en doodgebrand.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die gewapende rooftog het oor die naweek plaasgevind.

Volgens hom het vier gewapende rowers die eienaars van die kuierplek met pistole aangehou en hulle van geld en minstens drie vuurwapens beroof.

Mojapelo sê lede van die gemeenskap en mense wat in die kuierplek was, het een van die vier mans vasgetrek en hom later doodgebrand. Die drie ander mans, wat op die vlug was, is Sondagoggend in Gauteng in verband met die voorval vasgetrek en in hegtenis geneem.

Hy sê die polisie het ook beslag gelê op ʼn motor, ʼn Volkswagen Polo, wat vroeër vandeesmaand in Mpumalanga gesteel is, asook R14 000 kontant.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, Limpopo-polisiekommissaris, het gesê hoewel hy die SAPD prys vir hul vinnige reaksie, is dit onwettig vir lede van die publiek om die wet in eie hande te neem.

Die drie mans gaan binnekort voor die hof verskyn. ʼn Ondersoek na die dood van een van die verdagtes is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marieta ·

Mense sal nie so geneig wees om reg in eie hande te neem as die polisie en regering meer daadwerklik, en self binne die wet, optree om die misdaadkultuur hok te slaan nie.

AL ·

G’n simpatie met die rower nie. Live by the sword, die by the sword!

Boerseun ·

Ondersoek van dood. –as dit boere was was dit onderdoek na moord?

john samuel ·

As dit n plaas boer was was daar min tot nul ondersoek…. of “polisie doen n beroep op lede van die publiek om met informasie vorendag te kom” …

Pieter ·

Daar sal NIKS van kom nie, maar sou boere byvoorbeeld reg in eie hande neem om met plaas moordenaars af te reken dan is dit ‘n ander storie…….

Ashlee ·

Wat almal hier miskyk, weereens nog n yslike klad op die Suid-Afrikaner. Onthou, mensdom van oral die Wereld, en veral Amerika het toegang tot die internet, en die boodskap wat hul kry is van n Land met van die meeste moorde, verkragtings, geweld misdade, bedrog en nog vele, vele meer, Wereldwyd. Daar word nie gedink aan wit, swart, geel of bruin nie, maar slegs the South-African citizens. Niemand weet wat n “boer” is, of waarvoor dit staan nie. Soveel maal moes ek al hoor, “omg, what a horrible nation and country” Ek moes al soveel male bontstaan en probeer verduidelik sonder om n ras uit te sonder, maar dit is moeilik. Verstaan dus, alle burgers word onder een kam geskeer.

Phil ·

Die doodstraf moet weer ingestel word. Daar moet ernstige gevolge wees vir wandade…. n indiepte ondersoek na die werklike oorsake van moord en doodslag in Afrika as geheel, kan insig gewend wees in die toepassing van wet en orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.