Groep by fabriek vasgetrek oor drank, sigarette

(Foto: SA Police Service/Twitter)

Die polisie het ʼn groep buitelanders in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige bedryf van ʼn fabriek in Tongaat, noord van Durban.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is inligting oor bedrywighede by die fabriek Donderdag ontvang, maar was die fabriek gesluit en was alles stil toe beamptes daar aankom.

ʼn Span beamptes is Saterdagmiddag weer na die fabriek. “Dit was weer gesluit, maar beamptes kon hoor daar is iets binne die fabriek aan die gang. Twee buitelanders het op die presiese oomblik die roldeure van die fabriek oopgemaak.”

Volgens Naidoo is die twee buitelanders ondervra voor hulle in hegtenis geneem is. “Die beamptes is hierna die fabriek binne en beslag is op meer as 90 bierbottels, 90 bierblikkies en meer as 100 sigaretkartonne gelê.”

Beamptes het die perseel verder deursoek en op woonkwartiere afgekom. “Daar is op ʼn brandtrap wat na die plafon lei afgekom en agt buitelanders is gevind waar hulle in die plafon weggekruip het. Nog drie buitelanders is op die perseel aangetref en almal is in hegtenis geneem.”

Volgens Naidoo is lede van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste ook na die toneel ontbied om vas te stel of die verdagtes wettig in die land is aangesien net ʼn paar paspoorte gevind is. Die verdagtes is na ʼn plaaslike kliniek geneem om ondersoek te word vir Covid-19-simptome.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Flip ·

Jy is reg Willem. Die opskrif laat mens dink dat daar op grootskaal produksie aan die gang is, en dit alles oor agt kaste bier.

Cherokee ·

Snert! Dit gaan nie oor ‘n klein fabriekie of 8 kaste bier nie, dit gaan oor die waarskynlikheid van onwettiges in die land.

Johan ·

Nou mag jy nie eens drank of sigarette in jou besit he nie want as ek reg lees het die persone nie handel gedryf toe hulle gevang is nie.

Cherokee ·

As ek reg lees, is daar ‘n waarskynlikheid van onwettige insypeling.

Destarte ·

Hierdie hele drank sigaret storie is só belaglik.
Dit maak kwansuis dat die virus meer versprei. Grap.
Hoe lagwekkend.

Ek was Saterdag vinnig winkel toe, met my masker op, ek was geskok om te sien hoe min mense ‘n masker dra.
Selfs 3 van die mense wat in die slaghuis agter die toonbank werk (en kliënte help) loop met hul maskers onder hul ken rond.
Mense staan om mekaar rond sonder maskers, loop in groepe op straat sonder masker, maar ooo wee, polisiemagte konsentreer liewer om verkopers van drank en sigarete te vang.

Mooi so Suid Afrika.

Frederik ·

Die rede vir dit is die hoeveelheid omkoop geld betrokke………

Rodger17 ·

Publiek moet maar skelm drank en sigarette koop want hierdie regering soek dit net vir hulself en familie.Ek het die wêreldses simpatie met smokkelaars want die regering hou nie van kompetisie nie

Rodger17 ·

Regering gaan seker na lockdown hul eie sigaret en drankwinkel oopmaak hulle hetos genoeg geplunder!

Alida ·

Die polisie gebruik self die drank en sigarette waarop beslsggele word. Drank verbod verstaan ek want dit veroorsaak gesinsgeweld en motorongelukke. Nog nooit gehoor van n vrou wat kwaad gaan slaap vir haar man omdat hy rook nie. Dit is elke mens se keuse om te rook. As ek nou na 60 jaar gedwing word om op te hou gaan ek dood. Ek is 78 jaar oud en my longe makeer niks.

Fedup ·

Why are they in this country? Oh i forgot.
No borders. Good work to the sap. Now you have more alcohol to add to your collections.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.