Groep gesoek ná inbraak by Spar in Harties

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat in die vroeë oggendure by die Mountain Lake Kwikspar in Broederstroom, Hartbeespoort, ingebreek het.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes het toegang tot die winkel bekom, waarna hulle die kluis opgeblaas en met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug het.

“Niemand is tydens die voorval beseer nie en niemand is nog in verband metdie voorval in hegtenis geneem nie,” het Ramaloko gesê.

Die Hartbeespoort-polisie ondersoek die saak en versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om met hulle in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.