Groep mans oorrompel G4S-wag, vlug met groot bedrag

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Bloemfontein het ’n reusesoektog van stapel gestuur na ’n groep swaar gewapende mans wat na bewering ’n G4S-sekuriteitswag aangeval en van ’n groot bedrag geld beroof het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie het gesê twee wagte het gegaan om geld by ’n plaaslike kosmark in Lessinglaan in Estoire in Navalsig te gaan haal. Die voorval het omstreeks 09:00 plaasgevind.

“Die bestuurder het glo agtergebly en sy span het die geldbokse gaan oplaai. Die sekuriteitswag was op pad uit die winkel toe die swaar gewapende mans hom oorrompel en met gewere gedreig het,” het Marope gesê.

Hulle het hom beroof van sy G4S-wapen en op die vlug geslaan met ’n geldboks wat ’n onbekende hoeveelheid kontant bevat.

Volgens Marope is die rowers later gewaar waar hulle met ʼn grys Corsa-bakkie ry met twee verskillende nommerplate – voor FHV 173 FS en agter FBG 692 NW.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn saak van sakeroof is aanhangig gemaak.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om kapt. Kobedi Kobedi by 082 4676 348 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Robert ·

Nou verstaan ek nie. Die opskrif sê groot bedrag geld maar die berig sê onbekende hoeveelheid kontant.

Oom Walker ·

Dis ‘n groot bedrag geld, maar onbekend presies hoe groot……

Annie ·

Nogsteeds word geld wat vervoer word nie met ink gesproei as dit onwettig oopgemaak word nie. Dit voel vir my so asof daar nie pogings aangewend word om sulke geld nutteloos te maak nie. Word die buit dalk Verdeel?
Wonder maar net. Want dit is wragtig te maklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.