Groep nader hoofregter oor Afrikaans

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Akademici en taalaktiviste het ʼn ope brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gerig om die besluit te bevraagteken dat Engels voortaan die enigste amptelike taal van hofrekords in Suid-Afrikaanse hoër howe sal wees.

Verskeie akademici en taalaktiviste, insluitend AfriForum se Alana Bailey en Annelise de Vries, het vandeesweek die skrywe aan Mogoeng gerig oor dié besluit wat in die Sunday Times van 15 April 2017 verskyn het.

“Die ope brief volg nadat geen antwoord ontvang is op privaat korrespondensie wat in dié verband aan die hoofregter gerig is nie,” het Bailey in ʼn verklaring gesê.

Die groep bevraagteken die hoofde van die howe se gesag om hierdie eensydige besluit te neem, asook die grondwetlikheid daarvan. Hulle spreek ook kommer daaroor uit dat die besluit getuig van geen insig in die veeltalige aard van die Suid-Afrikaanse samelewing nie en die gevaar skep dat sowel slagoffers van misdaad as aangeklaagdes en regspraktisyns se regte as gevolg daarvan geskend sal word.

“ ʼn Dringende versoek vir betekenisvolle deelname en raadpleging van alle belanghebbendes oor die toekoms van amptelike tale in gebruik in Suid-Afrikaanse howe, word aan die hoofregter gerig.”

Bailey het gesê AfriForum beywer hom vir die bevordering van Suid-Afrikaanse taalregte oor die algemeen en Afrikaanse taalregte in die besonder. Sy het gesê dit is in die belang van alle inwoners van die land dat ʼn veeltalige aanslag in howe gevolg word.

Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) het Woensdag gesê hy ondersteun die ope brief.

Volgens Dawie Beyers, Voorsitter van die VRA, is die beweerde besluit sonder enige konsultasie geneem en is dit dus ongrondwetlik. “Die besluit oorskry ook die besluitnemingsbevoegdheid van die hoofregter en die hoofde van die onderskeie hooggeregshowe,” het Beyers gesê.

Beyers voer aan dat ʼn litigasiekomitee deur die VRA saamgestel is om alle opsies te oorweeg. “Die komitee gaan saamwerk met alle belanghebbende groepe en individue wat die grondwetlike voorskrifte van taaldiversiteit ondersteun, om hierdie beweerde besluit om te keer,” voeg Beyers by.

Volgens Beyers doen die VRA ʼn beroep op alle regters om getrou te bly aan hul ampseed, naamlik om die Grondwet te handhaaf en te beskerm en om die burgerregte – waaronder taalregte, wat daarin verskans is – te gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jan alleman ·

Ons het nie meer beheer nie , van hier af verloor ons alles

Johann ·

Seker nie n verrassing nie? So kom die ware kleure van die regbank ook nou na vore. Moes kon weet dis bloot ook maar ZUMAIKIES wat na die Hoof Nar se Handpop manupilasie dans. VIVA ZUPTOPIA!!!!!

Boerseun ·

Hoe het Zuma iets met verengelsing uit te waai? Dit kom al van 94 af, glad nie Zuma se idee nie. Dit is die vrugte van die Ja stem

Richard ·

Die ANC het presies geweet wat hulle doen toe hulle die 11 amptelike tale gekies het.
Hulle het aangedring op Engels as enigste amptelike taal, terwyl die NP beide Engels en Afrikaans wou hê. Die “toegewing” was toe dat Afrikaans wel amptelike status sal behou, mits die nege ander tale bygevoeg word. Die ANC het dit gedoen wel wetende dat 11 amptelike tale nie baie prakties is nie, en dat hulle dus maklik sou kon wegkom met byna uitsluitlike gebruik van Engels.

Bessie ·

Advokaat/ Regter Magoeng is baie regverdig. Hy laat hom nie voorskryf nie

Johan ·

Nie optimisties nie. Het hele ruk gelede na ‘n radio onderhoud met hom geluister en sy baie subtiele rassistiese ondertone raakgesien. As ons “anti-Afrikaanse regstelsel” Afrikaans vertrap in sy besluit oor Afrikaans aan universiteite, hoeveel te meer gaan hierdie versoek nie geignoreer word nie.
Ongelukkig geen kans op suskes nie (al hoop ek dat dit sal slaag).

Liesbet ·

Met ander woorde as ek wat Afrikaans is nou moet gaan getuig in die hof, moet ek Engels praat. Jy het die reg om in Afrikaans te getuig, maar dit moet deur ‘n tolk geskied wat geweldig omslagtig is. En dit beteken verspilde hoftyd. Wat ‘n groot gemors. In die Wes-Kaap, veral die kleiner plattelandse dorpies, is die meeste getuies en beskuldigdes Afrikaans wat soms glad nie Engels verstaan of kan praat nie. Selfs die landdroste, aanklaers en prokureurs is Afrikaans, maar alles moet in Engels geskied omdat hoofregter Mogoeng Mogoeng ‘n eensydige onnadenkende besluit gemaak het.

JC ·

Dankie julle, dis “awesome”!! Hou aan veg vir ons geliefde tongval!

Bygese, om te dink dat Mogoeng gelief neem met ons, en ons taal en kultuur, is om met naiewe en liggelowige oogklappe rond te loop. Mogoeng kan ONGELUKKIG NIE sy bevooroordeeldheid en nyd jeens Afrikaners en hul taal (WAT HULLE DEEL MET HULLE BRUIN BROERS EN SUSTERS) wegsteek nie, al probeer hy dit ook hoe hard doen in vermomde en subtiele taaltoffies! (sien die Thswane Munisipaliteit naambord uitspraak; die kwalik vermomde venyn drup soos stroop van die bladsye af)
Dit IS HOOGSTENS TE BEJAMMER EN TE BEKOMMER, want indien ‘n geleerde man so voel oor kulturele diversiteit, minderheidsregte (taal), en myns insiens die omarming van ‘n multikulturele heterogende (EN VERDEELDE) land/samelewing, wat van ander?
Die ware aard van ons veel geloofde en geprysde “demokrasie” kom nou uit…

Afrikaner ·

Ek het toevallig vroeer vandag induksie met 8 mense gedoen, nie een blanke persoon nie.
Soos gewoonlik begin ek die induksie in Engels, ek was nog nie eens klaar met die verwelkoming nie toe is daar ‘n versoek. Ses van die mense het versoek dat ek die induksie in AFRIKAANS aanbied, die 7de is goed tweetalig en gee regtig nie om of dit in Engels of Afrikaans is nie, die agste verstaan Afrikaans maar praat dit nie en aangesien hy net moet luister het hy nie ‘n probleem gehad nie. Ek het dit duidelik gemaak dat as hy nie verstaan nie, mag hy my stop en ek sal vertaal en verduidelik totdat hy verstaan. Ek is natuurlik nie eenkeer gestop nie. Ek het wel ouder gewoonte ‘n paar keer weer oorgeslaan Engels toe, maar dan stop hulle my en vra vrae in AFRIKAANS.

jaco ·

dit val my op dat amper al die Afrikaanssprekendes wat so kla oor alles wat verengels, wit mense is. daarom die volgende opmerkings:
1. Engels was ALTYD in die ou SA se wit Afirkaans skole ‘n VERPLIGTE vak tot in matriek. as jy dit gedruip het, maar jou slaagpunte vir die ander vakke was goed genoeg dat jy jou standard slag, moes jy steeds die hele jaar herhaal.
2. Engels is orals. Dis dus ONMOONTLIK dat hierdie klaende Afrikaanssprekendes nie Engels verstaan nie.
3. Wat sou hierdie klaende Afrikaanssprekendes gemaak het as die amptelike hoftaal en die algemene omgangstaal in SA nie na Engels verander het nie, maar na Zulu of Tswana? Ek het daardie 2 tale probeer leer en dis regtig BAIE moeiliker as Engels.
4. Waarom lag hierdie klaers nie eerder in hulle mou nie? Sover ek weet kom die Engelse taal uit ‘n WIT landjie in Europa met die naam Engeland. die WIT Engelse het vroeg reeds met hulle verowerings begin, en lekker met hulle Engelse taal teen ander tale en groepe gediskrimineer. Eers teen Wallies, Skots teen Iers en later in hulle British Empire teen allerhande meestal nie-wit mense. Dis eintlik dus ironies dat die ANC een plaaslike taal van n onderdrukker (Afrikaans) maar net met ‘n ander taal van WERELDWYE onderdrukking vervang het.

JC ·

“taal van ‘n onderdukker” jaco, nee, gaan dink biejie weer oor wat jy daar se. Indien jy verkies om Afrikaans uitsluitlik in die lig te sien, dan in elk geval, is dit ook baie meer as dit, EN JY WEET DIT. Ek dink mense is nou goed moeg daarvoor dat die alewige bordjie om ons geliefde taal se nek gehang word. Myns insiens is Afrikaans tog so ‘n bittere jong taal; gee dit ‘n kans man!!!!
NS: jy haat seker Engels, Spaans, Duits, Nederlands, Italiaans, Portugees en ‘n pletora van ander tale, ne? Indien die beginsels van deduktiewe redenasie gebruik word, is dit bloot ‘n logiese (en die enigste) gevolgtrekking, of hoe?

jaco ·

die ANC sien Afrikaans as “taal van die onderdrukker”, nie ek nie. Ironies dat die ANC dan alles met Engels vervang, terwyl Engels dwarsoor die British Empire (op sy hoogtepunt EEN DERDE van die wêreld) ‘n taal van onderdrukking was.

Irene ·

Is net gekant teen wit mense en hul raal afrikaans kry asb a lewe

JC ·

Ek gee jou gelyk Jaco. Myns insiens, indien andere volkere in ons land nie oor die wil beskik om hulle eie tale te bevorder nie, maar lustig Engels in alles najaag, kan hulle nie ons Afrikaans-patriotte ontneem van ons taalregte nie. Daar is om dit ligtens te stel absoluut net geen wil en absoluut geen belangstelling (trots?) om; soos die Afrikaners en bruin mense vanaf ongeveer vroeg in die 20ste eeu tot nou; hulle tale op te hef vanaf ‘n sg. “kombuistaal” na die van ‘n wereldklas taal nie.
Wat die Anc betref, Breyten Breytenbach voel seker effens “vir die gek geneem”, eufemisties gestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.