Groep rowers blaas ses kitsbanke op, skiet polisieman

'n Foto van die toneel: Foto: SAPD

‘n Foto van die toneel: Foto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Woensdag in die vroeë oggendure in die maag geskiet, nadat ʼn groep van nagenoeg 20 “goed georganiseerde” rowers ses kitsbanke in Durban opgeblaas het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê hoewel inligting oor die rooftog nog skaars is, lyk dit asof die groep tydens die voorval veiligheidswagte by die bank, oorkant die Kwadukuza (Stanger)-landdroshof, ontwapen en hul bakkie gekaap het.

Die beampte is geskiet nadat die polisie na die toneel ontbied is en ʼn oor-en-weer-skietery tussen die rowers en polisie uitgebreek het. Die beampte is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

“Dit is nie duidelik of enigiets gesteel is nie, maar dit wil voorkom of hulle goed georganiseerd was,” het Zwane gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof, opsetlike saakbeskadiging, poging tot moord en kaping. Die polisie was teen Woensdagoggend nog op die toneel om meer inligting in te samel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RSA ·

En ek kan jou amper waarborg dat die terroriste se wapens met liefde deur die SAPD geborg is

Peet Schabort ·

“In die maag geskiet” wetende dat hy oppad is na ‘n ‘oorlog’ sonder sy (hulle) koeëlvaste uitrusting of is ek verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.