Groep seuns geskors ná ‘aanranding’ by spogskool

Selborne College. Foto: Facebook

Amptenare van die Oos-Kaapse onderwysdepartement het Maandag ʼn vooraanstaande seunskool in Oos-Londen besoek waar ʼn groep leerders voorlopig geskors is omdat hulle na bewering ʼn medeleerder aangerand het.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement, sê die skorsing van die leerders van Selborne College beteken nie hulle is reeds skuldig bevind nie, maar sal hopelik as ʼn “afkoeltydperk” dien waartydens die departement en die skool die voorval deeglik kan ondersoek.

Die 15-jarige vermeende slagoffer se oom, wat ʼn werknemer van die Buffalo City-munisipaliteit is, het verlede week ʼn foto van die seun se bebloede lip in die sosiale media gedeel, waarna die onderwysdepartement die beweerde aanranding ondersoek het.

Nadat die ondersoek afgehandel is, sê Mtima, kan tugstappe volg, “maar alles sal afhang van die uitslag van die ondersoek. Aangesien dit ʼn baie ernstige saak is, het die departement alle programme geaktiveer wat daarop ingestel is om leerders omtrent geweld te leer.

“Die departement hoop dit sal leerders help verstaan dat geweld nooit probleme kan oplos nie.”

Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, is besorg oor hoe die voorval in die sosiale media uitgebeeld word. “Talle betreurenswaardige uitlatings is gemaak wat ons nie help om die probleem op te los nie,” sê hy.

Die LUR vra die publiek moet die departement help deur gevalle waar kinders afgeknou word dadelik onder hulle aandag te bring sodat amptenare vinnig daarop kan reageer. “Ons moet in sulke gevalle … uiters versigtig wees dat die onenigheid in ʼn goeie gees opgelos word, pleks daarvan dat dit aangeblaas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Marthie ·

Wat besiel kinders om so aan te gaan by skool maak nie saak watse ras kleur jy is nie. Wil mense nie leer uit ander se foute nie. Dit gebeur nou gereeld by skole ens mens voel sleg vir die slagoffers as iemand verkeerd gedoen het gaan praat met onderwyser of hoof dis ook nie reg hoe kinders onderwysers behandel nie mens moet ander respekteer

Jordaan ·

Dit gebeur al nog al die jare – in die verlede was dit net uitgesorteer in die hoof se kantoor met ‘n rottang.

Marlene Bothma ·

Gemengde ras skole het meer uitdagings en meer probleme. Sal nie praat van politieke uitbuitery nie.

Anoniem ·

@Martje, dit is die groot probleem in vandag se lewe, daar is nie meer wedersydse respek vir mekaar nie.

VAN TOEKA TOT NOU ·

Ek het al 32 jaar terug matriek geskryf en dit het toe al gebeur. Daar was net nie sosiale media om dit die wereld in te stuur nie. Ek self het a pakslae op die lyf gehaal maar het darem ook partymaal uitgedeel.

Yankee ·

Ja Toeka, en het dit n beter mens van jou gemaak? Dit is ouers soos jy wat boelie en geweld goedpraat, en later huil as jou kinders in n tronk krepeer!!

Karolis ·

Die departement moet vir die anc jeugliga daardie boodskap stuur “dat geweld nooit probleme kan oplos nie”.

honourable member ·

Vandag se jeug maak my bang. Hulle is super humeurig en wil alles met die vuiste regmaak. Hulle het ook geen respek vir ouer mense en wil praat net soos hulle wil. Ek ys om te dink hoe sulke kinders eendag in n werkplek gaan optree want jy kan nie maak en breek dan soos jy wil.

T ·

Probleem is, mense is frustreerd, mense wat eens saam kon lag en werk en wees, word nou deur die regering en alles wat aangaan opgestook en daar is baie baie frustrasie onder mense wat daar nooit was nie. Mense wat nooit rasisties was nie is nou, en dit is baie erger as wat dit ooit was. En ek blameer die regering hulle wakker en stook dit aan in die mense sonder dat ons dit eers agterkom. Ons word onwetend gebreinspoel

E ·

Dis nou raakvat kommentaar,ek stem volkome saam met jou.
As ek net kan byvoeg,in die 90’s toe ek op skool was het almal in ons buurt mekaar geken. Ons het vakansies van die een huis na die ander gekuier en as ons stout of onbeskof was het die betrokke ouer van die huis ons sommer uitgesorteer. Geen vrae na die tyd nie, want die waarde sisteem was oral gehandhaaf.

Swoosh ·

1980:
Piet en Jan raak betrokke in ‘n fight by die skool…
‘n Groot groep seuns vorm rondom die twee. Hulle slaan die … uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pelle.

2019:
Polisie word ontbied en arresteer vir Piet en Jan.
Alle selfone met videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet alles begin.
Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kinders wat die fight gesien het kry traumaberading. En die video van die fight is beskikbaar op Youtube..

Ronaldo ·

Presies hoe dit was, ek en my beste vriend het die waks uit mekaar geslaan in std 6, en is tot vandag nog pelle

Anoniem ·

Wou nou net daai een post! Lekker gelag vir die hele “grap” maar kan seker nie als post nie! ?

Johan Neuteman ·

Ek hou van vrede, liefde en verdraagsaamheid. En tog moet ek maar in bietjie selferkenning glimlag en assosiëer met die vertellings oor skoolbakleiery – wat ‘n keer of wat maar bietjie rof was – en toe skrik ons vir onsself en word beter grootmense. Maar dit was in die omgewing van koshuisvaders en skoolhoofde wat gestraf het as dit moes, en so is mens gerig tot jy ‘n grootmens word wat nie vir elke stukkie bietjie geweld skrik nie, maar dit ook juis vermy en weet hoe om jouself en ander daar rondom te lei.

Gouelokkies se maaitjie ·

Kyk hoe lag ek nou – dit is so waar. Ek het skool klaargemaak in 2002, dit was in die tyd waar integrasie in skole net net begin vlam vat het. Kyk dit was n storie om skielik saam met hulle skool te gaan – maar nie eers toe het gebeur wat vandag gebeur nie.

Dit is vir my kommerewekkend die geweld – daar is nie meer vuiste wat klap nie – maar wapens, halwe bakstene, messe, pype en somme n stuk purline.

En dik pelle wees na die tyd is dit nie meer, dit is nou jou nemesis for life.

Jammer ons kinders word met sulke geweld groot – my kind sal nooit weet wat dit is om in vrede skool te gaan nie. Maak nie saak watse hoog benoemde skool ek hom insit nie, dit gaan orals so.

Seemonster ·

En die fone wat gekonfiskeer is vir die beeldmateriaal, het verdwyn . . . .

Matilda du Toit ·

Bring die lat by die huis en by die skool terug – en die Bybel natuurlik.

Peter Holmes ·

Vandat ek begin skoolgaan het in 1952 tot in die 60’s het die seuns al baklei. Albei is dan kantoor waar die skoolhoof hullexreggesien het. Moes dan handskud en vrede maak. Tot die meisies het ook so nou en dan baklei oor n seun of oor n ducktail. Nou hardloop almal na pappie of mammie toe om hulle fights te fight. Ek sou nooit my ma vertel het nie. Sy sou my skoolhoof bel en hom se om my nog gas te gee.

Anoniem ·

Wou nou net daai een post! Lekker gelag vir die hele “grap” maar kan seker nie als post nie! ?

Te wit ·

AG dit is net ernstig as ‘n WIT kind ‘n ander een slaan. As anderskleurige kinders hulle eie maats of ‘n wit kind met ‘n baksteen teen die kop of gesig slaan word dit nie eers ondersoek nie. Dis net as daar ‘n wit kind teruggeslaan het waar daar ‘n issue van gemaak sal word. Ons ken ook nou al die media en die onderwysdepartement teen hierdie tyd. Dit is NIE ernstig selfs as ‘n skooleerling ‘n juffrou of meneer met ‘n mes bydam nie, maar as ‘n wit kind WAAG om sy hande op te lig word hy geskors en gestraf.

Tienie ·

Die Departement hoop dat die Leerders/Studente sal besef/verstaan dat geweld nie probleme oplos nie. Ag doen my n gus asb. Vertel dit ook vir die EFF en BLF…..

Lerato ·

Die boelie storie kry nou ‘n rasse kleur. Dat seuns mekaar maar net geslaan het, is ‘n oorvereenvoudiging van ‘n dieper probleem.
Die lat brigade(ondererwysers wat net slaan) het altwee die seuns pak gegee. Probleem opgelos. Die geboeliede seun het nou geleer. Hy moe maar die boelie se slae vat, anders straf die onderwyser hom ook.
Ek het van hierdie swak onderwysers geken. Al wat hulle kon doen was slaan en slaan.

Disselboom ·

En so, dames en here, verdrink ‘n samelewing wat opvoeding en menseregte verwar, in sy eiewysheid. Want as daar so bietjie minder menseregte vir kinders is en hulle wanneer dit nodig is onmiddelike, fisiese regstelling kan beleef en gerig word, sal daar ‘n ordeliker en vreedsamer samelewing wees. Waar die doelwitte van menseregte eintlik beter na vore sal kom as wat menseregte dit self kan doen.

Jepetto ·

Daar word weer van a molshoop a berg gemaak Roep die kinders van alby hulle ouers in dink a lang terym straf uit en straf hulle hou dit uit die media uit dit gaan net weer a politieke speelbal word en baie onskildige mense gaan seerkry

Pieter ·

By ons skool in die sestiger jare was dit so dat as twee stry kry dan word daar gereel dat daar Vrydag na skool n kryt opgeslaan word in die vierkant. Die twee word voorsien van boks handskoene en takel mekaar dan in die kryt met n onnie as skeidsregter vir drie twee minuut rondtes. Maandag is hulle weer vriende.

Lorinda de Jager ·

Al is jy n hy of n sy of n dit, al is jy pienk of groen of geel, as jy boelie moet jou kierangs braai. Boelies moet dieselfde genade ontvang wat hul uitgedeel het

Johann Strydom ·

Jammer vir die engels
“Grow a pair”
My kinders word geleer om nie te bullie nie,jy slaan nie eerste nie,maar jy verdedig jouself

James ·

Gaan net nog n rasse storie word. Skors due wit leerder en kry klaar. Dis wat julle mos wil doen in elkgeval……

Hendrik ·

Boys will be boys ons het dit van gr1 af gedoen en die mammas en oumas wat nou so preek weet dit en baie van die appels wat geswaai was, was oor hulle so relax en gaan aan met die lewe lesse word soms buite n klas geleer.

Willem Scheepers ·

Dit word nie gese of dit wit of swart is nie. Daar moet meer uit gebrei word waaroor dit gaan. Vir 25 jaar gaan dit al so aan dat die wit kinders getreiter word en hoor ek self van my kinders wat hulle se wat aan gaan in hul klaskamers. Die onderwysers is bang hul verloor hul werk as hulle iets moet se. Party keer moet ‘n bek bloei want kan hulle nie ore he nie, wil glad nie luister as jy praat en het die wittes nie ‘n se nie.

Diefie ·

Ai tog wat sal die mensdom nog gebruik om aandag te trek via die media en sosiale media. Foeitog. Die een wat die video geneem het, moet ook gestraf word deur ‘n video te maak van miertjies.

Alida ·

Die een wat die uittarting begin het en nou pak gekry het is 10/1 3 jaar te oud vir die graad waarin hy is.

Cassie Carstens ·

LUR van die departement onderwys in die Ooskaap weet nie waarvan hy praat nie. Kyk net wat het die LUR van onderwys in Noordwes by Schweizer Reneke aangevang. Tipiese kader wat aangestel is en geen benul het van wat in die wereld aangaan nie.

ek sê maar ·

Geweld op jong ouderdom ly meestal tot geweld in latere lewe. Boys will be boys…TWAK. Mense sorteer nie enigiets met geweld uit nie. Dan wonder mense hoekom mans later vrouens, kinders slaan of mense net geweldadig aanrand – wel van julle sê mos boys will be boys… In ander berigte as jong mans van sekere kleur mense aanrand op plase ens word daar gesê hulle word groot met geweld as norm, nou hoe wil jul dit in hierdie tipe geval kondoneer?

VanAfrika ·

My oudste is nou 26. Ek wou nooit dat my seuns baklei en wou dat hulle ander respekteer, tot dat sy pre-school hoof van jare terug vir my gesê het dat ek hom nie moet keer om terug te baklei nie. Hy moet leer om sy man te staan want sê sy vir my “Mevrou daar is baie boelies daar buite, veral as hy laerskool toe gaan, want daar gaan ons hulle vollop kry. Ek leer toe my seuns, moet nooit n “fight” eerste begin en die boelie wees nie, maar as iemand eerste aan jou slaan dan slaan jy die blou weerlig uit hulle uit. Nodeloos te sê, ons het boelies toe vollop gekry en ek was bly ek het na die hoof geluister. Vandag se “ek kry jou in die parkie” is nie meer dieselfde as vandag nie. Vandag se kinders trek messe en wapens, so n bakleiery kan bloederig of fataal eindig. Daarom dink ek dis goed as ons kinders “self defence” leer.

Frans C ·

Die jare van verpligte diensplig ,hoe ongewild ookal het tog bygedra tot ‘n meer gedissiplineerde samelewing onder die blanke bevolking.’n Mens kan nie die verkeerde van die verlede goedpraat nie,maar dit is tog opmerklik dat bv moorde toegeneem het van 7 000 per jaar tot so hoog as 21 000 per jaar en die Rand van 0.6885c in Februarie 1975 verswak het R14.41 in Januarie 2019.

Dit is moeilik om te glo dat van ons groot geword het in ‘n tydperk dat die Rand ‘n sterker geldeenheid as die USA dollar was!

Eish ·

Die hele samelewing bestaan uit geweld. Dit is die voorbeeld wat leerders sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.