Groep slaan toe op Limpopo-plaas

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn onbekende aantal verdagtes wat Dinsdag in die vroeë oggendure op die plaas Vlakpan in die Roedtan-omgewing toegeslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe het gesê ʼn Toyota Land Cruiser, vier vuurwapens, 120 koeëls, twee televisies, ʼn DVD-speler en twee skootrekenaars is tydens die aanval geroof. Ngoepe wou nie meer besonderhede oor die aanval bekendmaak nie.

“Ons kan bevestig dat niemand tydens die aanval dood of beseer is nie. Sodra ons meer inligting bekendmaak as wat nodig is, kan ons die slagoffers aan verdere gevaar blootstel. Daarom wil ons niks meer sê as dit nie,” het hy gesê.

Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval of die verdagtes betrokke, word versoek om sers. Kubayi by 071 602 0268 of kapt. Boshomane by 079 894 5501 te skakel. ʼn SMS kan ook aan die SAPD-misdaadlyn gestuur word op 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tanya ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek…. Geen poging tot moord, aanranding? Dan was die diewe seker genooi deur die bewoners. Ek is bly niemand is leed aangedoen nie (soos ons kan aflei uit die onduidelike berig).

Elsie ·

Snaaks genoeg. Net nadat n sekere persoon in hof is vanoggend is oor grond né.

Stella ·

Ja…?..nogal snaaks…dalk glo die seker persoon dis payback

Sputnik ·

Niks in die berig is onduidelik nie. Dit sê tog duidelik dat Ngoepe nie meer wou sê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.