Groep vas wat lisensiesentrum bestorm

Argieffoto (Foto: Arrive Alive)

Die Tshwane-metropolisie het ʼn groep persone in hegtenis geneem wat die Winternest-lisensiëringskantore, noord van Pretoria, bestorm het.

Die groep het plakkate van die mure af geskeur wat die publiek teen korrupsie waarsku, het senior-superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, Dinsdag gesê.

“Hulle het die gebou betree, eiendom beskadig en plakkate verwyder wat die publiek gemaan het om nie bystand te versoek van vreemdelinge buite die lisensiëringsentrum nie. Beamptes het vinnig reageer en kon vier verdagtes in hegtenis neem wat die plakkate verwyder het. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging en sal binnekort in die hof verskyn.”

Mahamba doen ʼn beroep op lede van die publiek om nie enige bystand te versoek teen “hardlopers” buite lisensiëringskantore nie en slegs bystand te versoek by die toonbanke in die sentrums, om seker te maak dat hulle nie om die bos gelei word nie.

“Ons sal die situasie by die kantoor bly monitor om die veiligheid van die mense en die werkers, wat deur die voorval getraumatiseer is, te verseker. Die Winternest-lisensiëringsentrum is tans gesluit tot verdere kennisgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elsa ·

Knap gedaan. Te veel, veral bejaardes, is deur hierdie groep beroof. Moet hul nie op sluit nie, laat hul harde arbeid kry. Groot klippies klein klippies kap en klein klippies sand.

Elsa ·

Skuus wou nog byvoeg, stig n konsentrasie kamp vir hierdie tiepe oortreder.

willem Botha ·

Hoekom arresteer die polisie dan nie die hardlopers as hulle dan van hulle weet ,hoekom plakkate opsit en wetsgehoorsame mense se lewens in gevaar stel voor iets gedoen word ,is daar n gebrek aan disipline en bevoegdheid?

George in Bloem ·

My jinne. Kan hulle nog mense arresteer? Moet se ek is verbaas. Ek is nou al gewoond daaraan om te hoor hulle “is op die toneel” en hulle “hou die situasie dop.”

janneman ·

Willem, vra ek ook. Daai groep is al vir meer as 2 jaar werksaam met hulle onderduomsheid, en amptenare hetbsaam met hulle gewerk. Ek het geweier om hulle hulp te aanvaar, en nodeloos om te sê, moes ek uiteindelik leë hande daar weg, net mooi niemand help jou rerig nie, hulle kyk net so deur die dokumente, vra waar is die of dat, en sal dan “nou nou” terug kom…wat net nooit gebeur nie. Ek doen deesdae al my lisensiering in Bronkhorstspruit.

Von ·

Frustrasie op frustrasie …..tydbom….dit is wat gebeur, die tipe personeel wat by sekere van die instellings aangestel word…hulle gee nie n flenter om oor kliente diens nie…sekere kantore is uitgesonder….hoe is dit dan moontlik dat die standaard nie ooral geld nie…. vra maar net.

Nugter ·

Lisensiekantore en die departement van binnelandsesake is in elk geval uiters frisstreerend. Lui onbekwame mense met oogklappe aan wat daar werk.
Gaan doen aansoek vir paspoort by enige tak in SA en kyk wat gebeur.

Wim ·

Nugter nie heeltemal waar nie .Ek was so 3 weke gelede by Binnelandse sake Plettenbergbaai is daar gehelp deur uitstekende vriendelike personeel fotos vingerafdruk betaal en sommer nuwe id in alles onder 15 minute.
My paspoort en id is na Polokwane versend en ja hier stem ek met jou saam hopeloos hier.Wonder of dit iets te doen het met wie aan bewind is daar in Plettenbergbaai.

Net ek ·

Nugter, ons het vir paspoort en ID kaarte aansoek in hierdie sentrum ter sprake gedoen. Geen probleem ondervind nie. Miskien was dit net nie jou dag.

Attie. ·

Tussen nou en die 8 ste Mei kom nog sports want selfs die oningeligtes kan sien hierdie regering is tot niks instaat nie. Dis mos baie lekker om alles te verwoes. Word jy gevang gaan geniet jy ‘n rukkie in die tronk en doen later weer dieselfde. As jy vir die stadsraad kwaad is dan brand jy die kliniek of skool af, dis mos reg so. Die enigste oplossing is dat slegs belastingbetalers kan stem.

Elsa ·

Attie, Nou praat jy my taal. As jy nie persoonlike inkomstebelasting betaal nie, het jy nie n sê.
Onthou op n manier betaal almal belasting: BTW, done, invoer belasting….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.