Groep vas wat SA onwettig wou betree

Caledonrivier (Foto: Graham Maclachlan via Wikimedia Commons)

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder vir die polisie, sê lede van die eenheid vir openbare orde in Bethlehem is in die Ficksburg-omgewing ontplooi om nakoming te verseker aan vlak 3 van die afsonderingsregulasies, om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

“Terwyl hulle Donderdag besig was met patrolliewerk, het hulle ʼn groep mense op die Caledonrivier opgemerk wat die grens onwettig van Lesotho na Suid-Afrika wou oorsteek,” het Makhele bygevoeg.

Die beamptes het hulle dopgehou en gewag totdat hulle almal die rivier oorgesteek het voor hulle in hegtenis geneem is.

Al 42 persone, mans en vroue, is as onwettige immigrante in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Ficksburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.