Die provinsiale opspoorspan van die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep verdagtes wat glo vroeg vanoggend ʼn sakeroof uitgevoer het.
Lt.kol. Moathshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind.
“ʼn Groep onbekende gewapende verdagtes het die Total-vulstasie by Nobody-nedersetting aangeval. Hulle het drie voertuie gebruik. Hulle het die petroljoggies aangeval en hulle beveel om hul voertuie vol brandstof te maak,” het Ngoepe gesê.
Volgens Ngoepe is van die ander verdagtes by die winkel in en het hulle sigarette en ander goedere gebuit. “Hulle het ook die kitsbank en die kluis opgeblaas en van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant,” het Ngoepe gesê.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
ʼn Wit Toyota Hilux-bakkie met die registrasienommer DNN 148 L, ʼn silwer BMW met die registrasienommer VSS 276 GP en ʼn Grys Toyota Fortuner met ʼn onbekende registrasienommer is tydens die voorval gebruik.
Sake van sakeroof en die opblaas van ʼn kitsbank is aanhangig gemaak. Die ondersoek duur voort.
Die polisie het enige iemand met inligting oor die voorval gevra om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld.
Dankie vir die beskrywing van die voertuie dit is n begin nou nog net n beter beskrywing van die verdagtes en die publiek kan die polisie help om die skelms te bang
Dankie vir die beskrywing van die voertuie dit is n begin nou nog net n beter beskrywing van die verdagtes en die publiek kan die polisie help om die skelms te vang
Is dit blote toeval dat niemand beseer is by Nobody?
Daar is nie fout met hulle smaak aangaande grend voertuie.