Groep vriende deur gewapende mans in huis oorval

Argieffoto

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap in Dewetsdorp in die Vrystaat gedoen om hulle by te staan om vier mans wat ʼn groep vriende in ʼn huis in Hillside oorval het vas te trek.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 21:00 op 14 Julie plaasgevind.

Volgens Ngcukana was die eienaar van die huis en drie vriende in die sitkamer besig om televisie te kyk en te kuier toe vier mans, twee met pistole gewapen, die vertrek binnegestorm het.

Die deur was volgens Ngcukana net toegetrek en nie gesluit nie.

“Hulle het die wapens op die slagoffers gerig en hulle van ses selfone en kontant beroof voordat hulle van die toneel gevlug het,” het Ngcukana gesê.

Ngcukana het gesê ʼn verbyganger het die mans bygestaan.

Die polisie het die gemeenskap gevra om te help met enige inligting wat daartoe sal lei dat die skuldiges aan die pen ry.

“Die gemeenskap word egter gemaan om nie die verdagtes self te arresteer nie, maar die polisie net in kennis te stel aangesien hulle gewapen is en as gevaarlik beskou moet word.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof.

Die Dewetsdorp-polisie kan by 051 541 5401 geskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wilma ·

Hoe kan mense nog kuier met deure wat nie gesluit is nie of veiligheidshekke wat oopstaan? Ons sal werklik moet begin omsien na die “onbenullighede” vir ons eie veiligheid. Die voorval kon so anders geëindig het.

Francois ·

Hi Wilma
Jy se dat: Hoe kan n mens nog met oop deure kuier…
Maar my vraag is: Hoe kan n mens nog in so n land bly ?

IK ·

Francois, Wilma is reg. Op jou vraag, wat stel jy voor? Ek bly waar ek is, 24uur gewapen en die mag van die gewoonte is om deurentyd agter my te sluit. Ook is die panieksleutel om my nek. Daar is ook verdere voorsorg getref. Hou ook maar die ogies oop.
Ek stel voor Cyril verander die dorp se naam na ‘De Wettelosedorp’.

Katerina ·

Francois – Deurdat mens nie die astronomiese bedrag geld het wat nodig is om te emigreer.

Francois ·

Ek verwys spesifiek na vandag se jongmense.
Dit is relatief maklik om in n ander land te gaan werk en dan eventueel te emigreer. Daar is baie opsies.
Op die ou end is dit meer stress, uitgawes etc om hier te bly as om oorsee te gaan.

MK ·

Die ergste is dit is hul eie mense die hillside is in Dewetsdorp se gebied

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.