‘Groep wit spelers wil Bokke en Allister pootjie’

Springbokke-vs-Iere-_-Nuweland-_-11Jun16_Inus-Grobler_008

Die Springbokke teen Ierland op Nuweland, 11 Junie 2016. Foto: Inus Grobler

’n “Groep wit Springbokspelers” wil die “geïntegreerde span” en afrigter Allister Coetzee sien misluk.

Volgens Tony Ehrenreich, leier van Cosatu in die Wes-Kaap, het Springbokspelers wat Cosatu voorheen genader het oor die gebrek aan transformasie in die span dié inligting aan hulle verskaf. “Dit is dalk die rede vir die swak spel van sommige spelers in die afgelope twee wedstryde.”

Ehrenreich het gesê die “houding” van sommige spelers en ondersteuners, wat nie ten gunste is van dié Springbokspan en “sy transformasie-agenda” nie, moet nie onderskat word nie. “Die spelers wat die Springbokke se spel saboteer moet ondersoek en verwyder word.”

Volgens Ehrenreich moet Coetzee nie swig onder die druk wat op hom geplaas word nie. “Die dae dat sekere posisies vir wit spelers gereserveer word is verby en ons moet ook nie langer buitelandse spelers toelaat nie. Ons het genoeg talent in die land om fantastiese spanne saam te stel.”

Ehrenreich het verder geëis dat M-Net se “oorheersing” rakende die uitsaai van rugbywedstryde tot ʼn einde moet kom en dat die wedstryde eerder op die SAUK se kanale en tydens oopkyktyd op M-Net uitgesaai moet word. Volgens Ehrenreich moet die “ou wit kommentators” ook vervang word deur “jonger wit kommentators” aangesien die “ou kommentators” steeds “apartheid-vooroordele” toon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Schalk ·

Net so sal SA rugby nooit weer n krag wees nie. Hierdie klomp gaan nie rus voordat alles vernietig is nie. Vir al wat ek omgee, kan julle die springbok verwyder, vervang hom met n assegaai of iets dergliks. Mnr Coetzee in sy regstellende amp, sal kort voor lank die vrugte pluk.

Johan ·

Ehrenreich is ‘n polities gefrustreerde wese. As hy nie probeer om die DA in die Kaap te kritiseer nie saai hy die gemors van rasisme in die Springbok kamp. Ons weet dat rasisme net deur blankes gepleeg word maar wat is die seun se probleem. Sal hom graag so vir 2 minute in ‘n bokskrum tydens ‘n oefening wil kry. Sy ervaring mag hom miskien laat wonder hoe moeilik dit werklik daar voor is – dit wil sê as hy dit sal oorleef. Miskien moet hy maar by rooihemp groepie bly en oa rugby los by spelers wat saam in ‘n span wil speel. Sovêr ek weet trek niemand die Springbok trui oor sy kop om te verloor nie. Rugby is ‘n span spel en hier is 15 manne saam wat wil wen. Edenreich moet hom hou by sy twakpraat oor politiek en sport uirlos.

Frederik ·

Wel, as jy Saterdag na daai Zoeloe-passies voor die wedstryd gekyk het, is ‘n assegaai verseker die ideale embleem.

johann cb ·

Watter klomp twak gaan volgende aangevoer word om van bekwame spelers ontslae te raak?! Ek is stomgeslaan…

anoniem ·

Ag Ehrenreich waar jy is is altyd rassistiese kommentaar en opmerkings. Ek wens jy wil jou by Cosatu bepaal en nie inmeng by dinge waarvan jy niks weet nie. Mag jy van die aardbol verdwyn!!!!

Johan ·

Wat rook die man….Ehrenreich meer rassisties as dit kry jy nie……hoop iemand lê n klag…….Ehrenreich het jy al ooit n dag se Rugby in jou lewe gespeel…….

Gerhard ·

Ek is oortuig dit is Jan van Riebeeck se skuld dat die wit spelers so swak speel!!

Andrè Du Plessis ·

Weet jy wat die woord rugby beteken, of verwar jy dit met sokker, of nee wag hy soek punte by ons vloekende minister

Lida ·

Dit lyk my die man het gif gedrink! Wanneer gaan die patete leer dat kleur lankal nie meer n faktor is nie. Die beste speler word gekies ongeag sy kleur. Maar nou ja hy word baie betaal om tjol uit te dink.

James ·

Ek is bekommerd daaroor dat jy glo die beste spelers gekies word ongeag kleur.

Pieter Best ·

As ek so na die spelers kyk wat swak gespeel het het die Stormers hul bes probeer om Tony se teorie te laat slaag en die Lions hul bes probeer om die Stormers nie te laat slaag nie lmao

koos ·

Noudat die kwotas rugby begin vernietig, moet daar na verskonings gesoek word. Hy moet maar sy 100% kwotaspan kies en
kyk wat gebeur.

Jannie ·

Hy moet net wakker skrik. Sekere posiesies word nie vir wit spelers uit gehou nie. Die wit spelers is net baie better. Hy moet eerder ondersoek instel oor die swart spelers wat saar is vir die geld en nie vir die spel nie.

christine ·

Tony Altydreich hou jou simple mening vir jouself jy is regtig onuitstaanbaar die mense bruin en wit self n paar swart wou weet wat jy rook. Gaan stook ander op wat nie so geletterd is nie. Dit gaan hier nie werk nie. Jou mater Fransman het sy allie gesien jou beurt is nou en die skinderbekke se houding is verkeerd die is n klipharde sport wanneer iemand sy nek breek of in n rolstoel land is jy ver ver weg. Jy maak n oorlas van jouself

Martin ·

Ja nee ek stem saam almal ons rugby is besag om te vinag agter uit te gaan hule praat altyd van rugby hoekom praat hulle nie oor die sokker nie want daar sien jy niks wit in die span nie behalwe as n speller miskien met wit tokse speel.

Koos ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Wat is hul volgende “move”…Daar sal altyd iets wees om oor te kla. Daar is al soveel skade gedoen. Pleks boikot mense die wedstryde dan sal hulle sien wie SaRugby eintlik dra…hou politiek uit rugby uit!!!

Koos ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Wat is hul volgende “move”…Daar sal altyd iets wees om oor te kla. Daar is al soveel skade gedoen. Pleks boikot mense die wedstryde dan sal hulle sien wie SaRugby eintlik dra…hou politiek uit rugby uit!!!

Schalk ·

Koos. Ek wens soms dat almal wat so kla, vir n slag daad by die woord wil voeg en die spul boikot. Maar ek het al vantevore gese,almal kla steen en been op platforms soos hierdie, maar as hulle klaar gekerm het, gaan staan hulle in die toue om n kaartjie vir die volgende game te koop. Dalk sal die ondersteuners minder word soos kwotas meer word, dan sal die ANC en Cosatu sien wie eintlik die sport borg.

Theo ·

Hy soek alweer aandag. Was lanklaas in die nuus gewees die koos. Shame…..

AJ ·

Op wat se planeet leef die man…sy aantygings is sekerlik net so akuraat as die feit dat M-Net jare al nie meer rugby uitsaai (SuperSport) of oopkyk tyd het nie.

John ·

Defnitief Mvovo, jy moet regtig n groot poging aanwend om so swak soos hy te speel.

Jan ·

Die stomme vent probeer nou die swak spel aan die rassekaart hang. Die “Tony” is gif vir ons samelewing. Word wakker julle is al 22 jr besig om af te breek, dis tyd om hand in eie boesem te druk en iets van belang te doen

Louis ·

Ek wonder waar kry hy sy inligting vandaan.
Eerstens is dit ‘n klap in Allister Coetzee se gesig. Hy sê Coetzee kan gemanipileer word.
Tweedens sê hy dat die spelers van kleur in die span ook deur wit spelers gemanupileer word en nie goed genoeg op hulle eie kan.presteer nie
Derdens word wit spelers VALSLIK beskuldig. As ek hulle is vat ek hom hof toe

Jo ·

Sokker is ‘n gesukkel, wen hulle nou al wedstryde? ?? Waar is die sokker kwotas. Die bleek-gesigte kla lankal nie meer oor ras.

John ·

Ehrenreich, klink soos ‘n Duitse van. Van waar is mnr Tony? Hier is ‘n slang in die gras. Is mnr Ehrenreich dalk die verlangse afstammeling van ‘n Nazi? Ek beweer dit nie. Ek wonder net. Hy klink baie rassisties net soos die Nazis’s wat die Jode in oonde gestop het omdat hulle glo die Duitse regime bedreig het. Nee, ek moet verkeerd wees. Dit kan nie wees nie. Ons bly in ‘n demokratiese land waarin die son op almal mag skyn en die beste spelers vir die Sprinbokspan gekies behoort te word…

Cais Smit ·

Ja nee kyk julle betaal hoopeloos te min,kyk wat gebeur daar by Pretoria,en glo my hulle gaan kry wat hulle soek.So hou so aan Bokke maskien kry julle iets reg wat ander nie reg sal kry nie,geld maak alles reg uit wat krom is

Mielie ·

Wat n nar, wens hy is mans genoeg om Sy bronne (as daar is) bekend te maak. Hy moet wit mense blameer vir iets…..plaas hy hom beywer om van die springbok embleem ontslae te raak. Ek is seker as die prys reg is sal Ashwin W n kommentator by SAUK word, hy weet altyd waar van hy Praat, is heelwat jogger as Mallett en kie…..En hy is nie rassisties nie. Maar Dan nou weer Cosatu het ook oop kop jong mense nodig.

Johan ·

En volgende moet ons hoor die ander lande se spelers ia rasisties want hulle geen nie ons swart spelers kan om te gaan punte aanteken….. LOL

Pottie ·

Tony. As jy feite het van hierdie wit spelers wat doelbewus die span wil laat verloor is dit mos nou die ideale geleentheid om hulle name te noem sodat teen hulle opgetree kan word. Maar my ou maat ons almal weet nou al hoe julle politieke koppies werk. Julle sè mos maar goed sodat jou party dink jy werk darem nog vir hulle. Kry jy nie saam vir jouself nie. Doen iets!!! Moenie soos jou base net praat nie.

Hasie ·

Nou word die sukses van rugby versuur en afgebreek deur patetiese politiek. Ou Tony, vat jou speelgoed en gaan speel in die verkeer. Shame, jy het seker maar ‘n moelike lewe.

humor ·

Daar moet n erge pesoonlikheidsprobleem wees. Sal hom nie graag wil ken nie.

Rina ·

Klink soos gekke-grap! Is dit Langenhoven (my geheue!) wat gese het: Lee pyp hou toe jou kraan – dan sien hulle jou vir ‘n vol een aan – iets in die lyn! Sterkte Tony! julle gaan nog baie verrassings kry en sal nog meer en beter verskonings vorentoe moet uitdink! Mens kan net lag dog terselfdertyd huil…..!!

Hasie ·

Ek het eers gedink hierie man is gerook, maar nou weet ek hy is gerook.

Sê maar net ·

Ek sou sê dan moet die rassiste uit di span gehaal word, dis no die wat by ou Tony gaan kla het. My seun se droom is om ‘n springbok trui oor sy kop te kan trek eendag. So gee ma die wat die drome het die kans Tony en begin jy en jou klaers maar julle eie span

Chrisjan ·

Alles sal nie genoeg wees nie.
Volgende gaan die rugby unies verplig word om die stadions met swartes te vul.

Kwagga ·

Tony is behep met wit mense. Hy is seker die grootste rassis wat ek nog gesien het. Wet julle hy eet nie wit brood nie.

Kobus ·

Ek se dankie vir tony en sy travante. Hulle het my van rugby genees en nou spandeer ek weer kwaliteit tyd met my gesin. Gee die boerbokke swart broeke en noem hulle zuma impis

Christo van heerden ·

Oopkyktyd bestaan nie meer, waar kom die man vandaan, maar ja saai uit op sabc, ja asb dan kan ek mnet kanselleer.

Réan ·

Waar is die transformasie in die sokkerspanne mnr Erenreich? Is die wit kwota reg daar? O wag ek gee eintlik nie ‘n hel om wat daar aangaan nie. Gaan bepaal jou by unieverwante sake. Los sport vir mense wat dit geniet. Dis eintlik waaroor dit gaan.

Popeye ·

Dis duidelik Maroela skram ook maar van die duidelike reguit-waarheid weg wat : “gekleurd” “swart” en “wit” aangaan….dus kom ons probeer weer Maroela…. Mnr Ehrenreich; jy praat nonsens en jy weet dit. Jou uitsprake maak ons net sterker! Kry jy die boodskap?

willie ·

Ja Ehrenreich dit is persone soos
jy wat net n bog nonsens praat,jy
weet nie om n verskil te maak nie.
Twee busse vertrek uit die Kaap die
selfde datum op pad Durban toe,jy sit in die een bus om altyd teen die stroom te wees beinvloed en misbruik jou eie doelstellings om jou self te bevorder.Die ander bus is vol kreatiewe mense een gesindheid met duidelike samewerking en doelstellings .
Bus nommer 1 het nooit in Durban
aan gekom nie ,hulle baklei onder mekaar en steek die bus aan die brand.Bus nr 2 het die roete in 2 dae afgelê.Weet jy wat ek is eerder
n arm man in rykland as n rykman in n aremland want julle wil alles verniet hê .

Anoniem ·

Mense, julle gaan aan soos mal hoenders. Ons almal weet wat aan die uiteinde van die dag met die bokke gaan gebeur! Spaar jul emosies en energie! Hou op die bokke ondersteun! Hou op kaartjies koop. Die blanke geld betaal die bokke. Kom ons stop net en hoop hulle verander die naam na die Proteas toe.

“Suid-Afrikaners wat ja stem, stem vir: Vreedsame naasbestaan en gelyke regte” -1992 referendum.

Luister ·

Laat hy die name noem van die spelers wat kamma by hom klik!

Vernon ·

Tony, wat weet ‘n mol van kaas af? Hou jou by dinge waarvan jy “weet”.

Hens ·

Daar is nie pille vir domheid of aandag soek nie. Ek wonder wie speel dan aspris swak vir Bafana Bafana……

Veritas ·

Tony, Tony, Tony. Skud bietjie jou kop heen en weer sodat jou ore jou kan wakker klap. Jy is terdee daarvan bewus dat niemand meer na jou bogpraatjies luister nie en ook dat Cosatu se invloed erg aan die kwyn is. Almal weet teen hierdie tyd dat jy ‘n nul op ‘n kontrak is en niemand luister meer na jou drogredenasies nie. Wat my dronkslaan is dat die media nog iets wat jy kwytraak, publiseer.

Lance ·

Gaap ….wie gee nog eintlik n bloue duit ….toeskouers en steun is besig om skerp te verminder ….so doen wat julle wil man ….so moeg vir die ou storie al .. onttrek en gaan speel oorsee waar julle bydrae wardeer sal word ….hier moet mens net verskooning maak vir wie en wat jy is en word jy vertel hoe damn sleg jy is ….maar jou belasting geldtjie is nog altyd baie welkom …sal maar nie se waar dit beland nie

Riaan ·

Daar is ook droogte omdat daar te min swart boere is lol Antjie Somers straf ons

Russell ·

Ja Ek ken hom , bly naby hom maar ons Kleurlinge naby hom groet nie eers die Ou
Die rede Hy is so rassisties Ek hoop hy gaan bly in Guguletu die gat kruiper

Jan ·

My gevoel is dat ons die springbok trui in n glaskas gaan plaas as deel van die land se geskiedenis en gee vir hulle die protea op die trui en dan kan hulle na die protea’s en bafana kyk.

Bosveld g ·

Ek dink ons kies twee spanne, die wat in my span speel bly by tradisies, word privaat geborg, speel wa hul wil. Ń moet is begin van jaar speel ons Tony se span….. Die wat oorleef sal oorweeg word in Ons span net op meriete !!!

JJ ·

Mense julle is verkeerd met Tony en sy agenda…. Gaan nie oor rugby nie… Hy dink elke dag daaraan oor wat hy volgende kan se om die mense se bloeddruk op te jaag…daarmee is hy baie goed :-)
Soos julle se van sport weet hy nie veel nie maar om bloeddrukke op te jaag is hy n meester…dit is al krediet wat daar vir hom is.

Moegviraldiebeloftes ·

Al wys hulle die rugby op sauk sal ek nogsteeds nie kyk nie – my pa wat ‘n stoere rugby ondersteuner was en my ook geleer het om rugby lief te hê draai in sy graf om!! ek kyk alankal nie meer nie!! dis net een vet klug!!! En my hart huil – dis net politiek en gemors!!!! doe so voort ou die wie ander verdruk het ‘n rekening om te betaal dalk nie nou nie maar eendag moet nog kom!!! Kan sommer sien hy’t nie ‘n idee wat gebeur waar nie. Plaas hy sy mond toehou dan dink ons hy weet nog iets nou maak hy hom so oop en nou weet ons hy weet minder as niks!!!! Skoenmaker hou jou by jou lees!!

Marlene ·

Rassisme sal NOOIT in die land stop nie want dit is mense soos hy wat dan niks sal hê om te sê en op te sweep nie.

Dirk ·

Ag asseblief tog,dis pateties.Bepaal jou by ander goed want jy weet niks van rugby af nie..

Illa ·

Snaaks, ek het nou weer gedink dit het beter gegaan op die veld die oomblik wanneer die “kwota spelers” vervang is met spelers wat op meriete gekies is? Vreemd hoe mense dieselfde ding met hul oë sien, maar tot heeltemal verskillende gevolgtrekkings kom.

ALEC ·

Tony jy weet fietol van sport. Orals waar julle betrokke is of inmeng is dit n groot gemors .Ou toetie gaan sy eie ondergang veroorsaak want hy is nie n afrigter se dinges nie, en ou stick weet nog minder. Saru moet hom baie gou op n menseverhoudings kursus stuur. Hy is so dom soos grond. Kies sy span dan breek hy die spelers af wat hy self gekies het, hoe stupid kan hy nou wees. Die spelers sal nooit respek vir hom he nie of vir hom speel nie. Hy en die politiek sal ook die rugbyspanne vernietig tot hulle op dieselfde vlak van prestasie is as die sokker. GEEN PRESTASIE OF TROTS NIE. KYK WAT DOEN DIE REGERING AAN ONS LAND. SKANDE EN PATETIES

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.