Groep Wits-studente wil eksamen uitstel

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag aangekondig dat ʼn groep studente ʼn dringende interdik wil bekom om die eksamen te verhoed om voort te gaan.

Duisende studente het die afgelope ses weke nie lesings bygewoon nie, op die vooraand van die eindjaareksamen, en het betoog vir gratis hoër onderrig.

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het gesê die saak is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor en uitspraak sal na verwagting Donderdag gelewer word.

“Die universiteit bevestig dat die eksamen sal voortgaan soos geskeduleer,” het Patel gesê. “Die universiteit het individue in kennis gestel wat goeie rede het waarom hulle nie eksamen kan aflê nie, en dat dié individue kan aansoek doen vir ʼn uitstel.”

Die groep studente wil hê die eksamen moet tot volgende jaar uitgestel word, of minstens met twee weke uitgestel word. Die eksamen moet Donderdag begin.

Die #FeesMustFall-veldtog is gekenmerk deur geweld, beserings en vandalisme en voortgesette botsings tussen betogende studente en die polisie.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het tydens sy mediumtermynbegrotingstoespraak gesê die regering sal ʼn bykomende R17,6 miljard beskikbaar maak om hoër onderrig oor die volgende drie jaar tot 2019 te finansier. Dit volg ná ʼn bykomende R5,6 miljard wat by universiteitsubsidies bygevoeg is om die nul persent verhoging vir die 2016- akademiese jaar te finansier.

Gordhan het gesê die tesourie het voorspel dat uitgawes vir naskoolse opleiding en onderrig teen 2019 met 9,2% sou verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

marlene ·

Neewat, laat julle gaan skryf. Jul het die tyd wat jul moes swot, gebruik om te toy toy.

Asjas ·

Skryf maar julle Eksamens, julle gaan in elk geval pluk.
Terloops, bitter min studente wat in 2016 klaarmaak gaan werk kry nie tensy jy geen kriminele rekord het nie, jou loopbaan by die Universiteit onberispelik was en jy geen rasistiese kommentaar om sosiale media gemaak het nie, of jou naam nie in die koerante was nie.
Hoeveel van julle kan dit se?? Glo my ons kyk na al die dinge nog VOOR ons kyk wat jou punte was.

Ai ai ·

Seriously Hendrik, so hul toi toi en sal deurkom, of nee dit is seker die nuutste akademiese toevoeging – nuutste graad: Bsc toi toi vir die wat mense aanval of Bcom toi toi vir die wat alle pryse laat val deur als aan die brand te steek!

Dup du Plessis ·

…hokaai Asjas, PUK studente het nog nooit in die 2 jaar gestaak nie…hulle skryf al 2 weke lank eksamen en staan al einde se kant toe….

marlene ·

Eksamentyd is hier. Gaan skryf. Jul het jul tyd om te swot, gebruik om te toy toy. Dis hoe die lewe eintlik werk.

Jakobus ·

Ek sien nou op maties ruk studente van ander universiteite op om die eksamens ook daar te keer.

Jan ·

Nie net by Wits nie, ek sien ander universiteite se studente ruk nou op na Maties om dit ook daar te stop.

Vena ·

Aikona maaikies julle wou mos in die strate speel, met vuurhoutjies speel en klippe gooi in plaas van klas bywoon en voorberei vir eksamens…. nou wil julle slapgaaie duisende ander studente verhinder om hul akademiese jaar af te sluit…. Nee nee

Henning ·

Ek is tans werksaam oorsee waar hierdie land elf jaar gelede dieselfde eise van studente gekry het vir gratis onderrig. Die land het die volgende reels ingestel:
…….Alle eerste jaars studie is gratis, maar
Dit wat jy nie pass nie moet jy terugbetaal binne 10 jaar, met rente.
Jy kan aangaan met die vakke wat jy gepass het gratis maar dit wat onder klas gemiddeld is, moet die student % van betaal vir die volgende jaar. Dus net gratis as jy bo die klas gemiddeld kry in eksamens. Duidelik moet hy/sy die volle bedrag betaal van vakke wat hulle gedruip het, vir die volgende jaar – bewys van krediet goedkeuring anders waord jy ni toegelaat nie.

Die stelsel het verseker dat studente wat wil studeer, dit gratis kan doen….en die wat wil speel dit met iemand anders se geld en tyd doen.

Ek het ongelukkig nie al die feite nie, maar is seker as die model mooi deurdink word deur bestuur, kan dit vir ons land ook werk.

Manie ·

Interesant die berig dat 63℅van studente wat gratis universitêre opleiding kry nie hulle kursusse voltooi nie . Nogal n groot vermorsing van geldjies wat dalk baie beter aangewend kon word

scott ·

Ek sal graag wil weet watter land praat jy van Henning want eke dink dit kan goed werk as jy bereid is om te werk kry jy iets terug. Dan gaan dit oor jou werk en nie jou velkleur nie . En hoe gouer almal dit besef hoe beter gaan dit in ons land gaan. Daar is net een oplossing vir ons land en dit is wedersydse respek vir mekaar.

humor ·

Henning moet nie vergeet nie enige van jou reelings soos uitgespel sal nie werk nie Dit is SA hierdie. Al kry almal gratis onderrig met druipsyfers en al sal hul wel om n ander rede betoog en verwoes.

Manna ·

Hierdie belhamels moet geindentifiseer word sodat almal kan sien wie hulle is en dan permanent geskors word uit alle universiteite

Lance ·

Let wel dis n klein groep wat alles wil ontwrig weereens vir die meerderheid wat wil skryf.

LS ·

Ek dink dit kan nogals werk soos wat Henning sê – as dit goed deurdink word.
Dan moet hulle sommer ‘n briefie teken wat sê hulle SAL NOOIT toy-toy nie.
As hulle dit dan doen mag hulle geskors word.

Maar ja, dan moet dit geld vir ALMAL !!!

John ·

Die Indier-universiteit in Johannesburg is iets om op trots te wees. Dit gee die pas aan en die rektor en lektore moet maar spring vir hul tickets en hul vakakansies kanselleer. Ons klap ook hande vir die dapper voormalige student wat glo 13 skote moes verduur en dit glo ook oorleef het. Ag shame! Ons harte bloei… wits.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.