Groepe eis polisieverantwoordelikheid vir Marikana-slagting

Die koppie by Marikana. (Foto: Bongiwe Mchunu)

Regtegroepe met belange by die Marikana-slagting wat in 2012 in Noordwes afgespeel het, eis om te weet waarom dit sewe jaar lank geneem het om die betrokke polisiebeamptes in die hof te sien.

Die Socio-Economic Rights Institute (Seri) en die organisasie Right to Know (R2K) het dié vraag Maandag gevra tydens ʼn betoging waar die voormalige adjunkhoof van die polisie in Noordwes, genl.maj. William Mpembe, in die Mankwe-landdroshof verskyn het.

Mpembe, asook Gideon van Zyl, Dingaan Madoda en Oupa Pula, word van verskeie oortredings aangekla omdat hulle voor die Farlam-kommissie van ondersoek glo gelieg het oor die dood van die 60-jarige mynwerker Madisaotsile van Wyk Sagalala.

Die kommissie is geloods om die slagting, wat gelei het tot die dood van 34 betogers tydens ʼn onwettige staking by Lonmin se platinummyn by Marikana, te ondersoek.

Die staat voer aan die polisielede het versuim om aan te meld dat Sagalala in polisieaanhouding dood is en nie in ʼn hospitaal of op die koppie waar die ander mynwerkers gesterf het nie. Volgens die staat is 30 mynwerkers op die toneel van die betoging dood en nog vier in ʼn hospitaal.

Bongani Xezwa, woordvoerder van R2K, het gesê geregtigheid moet geskied sodat die mense van Marikana berusting kan vind.

“Ons betoog teen wat hier aan die gang is en ons vra vir geregtigheid. Ons weet wat nou gebeur en wat in 2012 gebeur het. Ons is hier om te sê geregtigheid moet seëvier. William Mpembe en diegene wat betrek word moet verantwoordelik gehou vir hulle optrede en die dinge wat hulle in 2012 tydens die Marikana-slagting gedoen het,” het hy gesê.

“Ons hou die situasie dop en dit duur geweldig lank. Ons het in die hof gehoor die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek is ʼn ruk lank gestuit. Iemand moet nou toesien dat geregtigheid die mense dien.”

Seri se direkter van litigasie, Nomzamo Zondo, het gesê die organisasie is vasbeslote om toe te sien dat geregtigheid geskied. Sy het gesê die families wil sien dat diegene wat verantwoordelik is vir die dood van hulle familielede, ook strafregtelik vervolg word.

“Die Sagalala-familie het drie jaar by die kommissie van ondersoek spandeer om uit te vind wat gebeur het. Maar die polisie het suksesvol weggesteek hoe en waar hy dood is. Hulle wil toesien dat diegene betrokke by die toesmeerdery, voor stok gekry word,” het Zondo gesê.

Die saak word Dinsdag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

sweis ·

Die klomp is ledig,gee elkeen n duisend rand en alles is vergete want dit is die eintlike rede .

George in Bloem ·

En natuurlik hoor mens geen oproepe vir behoorlike ondersoeke na die bloedige moorde wat deur die myners gepleeg is op onskuldige mense in die paar dae wat die Marikana skietery voorafgegaan het nie. Hoekom is dit? Alweer die welbekende dubbel standaarde wat so gereeld in SA van toepassing is of dalk weer selektiewe geheue? Daardie mense is koelbloedig op die wreedste maniere denkbaar deur die stakende mynwerkers vermoor maar sekere mense se simpatie bly by die Marikana slagoffers? Wat van die mense wat deur hulle vermoor is? Sekerlik het daardie families geldige eise teen die betrokke unies? Waarom die alewige siek stilte daaroor?

marius ·

Wat van die mynwerkers wat die sekuriteitswagte vermoor het? Waarom was hulle nog nie in die hof? Waarom sê niemand ‘n woord daaroor?

Die mynwerkers het reeds gewys hulle sal moor en daarom was die polisie se optrede niks anders as selfverdediging…

Geronimo ·

Is diegene wat die veiligheidswagte vermoor het al aangekla?

Hennie ·

Dis omdat Cyril Ramaphosa hier betrokke was. So daar het julle dit nou! Black Bigwig privilege!

John ·

Was dit nie ‘n onwettige staking nie? Hoeveel van die stakers was uitlanders? Hierdie hele gedoente het duidelik die aard van ‘n oorlogsverklaring deur die stakers aangeneem en dan verander die speelveld en reèls mos. As ek op die rugbyveld ‘n knopkierie rondswaai teen die opposisiespan, gaan die teenreaksie soortgelyk wees. Gaan die wedstryd ‘n mooi einde hè en ek vergoed word vir die knop op my kop? Geld was die oorsaak en geld wil die naasbestaandes hè… miljarde… miljoene is oudmodies.

ANDRE ·

WAT MOES DIE POLISIE GEDOEN HET…NIKS…DIE MYNERS HET MET KAP MESSE GEKOM…MENSE REGTE GROEPE IS NET TE VINDE AS DIT HULLE PAS …POLISIE IS OOK MENSE EN BOERE IS OOK MENSE….AS JY KOM OM TE VERNIETIG …SKIET WANT DIE WAT NIE BETOOG HET OOK REGTE…………..

Gert ·

EK weet nie waaroor moet die kommissie ondersoek doen nie. Die mynwerkers het die polisie gestorm met wapens, die polisie kon hulle nie stuit nie want die toordokters het hulle oortuig hulle kan nie deur koeëls beseer word nie weens die muti wat hulle gedrink het, en toe moes die polisie skiet of doodgekap word.
Ons noem dit selfverdediging.

piet piet ·

Nie net gewapen nie maar ook met muti wat hulle sou onsigbaar maak kan jy dit glo ,die intelegensie van sommige verbaas my in 2019.

GM ·

Snaaks hoe almal altyd agterna die slagoffers speel as hulle/hul naasbestaandes eerste aangejaag het.
Ek glo die polisie het reg opgetree. As hul meer kere só opgetree het, dan sou daar minder stakings/plundery/verwoesting plaasgevind het want dan het almal geweet dat hul aksies nagevolge mag hê. Nou het elke krimineel mos regte en die wetsgehoorsames het geen.

piper ·

wat kos al hierdie ondersoeke nie nou al nie. dit gaan net oor geld want hulle dink die myn het biljoene om weg te gee. van elke dag se 50 plus moorde word niks gedoen of gepraat nie want daar is nie geld betrokke nie.

ne ·

@Marous – Vra jy nog? CR het opdrag gegee! Ons president het daardie tyd opdrag gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.