Groepe pak Lesufi ná uitlatings oor Afrikaanse skole

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die burgerregte-organisasie AfriForum het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, die stryd aangesê na ʼn hofbeslissing wat hom die mag gee om te besluit of ʼn skool vol is of nie.

Dr. Jaco Deacon, adjunk uitvoerende hoof van Fedsas, het aan Maroela Media gesê die organisasie gaan appelleer teen die beslissing van die appèlhof. Volgens Deacon kom die saak al sedert 2012 toe Barbara Creecy, destydse LUR vir onderwys in Gauteng, nuwe regulasies vir toelating afgekondig het waarvolgens die onderwyshoof die mag sou kon hê om enige leerling in ʼn skool te plaas en bepaal wanneer ’n skool vol is.

Volgens Deacon het Fedsas destyds ʼn hofaansoek gebring in die hooggeregshof in Johannesburg en is die regulasies ter syde gestel. “Die departement het na die appèlhof geappelleer en die vroeëre besluit is omgekeer en die hof het beslis die regulasies geld nou weer.”

Deacon het gesê Lesufi se uitlatings dat Fedsas rassisties is, is van alle waarheid ontbloot. “Die saak raak alle skole in Gauteng, dit gaan nie uitsluitlik oor Afrikaans, Afrikaners of uitsluiting nie. Dit gaan oor die beheerliggaam se regte in terme van die Skolewet.”

Volgens Deacon is daar ook verwarring rondom Lesufi se magte aangesien die regulasies bepaal dat die onderwyshoof kan besluit of ʼn skool vol is of nie en nie die LUR nie. “Dit is verwarrend dat Lesufi nou gesê het hy kan dit doen.”

AfriForum het intussen bekend gemaak dat hy ʼn omvattende protesaksie teen Lesufi van stapel gaan stuur om sy “rassistiese aanvalle op Afrikaansmediumskole stop te sit”.  Dié aankondiging volg op Lesufi se uitlatings dat duisende kinders in Gauteng nog nie geplaas is in skole vir volgende jaar nie en dat Afrikaanse skole die kinders moet akkommodeer, of die kinders Afrikaans magtig is, of nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met taalsake, is Lesufi ʼn kulturele vandaal wat kinders as pionne misbruik om sy ideologiese agenda teen Afrikaans deur te voer. “Lesufi loods aanslag na aanslag teen Afrikaanse skole onder die voorwendsel dat hy skoliere se belange op die hart dra. In die proses gebruik hy laakbare tegnieke soos rassepolarisasie om sy doel te bereik,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg staatsondersteunde skole bestaan al jare nie meer uit leerders van slegs een ras nie. “Tog gee hy voor dat die aanspraak op enkelmedium moedertaalonderrig in Afrikaans, wat internasionaal as die beste vorm van onderrig erken word, rassisties gebruik word om kinders uit skole te sluit. As deel van sy leuenagtige wanvoorstelling noem hy ook nie dat Afrikaans nie net wit moedertaalsprekers het nie, omdat dié feit nie sy agenda bevorder nie.”

AfriForum berei tans ʼn klag voor wat by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (ook bekend as die 185-kommissie) ingedien sal word teen Lesufi se “wanvoorstellings, ontkenning van Afrikaanssprekendes se taalregte en dade van aggressie teen minderheidsregte oor die algemeen”.  Die organisasie se regspan ondersoek ook moontlike regsoptrede teen hom.

Bailey het beklemtoon dat AfriForum nie gekant is teen die reg van alle Suid-Afrikaanse kinders om toegang tot uitnemende onderwys te hê nie.  “Die probleem is egter dat die onderwysdepartement nie daarin slaag om aan die groeiende behoefte te beantwoord nie, en in plaas daarvan om meer skole te skep en die 80% disfunksionele skole in die land reg te ruk, word agter finansiële tekorte geskuil en die las op funksionele skole gelaai om na die kinders om te sien, ten koste van gehalte onderrig van al die leerders, en in die geval ook Afrikaans.”

Sy het gesê onderrig gaan nie bevorder word deur die 20% funksionele skole ook te benadeel met die wegneem van moedertaalonderrig en die volstop van klasse nie. “Gehalte onderwys en regte word nie bevorder deur dit van al meer skoliere weg te neem nie. Lesufi se oproep om die vernietiging van enkelmedium Afrikaanse skole kom op ʼn vorm van kulturele volksmoord neer,” het Bailey bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

neelsie ·

Die Mnr Lesufi voel darem baie bedreigd deur die sukses van die Afrikaner. Hy sal enigiets doen om die moed en kultuur van die Afrikaner te probeer breek,ek het nuus vir hom. Die Afrikaner is van sy bestaan onderdruk maar” doodkry is min”.
Ons sal weer opstaan deur die genade van God drie-enig.

Frans Jacobs ·

Moet ons nie dalk Plan B uitbrei om ook die vestiging en bevordering van privaat Afrikaanse skole in te sluit nie ?

Rynhardt ·

Dit is altyd net afrikaanse skole wat mowt agteroor buig!Engekse skole hoef dit nooit te doen nie.Afrikaners,julle hwt die reg tot afrikaanse onderrig,druk terug!As SA nie bankrot gesteel word nie,en daar bepkan word,kan talle Engelse skole asook engelse universiteite gebou word!Afrikaners;julke voortbestaan word liederlik bedreig,terwyl korruotes afrikaanse skole en universiteite teiken!

niggie ·

Die Afrikaanse skole doen te goed na sy sin. Die groen monster loop diep in hom. Plaas dat hy liewer ons voorbeeld volg. Kyk en leer??? Maar sy ego is te groot.

Zuri ·

Potch Universiteit ook privatiseer in samewerking met Akademia.

F - (KZN) ·

Hier in KZN het ek uit hoofde van my werk besoek afgelê by sowat 100 skole in ons distrik. Ek was verstom om te sien watse groot skole daar in die landelike gebiede (rural areas) is. Mooi, groot en sekere gevalle nuwe skole wat maklik 1000 + kinders kan huisves wat net sowat 200 kinders het. Van die hoofde het net gesê dat die kinders se ouers verkies om hulle kinders aan te ry na die dorpe om by die sogenaamde voormalige model C skole te gaan leer. Die enigste leerlinge wat daar agterbly is van die ouers wat regtig dit nie kan bekostig nie of bloot armlastig is.
Die probleem is dus nie dat daar nie genoeg skole is nie. Ek glo daar is meer as genoeg skole. (veral in ons area) Die regering moet net die skole reg beman met opgeleide onderwysyers en dan sal die nie nodig wees om die druk op sogenaamde ou model C skole plaas nie. Terloops, hier is ook verskeie ou engelse model C skole wat dieselfde druk ervaar met die toeloop van kinders.

Pieter V ·

Ek kan vir Lesuvi twee skole wys wat tot op die grond af gebreek is ,een n blanke skool met tennis bane ,koshuis en n groot krag opwekker wat gesroop is en as skroot yster verkoop is. Die skool is as kantore vir die department onderwys gebruik in die nuwe bedeling,hulle het daar uit getrek en alles net so gelos ,nou ry hulle hulle kinders met n bus aan ten duurste na n skool kilometres verder, en so sal ek vir hom ook ander projekte wys wat in die ou bedeling suksesvol bedryf is en werk aan duisende mense verskaf het wat nou letterlik tot die grond toe af gebreek is,want wat is daar wat hulle in stand kan hou?

Winston ·

Dit gaan oral soos jy noem Pieter. Wat kan hulle in stand hou? Die bus dienste is werkskeppings kanale om van ons swaar verdiende geld te versprei onder die voorheen benadeeldes’ wat hulle self benadeel deur alles te laat verval. Regoor die land.

anet ·

AfriForum, ek stel voor dat julle ook sy kwalifikasies nagaan. Gewoonlik is dit die ouens wat die meeste geraas maak en rassisties is, wat geen kwalifikasies het vir die poste wat hulle bedien nie

Leendert van Oostrum ·

Baie sterkte aan Fedsas – dis goeie en nodige werk hierdie.

Ek het in die verlede al gewonder waarop grond Fedsas die magte van die beheerliggame van openbare skole. Dit lyk asof hulle meen dat die magte eintlik magte van die staat (of “die gemeenskap”) is, wat afgewentel word na die beheerliggaam.

As mens egter kyk na die grondwet, die Kinderwet en toepalsike internasionale reg, lyk dit asof die magte van beheerliggame in werklikheid ontstaan uit die verantwoordelikhede en ragte van ouers, wat die beheerliiggaam as verkose verteenwoordiger van die ouers en leerders uitvoer (of behoort uit te voer).

Ek dink in die algemeen dat alle vorme van onderwys veel sterker hefkrag teen die regering sal kan uitoefen as ons sterker klem lê op die kind se grondwetlike reg op ouersorg (insluitende die reg van die kind dat sy onderwys primêr deur sy ouers gerig en bepaal word).

Alki ·

Die spul engelse het 115 jaar soortgelyke pogings aangewend om Afrikaanse in skole te onderdruk, kon die nie regkry nie, ou lullu en sy kaders gaan dit ook nie regkry nie, ons Afrikaners staan elke keer op , Afrikaans is hier om te bly!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Koos ·

Nou wat gaan ‘ n vol skool maak indien die vent in sy eie wysheid beslis ‘n skool is nie vol nie ? Gaan van die leerlinge staan-staan klasloop? Natuurlik gaan die nuwe leerlinge nie Afrikaans verstaan nie en ook niks byrae tot skoolfondse nie. Om nie te praat van al die rassistiese gevalle wat nou weer gaan op uitsteek nie. Die Lusisifi het so ‘n haat vir die Afrikaner hy kan homself nie terughou nie.

Jade ·

Engels is ‘n moet. So Afrikaans soos ek is moet my kind eendag kan kommunikeer op ‘n internasionale vlak.

My onnie op skool was van Oostenryk en so Engels soos nog iets en tog sien ek een kommentaar na ‘n ander wat Engels uitkryt as die bose – se dit vir die student wat oorsee kan gaan swot maar nie Engels magtig is nie.

My kind het addisionele behoeftes wat die hoofstroom Afrikaanse skole nie kan behartig nie, want hulle wil nie. Ek het menigmaal al inligting beskikbaar gestel en steeds dieselfde reaksies.

Skole word gedwing om toe te gee tot die wet. My kind gaan in 2017 Gr 1 toe en nie hoofstroom nie, klein tuisskool want dan weet ek hy word nie geleer van Sangomas, onnodige nonsens en word nie geboelie nie. As ‘n geskeide ma is dit ook goedkoper as die hoofstroom skole.

Die feit bly staan ek het vir die skool gewerk as die Departement eers kwotas inbring, puntestelsels, geen skors reels nie moet die skool luister; ten spyte van ‘n beheerliggaam.

My kind sal veiliger en steeds op die regte pad wees met tuisskool as in skole waar die regering baasspeel en waar die skole nie meer belangstel om jou kinders teen boelies en meer te beskerm nie.

Leendert van Oostrum ·

Let wel, Jade,

“tuisskool”, volgens wet (Art 51 van die Skolwet) is onderwys by die kind se eie huis.

Sodra jy hom na iemand anders neem vir sy onderwys, selfs al is dit in daardie persoon se woonplek, is dit nie “tuisskool” nie, en ‘n ander stel wette is van toepassing.

Wat jy dan het, is ‘n privaatskool, selfs al is jou kind die enigste leerling. En as dit nie geregisteer is as ‘n privaatskool nie, is dit ‘n onwettige privaatskool. En jy kan (in beginsel) ses maande tronkstraf kry as jy jou kind na ‘n onwettige privaatskool stuur.

Wim Kotze ·

“Engels is ‘n moet” as jy Engels wil wees. Gelukkig is meeste mense op aarde nie Engelssprekend nie.

Johan 2 ·

Dankie Wim, ek het my nou so vererg vir daai hanskakie. Ek het Engels eers gebruik na skool en vandag is ek baie goed tweetalig. Mense doen hul kinders geen guns met engelse skole nie, behalwe as hul self Engels is.

Louis van Niekerk ·

Hy probeer skuil agter die MISLUKKINGS van die onderwys in SA deur staatsondersteunde ( model C) skole te teiken en veral afrikaanse skole. Sy uitlatings wys net daarop dat hy ‘n GROOT rassis is en nie die probleme by staatsskole kan oplos nie. Sy onvermoee om skole op standaard te kry is al gewys en dit is hoekom die SUKSESVOLLE AFRIKAANS staatsondersteundeskole AANHOUDEND geteiken word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.