ʼn Klein groepie lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandagaand in Polokwane, Limpopo, ʼn nagwaak vir hul leier Julius Malema, gehou op die vooraand van sy bedrogverhoor.
Die verhoor gaan na verwagting Dinsdag by die Polokwane-hooggeregshof afskop en is geskeduleer vir 30 September tot 31 Oktober.
Die geskorste voormalige leier van die ANC-jeugliga staar aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary in die gesig. Malema en sy medebeskuldigdes het hulself glo valslik voorgedoen aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo wat daartoe gelei het dat ʼn tender van R52 miljoen aan Malema se projekbestuursmaatskappy, On-Point Engineering, toegeken is.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig ekstra polisie is by die hof ontplooi om die situasie dop te hou. Daar is ook ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die Seshego informele nedersetting, waar Malema grootgeword
hul glo mos die tokolosie sal hul help, absurd
Iemand moet tog in die ouens se ore fluister – ‘n Nagwaak is ‘n Ierse tradisie en gewoonlik by ‘n lyk.
Miskien is hulle vorm van die nagwaak ‘n profetiese optrede. Wie weet.
Wens hulle het ‘n propperse nagwaak gehou! Soos die soort wat hulle in Ierland hou?!