Groepie hou nagwaak voor Malema-bedrogsaak

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Klein groepie lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandagaand in Polokwane, Limpopo, ʼn nagwaak vir hul leier Julius Malema, gehou op die vooraand van sy bedrogverhoor.

Die verhoor gaan na verwagting Dinsdag by die Polokwane-hooggeregshof afskop en is geskeduleer vir 30 September tot 31 Oktober.

Die geskorste voormalige leier van die ANC-jeugliga staar aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary in die gesig. Malema en sy medebeskuldigdes het hulself glo valslik voorgedoen aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo wat daartoe gelei het dat ʼn tender van R52 miljoen aan Malema se projekbestuursmaatskappy, On-Point Engineering, toegeken is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig ekstra polisie is by die hof ontplooi om die situasie dop te hou. Daar is ook ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die Seshego informele nedersetting, waar Malema grootgeword

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nic van rensburg ·

Iemand moet tog in die ouens se ore fluister – ‘n Nagwaak is ‘n Ierse tradisie en gewoonlik by ‘n lyk.
Miskien is hulle vorm van die nagwaak ‘n profetiese optrede. Wie weet.

veronica ·

Wens hulle het ‘n propperse nagwaak gehou! Soos die soort wat hulle in Ierland hou?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.