Grond by Silver Lakes, Boschkop in Pta ‘beset’ – Sakeliga

Een van die persele in die ooste van Pretoria waar grond die afgelope ruk beset is. (Foto: Sakeliga)

Die organisasie Sakeliga sê grond is sedert die begin van vanjaar onwettig by Silver Lakes en Boschkop in die Tshwane-metrogebied beset en waarsku mense om waaksaam te wees teen dié soort optrede.

“Die afgelope week het groepies grondbesetters, wat sê hulle is van die EFF, probeer om grond van ontwikkelaars noordoos van Pretoria te beset. Grondbesetters het op verskeie terreine by Silver Lakes en Boschkop toegeslaan en ‘erwe’ op die eiendomme probeer skoonmaak. Hulle noem hierdie toekomstige nedersettings selfs ‘Winnie Mandela View’, met blykbaar minstens drie uitbreidings daarvan,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

Hy sê die polisie se optrede en regstappe het die proses tot dusver grootliks gestuit.

Taktiek om grond te beset

Sakeliga sê dit blyk dat grondbesetters verkenningsprosedures volg om onbewaakte grond te identifiseer voordat hulle permanente strukture begin oprig. Grondbesetters doen oënskynlik eers dié verkenningswerk om die reaksie van eienaars en wetstoepassers te toets.

“Die grondbesetters identifiseer dan ʼn eiendom, begin om plante en materiaal te verwyder en volg dit op met die uitlê van persele vir besetting. As eienaars of wetstoepassingsowerhede reageer, beweeg hulle na ʼn ander gebied, totdat hulle reken dat ʼn gebrek aan onmiddellike reaksie vir hulle tyd sal bied om permanente strukture op te rig.”

Die organisasie sê die grondbesetters beweeg vinnig. “In hierdie geval kon grondbesetters die swaar reën in die gebied vermy deur pad te gee en oor etlike dae herhaaldelik na besette eiendom terug te keer. Hulle hou waarskynlik ook boumateriaal op hierdie alternatiewe persele gereed, wat hulle gebruik slegs wanneer hulle tevrede is met die gebrek aan reaksie van ʼn eienaar of wetstoepassers.”

Waaksaamheid

Le Roux sê groot waaksaamheid is nodig om grondbesettings te voorkom.

“Hier aan die begin van 2020 word dit al hoe belangriker vir ontwikkelaars, boere en ander grondeienaars om hul eiendomme fyn dop te hou. As grondbesetters eers permanente strukture opgerig en hulle op ʼn stuk grond gevestig het, word dit geweldig ingewikkeld en duur om hulle daar weg te kry,” waarsku hy.

Hy stel voor dat eienaars hul grond deurlopend monitor en sê onwettige besettings het eindelik ʼn uitwerking op die hele gemeenskap.

Sakeliga se aansoek by Konstitusionele Hof

Le Roux sê Sakeliga gaan volgende week aansoek doen om as amicus curiae (vriend van die hof) toegelaat te word in die EFF se saak in die Konstitusionele Hof teen die direkteur van openbare vervolging (DOV) en die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling.

Die saak handel oor die strafregtelikheid al dan nie van aansporing tot grondbesetting en die omvang van die misdryf van oortreding.

Sakeliga sal die DOV en minister steun in hul betoog dat artikel 18(2) van die Wet op Oproerige Byeenkomste nie net grondwetlik is nie, maar ook van groot belang vir die handhawing van wet en orde. Sakeliga sal ook argumenteer teen die EFF se aansoek vir verklarende regshulp rakende die Wet op Oortreding.

“Ons meen dat Julius Malema en die EFF die vryheid wil kry om mense tot grondbesetting aan te spoor en regsoptrede teen grondbesetting geweldig ingewikkeld en duur te maak. Hulle wil iets wat in wese misdadige optrede is, wettig laat verklaar onder die sluier van spraak-, bewegings- en politieke vryheid,” sê Le Roux.

“Die poging om die toepassing van die Wet op Oortreding lam te lê, is klaarblyklik daarop gemik om privaat eiendomsregte te verydel en grondbesetting te steun.”

Die saak word na verwagting volgende maand aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

André André ·

En Cyril blaas onverantwoordelik die vure aan met sy boodskap van grondondeiening sonder vergoeding wat hy by elk van hul geleënthede, soos ook nou weer vandag in Kimberley propageer het, maar dan sê hy dit moet ordelik geskied. Hy is net soos Julius wat met woorde speel, maar dan kry hul ondersteuners die boodskap dit hy eintlik vir hulle die groen lig gee. Dit is maar niks anders as wat die ANC self met wetgewing of regulasies doen nie, hulle toets eers die water en as hul dade of voorstelle nie te veel rimpelings veroorsaak nie, byt hulle die stang vas en strom kop omlaag voort.

Andre ·

En dit is net die begin die brul paddas is stadig besig om te brand in die kook water. Miskien moet mense hulle oë begin oop maak.

PJC ·

As ń mens eiendom besit moet jy sorg dat jy op hoogte bly met wat daar aangaan. As jy nie weet nie het jy waarskynlik te veel geld en/of grond. Hierdie is die nuwe SA en ń mens moet waaksaam wees.

sarel ·

ons wittes is 2% van die bevolking by 2030.ons tyd is amper op

Antoinette Keyser ·

So baie mense het al daardie frase gebruik: Ons tyd is byna op. Ek sou graag wou weet wat presies daarmee bedoel word. Is dit die tyd van sg “blanke suprioriteit” wat byna verby is, of vrees mense dat alle blankes uitgewis gaan word, of is dit bloot neusie verby vir Afrikaner tradiesie?

My persoonlike mening is dat mens sal moet begin kies tussen menswees en tradisie. Presies hoe lank wil sekere blankes nog die septer swaai m.b.t. grondeienaarskap, bv? Dit terwyl soveel ander blankes byna niks het om op terug te val nie bloot omdat hul ouers niks aan hulle nagelaat het nie? Ek glo dat ELKE burger in die land daarop geregtig is om ‘n stukkie grond te besit. Maar die “hoofgrondeienaars” in die land, aka ryk boere wat aan aan hul oorvloed van onbewerkte grond vasklou net omdat hulle die titelaktes besit, maak dit vir die grootste deel van SA se mense onmoontlik… en vernietig so baie se reg op menswaardigheid.
Dis my opinie.
Goeiedag
Antoinette Keyser

Walter ·

Ek stem saam Sarel. Teen die einde van die eeu sal hier beswaarlik 500 000 wittes woon, wat die definisie van wit ook sal wees. Die meerderheid sal ouerig wees. Teen 2150 sal minder as 20 000 hulself as wit klasifiseer. Dis die realiteit.

pan ·

Die media en joernaliste wat net hulle sienings het oor n sitsuasie is ons grootste vyand vandag.

Elizabeth ·

Raak van ekstra eiendomme ontslae.Staat sal dit sien as ekstra en beslag lê daarop. Belê jou geld oorsee. Nou met moontlike oorlog probleme oorsee weet ek ook nie so mooi nie. Ons moet bid dat ons Vader ons kom haal asap.

Frederick Potgieter ·

Indien Sakeliga beweer dit is sedert die begin van die week al braet, hor is dit dat die Boschkop polosir wat net om die.draai in Boschkop lê nie daarvan bewus is nie. Tweedens is ek van me ing dat Sakeliga men Silverlakes mense se emosies speel want dit is langs die Coca Cola fabriek op die ou Bronkhorstspruit pad. n Beter aanduiding van ligging sou tussen Boschkop en Mamelodi wees aangesien dit presies is waar dit is. Silverlakes word nou in die storie in gebring om mense op loop te jaag. Komaan Sakeliga julle kan beter as dit doen. As julle subskripsie geld soek doen dit op n professionele manier en nie deur mense.die.skrik op die.lyf te jaag nie. Ek het vandag die saak aan die Boschkop polisie gerapporteer en hulle sou 11h00 vm (Sondag) n vangwa uitstuur om te gaan kyk.

Silverlakes inwoner ·

Indien Sakeliga beweer dit is sedert die begin van die week al beset, hoe is dit dat die Boschkop polosie wat net om die draai in Boschkop lê nie daarvan bewus is nie. Tweedens is ek van mening dat Sakeliga met Silverlakes mense se emosies speel want dit is langs die Coca Cola fabriek op die ou Bronkhorstspruit pad. n Beter aanduiding van ligging sou tussen Boschkop en Mamelodi wees aangesien dit presies is waar dit is. Silverlakes word nou in die storie in gebring om mense op loop te jaag. Komaan Sakeliga julle kan beter as dit doen. As julle subskripsie geld soek doen dit op n professionele manier en nie deur mense die skrik op die lyf te jaag nie. Ek het vandag die saak aan die Boschkop polisie gerapporteer en hulle sou 11h00 vm (Sondag) n vangwa uitstuur om te gaan kyk.

Silverlakes inwoner ·

Skaam julle Sakeliga. Die ligging is tussen Mamelodi en Boschkop Road op die ou Bronkhorstspruit pad, net langs Coca Cola. Is dit dalk n taktiek om Silverlakes se inwoners emosioneel af te takel om die indruk te skep dit is op ons voordeur? Wat wil julle daardeur bereik deur te se dit is by Silverlakes? Maroela moet maar ook die fake nuus stories varifieer voor publisering. Hoekom het Sakeliga nog nie die aangeleentheid by die Boschkop polisie net om die draai gerapporteer nie? Ek het die vandag, Sondag die 12de, telefonies uit die Kaap uit gedoen. Hulle is salig onbewus van julle besetting storie. As julle wil adverteer Sakeliga doen dit op n ander en beter manier en nie om Silverlakes se inwoners die skrik op die lyf te jaag nie. Soek subskripsies op n beter professionele manier.

Boschkop ·

Dit het al lankal verder as Coca Cola beweeg. Dis teen die Boschkop afrit ook al afgemeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.