Grond: ‘Politieke lawaai is gevaarlike wapen in ʼn demokrasie’

Argieffoto

Grond en die besit daarvan het ʼn uiters emosionele maar ook ʼn diep verdelende kwessie geword, aldus die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê hy waarsku al ʼn geruime tyd dat uitsprake oor grond wat nie met groot verantwoordelikheid en omsigtigheid hanteer gaan word nie, verreikende gevolge gaan hê.

Jaco Schoeman, sameroeper van die groep, het gesê die ANC se 54ste konferensie by Nasrec het dié punt bewys.

Die ANC het tydens ʼn mediakonferensie by die ANC se 54ste konferensie in Johannesburg gesê hulle sal voortgaan om wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet aan te bring wat die onteiening van grond sonder vergoeding sal bewerkstellig.

“Grond het weer ʼn politieke speelbal geword, maar in stede daarvan om die fout vir die mislukking van grondhervorming elders te soek, word voorspraak gemaak om die Grondwet te wysig en grondonteiening sonder vergoeding in te stel,” het Schoeman bygevoeg.

Hy het gesê die nuutverkose ANC-president, Cyril Ramaphosa, se versekeringe dat die ekonomie nie geskaad moet word nie, skiet ongelukkig ver te kort. “Die realiteit is dat die ekonomie reeds steier onder politieke leierskapstekortkominge en beleidsonsekerhede. Die nuutste voorstelle verhoog die druk binne die politieke drukkoker en skep net nog meer onsekerheid en nog meer polarisasie.”

Aldus Schoeman word politieke retoriek gebou op die mite dat grondbesit armoede gaan aanspreek. “Die harde werklikheid is dat armoede net nog verdere gaan toeneem, want dit is die aktiwiteite wat op die grond plaasvind wat meer waardevol is as die grond self. Die staat is egter doodeenvoudig nie gerat om die waardeketting bo die grond te ontgin en mense op die wyse te bemagtig nie.

“Die ander mite is dié oor gronddiefstal. Soos wat dit gepropageer word, is dit feitelik krimineel vir ʼn wit persoon om grond te besit, ‘want dit is onregmatig bekom deur die bevordering van ʼn eensydige geskiedenis’. Dit, saam met die aanslag teen boere met plaasaanvalle, plaasmoorde, droogtes en die ekonomiese wanbestuur van die regering wat die rand laat struikel, maak dit reeds vir boere bykans onmoontlik om ʼn bestaan te voer.”

Schoeman voeg by baie gesprekke is al oor die jare gevoer en daar is nie ʼn onwilligheid om grondbesit aan te spreek nie. “Die syfers waarop grondbesit gebaseer word, is egter ook ʼn verkeerde vertrekpunt, want nog steeds ná al die jare en na vele versoeke, is daar nog nie ʼn behoorlike oudit oor grondbesit van die staat se kant af nie. Grondwetwysigings is nie nodig nie. Die staat moet eenvoudig net sy werk doen. Onbevoegdheid moet aangespreek word en korrupsie moet met wortel en tak uitgeroei word. Dit is egter nie gewilde retoriek nie en ander en makliker teikens word voortdurend opgestel. Ons waarsku weer dat dit absoluut noodlottig is om grond as politieke speelbal te gebruik.”

Hy het gesê die Ad Hoc-groep van organisasies sal saam met ander rolspelers die prosesse dophou en sal nie huiwer om dan werklik op te tree en prosesse wat onwettigheid aanmoedig, te stop nie. “Daar moet vinnig sekerheid geskep word en hol woorde om tydelike gerustheid te skep, gaan ons nie oortuig nie. Dit help ook nie om die skuld te verplaas in die proses nie. Die ANC en regering moet verantwoordelik en aanspreeklikheid aanvaar vir die besondere gemors wat gemaak is met grondrestitusie en grondbesit die laaste aantal jare. Ander sondebokke word gereeld voorgehou terwyl die werklike probleme geïgnoreer word. Enige verdere eksperimente met grondbesit hou ʼn ernstige bedreiging in vir voedselsekerheid.”

Schoeman het dit benadruk dat die organisasie nie in weerstand staan teen grond en grondbesit nie. “Dit is omdat ons bekommerd is oor grondbesit en landelike ontwikkeling in Suid-Afrika dat ons nie net kan stilbly nie. Omdat ons lojale Suid-Afrikaners is en omdat ons ʼn baie hoë premie plaas op voedselsekuriteit het ʼn aantal organisasies oor die jare hul ernstige kommer uitgespreek oor die uitgediende ideologiese basis.

“Dit wil voorkom asof die ANC deur sy boelie-taktiek nie self verantwoordelikheid wil neem nie, maar eerder staatmaak op gekontamineerde en verouderde politieke standpunte en uitgediende ideologiese vertrekpunte wat in direkte konflik met die Suid-Afrikaanse Grondwet is. Die vraag moet noodwendig gevra word of dit die begin is van die vertrapping van die Grondwet en die waardes daarin vervat?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Popeye ·

Hey, Zuma, daar is 4 Khoisan leiers op jou voorstoep wat ook met jou wil praat!

Gerrit ·

Daar bewys cr homself want hy is gewoond om alles te kry verniet natuurlik soos die lohnmin aandele die mcdonald aandele ens pleks kyk hy net noord na sy buurland en waar hulle slimheid hulle gebring het.Die minderhede kan nie meer die land meer finansieel dra nie die totale ineenstorting is naby.

LB S ·

Veel te meer so noudat hulle nog vrye toegang tot Universiteite, verblyf en kos ook belowe het!
Dink die fonteintjies sal net aanhou loop….

Eish ·

Uitstekende artikel wat die situasie saamvat.
Te oordeel aan die kommentare die afgelope paar dae, kom hier verseker n bloedbad.

Vermeende ·

Grond is en was nog nooit n politieke speelbal nie, dit is bloot die stok wat gebruik gaan word om die blanke by te kom. Dit is die verskoning om blankes te vermoor.
As dit regtig gegaan het oor ongelykhede in landbou dan sou die regering al lankal landbou opleidingsentrum gestig het om sukses te verseker na onteiening maar sulke collages bestaan nie.
Hierdie ding gaan nie oor grond nie maar die rykdom van boere, sy beeste, bakkie en bankrekening.
Die scenario wat ek voorsien is as volg, die staat neem beheer van die reserwebank wat pensioene reguleer en le met wetgewing beslag op pensioene om te infesteer in landbou na onteiening, en dit gaan elke blanke se spaargeld raak vir sy oudag.

Fourie ·

Nog ‘nsaak vir die grondwetlike hof. Al wat ek wil weet is: watter sekuriteit gee jy vir mense as jy vir hulle grond gee? Grondgee in hierdie konteks is emosioneel van aard en voorverkiesing politiek. Dis AL voordeel wat dit inhou.

John ·

Grondgryp gaan nie oor arm werkklose swartes nie, maar oor die onblusbare gierigheid van die ANC-leierskap en hul hogere vriende wat hulle agteraf aanpor, want laasgenoemde weet dis nie ‘n volhoubare droom nie en uiteindelik gaan hulle die bates besit/’bestuur’. Cyril gaan niks doen vir die boere nie. Kyk maar. Hy gaan soos Mandela en almal na hom sy tassie pak en sy dringende buitelandse besoeke bring… dalk ook nog met ‘n nuwe vliegtuig want die oue is mos hoeka kaput.

Johannes Meintjes ·

Daar is tog na mening ‘n postiewe aspek in grondgrypdreigemente. Dit beteken dat Jan en San Alleman en Koos de Boer baie groter erns moet en regtens kan maak ten opsigte van persoonlike weerbaarheid en effektiewe Plaaswagte, Buurtwagte en GPF samewerking. Wat egter nog tekortskiet is beter koppelvlakke met SAW en SAP veterane, kommandostrukture se beginsels en opleiding vir GPF strukture sodat geweldsmisdaad en plaastereur (wel moontlik naspeurbaar tot by sindikate wat moontlik terugkoppel tot op SA regeringsvlakke en selfs buitelands-gemanipuleerde politiek) pro-aktief en effektief die nek insgeslaan kan word as dit eskalerend manifesteer. Dit kom na mening maar neer op effektiewe selfbestuur in ons SA grondvlak gemeenskappe.

Jacques venter ·

Hallo Johannes Meintjies
Jy maak baie geldige opmerkings. Die landelike gemeenskap sal dringend moet saamstaan. Boere wat dit kan bekostig behoort drones aan te skaf wat Gps met koordinate . Wat ook foto’s kan neem

PJC ·

Ek di k nie ń mens moet te veel vertrou op die grondwetlike hof sover dit eiendomsreg betref nie. Hierdie hof is ook al ernstig getransformeer en eiendomsreg kan dalk dieselfde paadjie volg as minerale regte.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.