Grond vir ANC-veterane beloof

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Oudstryders van die ANC se eertydse gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), sal bevoordeel word en plase ontvang as deel van grondhervorming, want die ANC het sy veterane nooit behoorlik vergoed nie.

Só het die senior ANC-LP Tina Joemat-Pettersson Woensdagmiddag in die debat oor die staatsrede gesê.

Dit is die eerste keer ooit dat ‘n senior ANC-lid amptelik sê dat ANC-lede bo ander bevoordeel sal word in grondhervorming, en dit bots geheel en al net die beleid sedert 1994.

Joemat-Pettersson het die stelling baie spesifiek gemaak – nie in die hitte van die stryd nie – na aanleiding van DA-kritiek omdat ‘n bruin boer van Darling naby Malmesbury in die Wes-Kaapse Swartland van sy grond afgesit is toe dit deur die ANC-regering aan ‘n MK-veteraan toebedeel is.

Joemat-Pettersson het ook teen korrupsie uitgevaar maar is dadelik deur die DA-LP Kevin Mileham herinner aan haar rol in die verkoop van Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes tydens die Zuma-bewind. “As jy wonder hoe lyk korrupsie, kyk in die spieël,” het Mileham aan Joemat-Pettersson gesê.

Die minister van justisie, Ronald Lamola, het die middag begin deur te sê in DA-beheerde munisipaliteite word mense wat dieselfde akademiese kwalifikasie as die DA-leier John Steenhuisen (naamlik matriek) aangestel in belangrike posisies, en toe was die gort gaar.

Die DA-LP van Standerton, Angel Khanyile, het presies vertel watter vieslike omstandighede weens ANC-korrupsie, -wanbestuur en -onkunde in hierdie dorp aan die Vaalrivier heers.

Direk ná haar het die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, aan die beurt gekom en tot algemene verstomming aangevoer dienslewering in Standerton is baie beter as in die Wes-Kaap. Hieroor is sy luid deur die DA tereg gewys en uitgelag as heeltemal belaglik.

Die VF Plus-parlementslid Armand Cloete het die situasie onder ANC-wanbestuur in Welkom en Bloemfontein in besonderhede geteken, en die DA-LP Cilliers Brink het Stellenbosch voorgehou as voorbeeld van puik DA-bestuur.

Brink het namens die DA die inwoners van Koster in Noordwes ondersteun wat hul dorpbestuur in eie hande neem.

In sy toespraak het die DA-LP dr, Leon Schreiber gesê hy gaan ‘n wetsontwerp by die parlement indien om kaderontplooiing te verbied.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat die eerste president in die Suid-Afrikaanse geskiedenis geword het om nie die debat oor sy eie staatsrede met sy teenwoordigheid vereer nie, sal Donderdagmiddag repliek op die debat lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Julle ANC sirkus gaan die selfde pad loop as julle slim broers in zimbabwe. Julle gaan by spar en pick pay kom dan is die rakke leeg. Een woord vir julle ANC kommuniste loop VOETSEK

Snowball

MK veterane wat gaan boer…..Zim was presies so, die Zanu PF tjommies en familie van die lot in die regering het plase gekry. 2 jaar dan lyk daai plaas soos ‘n rommelhoop. Al wat implement, gereedskap of struktuur is, en afgebreek kan word, is verkoop en die lande lê verwaarloos want die besproeiingspype is vir skroot verkoop. Êrens staan ‘n 10 ×10m lappie mielies wat vrouens met die hand moet water gee en Ta ‘veteran’ sit op ‘n ou kar ‘seat’ op die deel van die stoep waarvan daar nog ‘n stuk dak oor is, besig om vlieë dood te… Lees meer »

Phil

Hiert dit klink mos bekend. Kom ons gaan kyk bietjie wat het in Zimbabwe gebeur nadat die kaders hul beloofde grond gekry het. Die woord “clueless” kom weer in my verbeelding op.

Jerry

Daars baie om te se maar wat help dit

annie

Dalk is daar groot gesondheidsvoordele in die poel op Nkandla, tensy Zuma dalk ‘n wetenskaplike van formaat is wat die ewige-jonk-bly-towermiddel ontwerp het, want die MK’s is steeds jonk en hups en marsjeer so fluks soos graad-1’s. Dadda kan darem seker nou ook so ietsie van sy eie medisyne proe, of hoe? Daai pensie en plooitjies en stortpet… kort hoeka ‘n ligte opkikker…