Grond vir plaasarbeiders

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Plaasarbeiders in Bathurst en Oudtshoorn is van die begunstigdes wat vandeesweek onder die landelike ontwikkeling en grondhervormingsplan plase ontvang het.

Altesaam R215 miljoen is hierdie week onder die departement se proaktiewe grondverkrygingstrategie goedgekeur.

“Een van die plase wat ons in die Oos-Kaap geïdentifiseer het, Bathurst, gaan as ʼn loodsprojek gebruik word in die 50/50-beleid,” het Mdu Shabane, direkteur-generaal van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê. “Die plaasarbeiders sal in vennootskap met die bestaande eienaar en nog ʼn koöperatief met uitgebreide ervaring in die landboubedryf werk. Die plaas verbou pynappels op 137 800 ha.”

Intussen word ʼn tabak- en lusernplaas in Oudtshoorn aan arbeiders verhuur waar daar ook met volstruise geboer word.

Grond is ook aan vroue, jeugdiges en militêre veterane asook landbougegradueerdes geallokeer wat met vee, vrugte en suiwel boer.

Die departement het ʼn komitee, onder leiding van adjunkminister Mcebisi Skwatsha, wat die aansoeke prosesseer voordat dit aan minister Gugile Nkwinti voorgehou word.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

RSA ·

heel duidelik het hulle nie n benul van hoe groot 137800 ha is nie.

Peet Schabort ·

Die pynappelplasie is 37,1km x 37,1km sou dit vierkantig wees. Nie sleg nie.

Tobie ·

Nou gaan daai groot Pynappel seker in n Apartheids museum omskep word.

Johann ·

O boere plaas geboorte grond…….wanneer kry die wit mense iets wat uit die so genaamde nuwe Suid Afrika val????

Anne ·

so as ons helfte van ons plase moet afgee – dan moet alle besighede in SA seker ook die helfte van hulle besigheid afgee aan werkers …. Hoekom net die boere target???!!!

Winston ·

Besighede is reeds teikens. Ek is van mening dat hierdie pynappels plase ook dadels van sal kom. Weinig sukses maar hoop nog maar hierdie is n beter stap. Eienaar is seker ruim vergoed.

Anne ·

ai soveel onsekerheid in die land… Al wat ons het is om te hoop!!!

NEL ·

Tobie , daai groot pynappel gaan eers met verf besmet word en dan gaan hy afgebreek word want hy kom uit die ou bedeling. Sal graag daai plaas wil sien oor so 5 jaar, daar behoort darem seker een koei aan ‘n ketting te staan en wei. Ek daag die regering uit om vir ons die sukses verhale van hulle grond hervormings in Maroela te plaas……..Nodeloos om te se , daar sal weinig van hulle wees.

Pendoring ·

Mense troos julle daaraan; ongeag die grootte van jou boedel, jy gaan niks saamvat na die Hiernamaals toe nie. Dit gaan egter die ware Hemel wees sonder hulle wat alles kry (steel) omdat hulle voorheen “benadeel” was.

vermeende ·

n Slim man los iets vir sy kinders maar n wyse man los iets vir sy nageslag.
Nee my vriend op my grond sal die bloed loop, myne of syne. Net vat! sal nie so maklik wees nie.

GES ·

Ek stem, dit is nie net vir vat nie en ek gaan ook nie my plaas op ‘n skinkbord aanbied nie.

Jeanette Visser ·

Ja kyk ek weet nie meer nie, kyk daai varkplaas so paar jaar terug wat het daar oorgebly? Net mooi niks, die regering wil net die wit boere van hulle plase af he. Gee hom die plaas dan breek hy die huis af en bou van die sinke vir hom ‘n kaia nie ver daarvandaan nie. Hy plant so drie rye mielies en hou paar hoendertjies aan. Sies dis ‘n skande ons boere het so hard gewerk vir wat hulle plase vandag werd is, al hulle harde en hande werk nou kom vat hulle net oor. Ag nee wat kan ons doen om ons land weer terug te kry? Afriforum miskien ‘n opsie? Weet nie vra maar net.

vermeende ·

As jy vra wanneer is dit besighede se beurt………wel, besighede is al halfpad daar en niemand het dit gesien nie. As jy hier lees en jy het geregistreer vir BEE punte om daai korting op belasting te kry dan is jy en jou besigheid klaar in die net.
Ek stel voor jy probeer om uit daai registrasie te kom en kyk of jy dit regkry.
Mense moet net van een dink kennis dra. Dit is amper onmoontlik om landbougrond op te sny, ek het probeer. Nou hoe gaan hy die helfte van jou plaas kry as jy nie kan opsny nie. Hulle soek nie die helfte van die grond nie, hulle soek jy moet ‘n vennootskap met jou werkers he, hulle 50% en jy 50% in jou besigheid.
Alles wat jy verkoop sal jy met die werkers moet deel, daai bees wat Jannie se skoolfonds betaal die einde van die maand moet nou gedeel word en as jy dit nie doen nie dan steel jy mos van jou vennoot en jy kan die pad gewys word.
Hierdie klomp is nie so dom soos ons dink nie, hulle is meester as dit kom by planne maak om te steel.

BoereBikerBaby ·

dis darm lekker om net te ontvang. Ons wittes het mos nie gewerk vir dit nie. En soos Siener van Rensburg voorspel het, die hongersnood is vining oppad. Plase word GEGEE aan ongeletterde mense en die reen bly weg. O, maar vir hulle sal daar seker plan gesien word vir water ook! – Se maar net. As hulle my huis wil vat, brand ek hom tot op die grond, klaar!

Johannes Meintjes ·

Dit kan waardevol wees om hierdie projekte dop te hou. Kan en wil die mense werklik die rug buig, grond onder die vingernaels beleef, hul arbeiders reg behandel soos die Regering van die blanke boere eis, en produktief boer. Daar is merkwaardige landelike ontwikkeling, grondhervoming en landelike agri-parke asook agri-spilpunte vergaderings en ontwerpe op rekord en in argiewe, maar die betrokke owerhede antwoord nie navrae nie. Baie praat, planne deur duur konsultante opgestel en grootdoenerigheid, – maar laat ons die volhoubare oeste beleef.

Justa ·

Kry net die arme diere weer jammer. Hulle sien hoe die diere vergaan van honger en dors maar doen niks daaraan nie.

Reinhardt ·

Het enige van julle, wie so lief is om te kla, al gehoor van die sogenaamde Gini Coefficient? Gaan Google dit gerus met betrekking tot Suid-Afrika. Ons het n koëfissient van 0.63 in 2011 ontvang. ‘n Waarde van 0 beteken die land is heeltemal gelyk en almal verdien dieselfde. Ons is een van die ongelykste lande met betrekking tot inkomste in die wereld! Dink julle nie dis tyd dat almal begin saamwerk om dit beter te maak nie?

pop ·

Reinhardt klink dit mos of jy niks het nie, so jy gee nie om as ander hulle goed verloop nie

Dan ·

Wat ek graag wil weet is die tyd met Verwoerd het hy sowat 5 tuislande geskep waar nie-blankes kon gaan boer en bly, wat het nou daarvan geword en hulle gun ons dit nie. Nee die blankes mag nie sy eie grondgebied he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.