Grondbesetter aan boer: ‘Die president het gesê ons moet praat’

‘n Skermskoot uit die video.

“Roep die polisie dat hy kom, die president het gesê, as ons soek die wêreld [grond], dan moet ons saam met die plaasman praat, dat ons die wêreld [grond] kry (sic).”

Dít was die woorde van ene Bushie wat Woensdag saam met ʼn groep besetters by ʼn stuk grond in Wesselsbron in die Vrystaat opgedaag het en begin erwe uitmeet het.

Johannes de Villiers, ʼn boer verbonde aan Consortium Beef, het Vrydag aan Maroela Media vertel dat dié konsortium daardie spesifieke stuk grond waarop die poging tot grondgryp plaasgevind het langs ʼn informele nedersetting huur vir weiding.

De Villiers vertel hulle het rook gesien trek en toe na die plaas gegaan omdat hul maar altyd versigtig is vir veldbrande in die winter.

“Toe ek daar kom, kry ek ʼn klomp mense op die gras besig om met klippies vir hulle erwe uit te pak. Sommige het die grond gelig met grawe en ander het kortpad gevat en die gras aan die brand gesteek.”

ʼn Raadslid het glo vir hulle gesê hulle mag daar kom bly. “Kyk, ek praat vlot Sotho en ek het vir hulle vertel hulle kan nie hier bly nie dis private grond en dat daar net anderkant die grondpaadjie munisipale grond is waarop hulle kan bly. Hulle het toe oorgeskuif daardie kant toe.”

De Villiers het intussen die eienaar van die grond en die polisie in kennis gestel van die voorval.

Bushie, glo ʼn voormalige raadslid, het toe by die grond opgedaag met ʼn bakkievrag vol mense. Dit is toe dat die video geneem is. “Ek het met hom gepraat en hy het gesê ons ouers het die grond gesteel. Hy was nie daar om rustig te praat nie.”

Foto: Verskaf.

Die mense het pikke en grawe by hulle gehad. De Villiers en die man saam met hom het onttrek van die toneel en op ʼn koppie gaan staan.

Die polisie het by die toneel opgedaag en toe kom daar ʼn groter skare mense by die toneel aan. “Ek dink hulle het tussen die huise in die informele nedersetting sit en wag. Toe ons daar by die polisie en die mense staan, het dié Bushie vir die eienaar van die grond [wat intussen opgedaag het] gesê ‘jy was al aangeval, ons kan dit weer doen’ hy het dit voor al die mense daar insluitend die polisie gesê.”

De Villiers sê Bushie het ook gesê hy het beeste maar sukkel want hulle vrek. “Dis nou nie op die video nie, want iemand het my gebel toe stop die video. Nou as dít die geval is, kom laat ons jou help om jou beeste gesond te kry.

“Ons werk saam met baie mense. Daar was gister geen aksie op die plaas en nie en sover vandag ook niks.”

Jaco de Villiers, Johannes se pa, ʼn boer wat ook verbonde is aan Consortium Beef, het aan Maroela Media gesê hy wil dit onomwonde stel dat rassisme op die “straathoeke” voorkom en nie tussen boere nie.

“As jy langs ʼn bees staan en jy praat oor jou boerdery is daar nie sprake van rassisme nie. Die landbou oorleef die politiek en ons landbou sal ook die politiek oorleef maar politici, wit of swart of bruin, moet hulle neuse daaruit hou. Die regering probeer net stemme werf en gewilde uitsprake maak.”

Die VF Plus het intussen laat hoor dat hy sal voortgaan met ʼn amptelike klag by die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekommissie vir die oortreding van artikel 16 van die VN se Handves en Internasionale Deklarasie van Menseregte wat private eiendomsbesit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied.

Sers. Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het bevestig sake van betreding en intimidasie word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

“Daar is tans niemand op die toneel nie, net die klippe wat oorgebly het van toe die betreders daar was.”

Hierdie boodskap is duidelik. Ons moet luister na wat nie gesê word nie. Ons as Landbouers moet nie nou lawaai hou die kaarte teen die bors.

Posted by Jaco de Villiers on Wednesday, August 1, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Blommie ·

O weet jy ne, hoe meer dae hoe meer dinge.
Mnr die PRESS… Leer tog jou landsburgers van waaroor die lewe gaan.
Jy kan sommer sien hulle is daar net vir moeilikheid dis al.
Want JY my volgeling hoef nie te werk nie. GRYP en vat dis JOUNE. verder val alles uit die lig uit. Hoe kan jy vir MEER as die helfde van die land gratis KRAG, WATER, LAND, SASSA ens gee. Dis net nie MNR PRESS Ekonomies haalbaar nie. ONS WIT mense is maar n druppel in die emmer wat grond in die laand betref. Leer GROOT asseblief jou volgelinge die belangrikheid van n volhoubare ekonomie.

Hannelie ·

Kyk hierdie land is so in sy dinges in. Hul wil mos nie werk nie, die boer het mos klaar die grond bewerk vir hulle, maar kan hulle met hulle koppe die planne maak wat die boer maak? Eish I rest my case. Die land is seker die grootste sirkus nog.

Celtis Africana ·

Gematigde meerderheid se voet!
n Blanke onderwyseres van Wesselsbron is nadat sy uit n winkel gekom het oppad na haar voertuig toe, toegesnou dat haar plaas gevat gaan word en sy is uit die aarde geloop sodat sy geval het. Die arme vrou het nie eens n plaas nie!
Dit is die gematigde meerderheid se vertolking van die perez se uitlatings.
Dit verleen beslis ook n meer sinistêre vertolking aan die oorsake van plaasaanvalle as wat die akademici aan ons voorhou.
Ons is deur die geweldadigste, demokratiese kwarteeu sekerlik ter wêreld.
Is dit n geisoleerde voorval?
Née, dit is simptomaties van die onderliggende terminale siekte van die helhool!

Snowball ·

Alle eer aan Johannes de Villiers se selfbeheersing….as hy daai vinger so in my gesig sou druk, weet ek wragtig nie. Groot toetse kom vir alle regdenkende, rasionele mense wat nog in hierdie helhool moet oorleef.

gatvol ·

Vat die man na Ramaphosa se plaas hy het baie grond…..
dan kyk ons wat sê Ramaphosa verder…die hele ANC en EFF het grond, laat hulle eers daar begin beset dan kan ons verder praat..

BL ·

Net nog n geval daar gaan nog baie wees. Raak betrokke by organisasies kyk na boerelegioen.co.za. Daar is baie sluit aan by wie jy gemaklik voel, ons moet begin saam gesels en in een rigting beweeg. Raak weerbaar teen misdaad.

HPV ·

Absoluut niks! Ek sien in Bloemfontein se plaaslike koerant blasy 2 Roelf Meyer sê ons verstaan Cyril se aankondiging net nie mooi nie. Met Roelf daar verbaas niks my meer nie.
Groet solank julle grond, Roelf is die beste as dit by hiedie soort van onderhandelings kom!

Snowball ·

Dis waar, mense verstaan nie sy aankondigings reg nie; Ramaphosa se onverantwoordelike uitlatings word deur grondgrypers interpreteer, nes hulle wil….dit pas presies in by die anargie en chaos wat tans heers. Miskien kan Roelf Meyer vir ons stap vir stap verduidelik hoe ons grondgrype en onteiening moet verstaan. Dalk weet hy meer as die ANC self?

HPV ·

Ja Lana, hy het goed geoefen destyds met die weggee van Suid Afrika. Destyds het CR oor hom geloop. Die keer gaan CR dit net so maklik doen.

Johan Barnard ·

Ek dink nie Roelfie het eers die vermoe om n brommer van sy eie bolip af te onderhandel nie

Andrea van Vuren ·

Roelf was FW se skoothondjie by Kodesa. Al die elende van vandag het daar begin.

Cornelius du Rand ·

Dankie weereens aan Oom FW DE KLERK en KIE. Julle wigte en teenwigte beskerm ons BAIE GOED.

Lana ·

Weet nie of ek moet lag of huil nie – daar is net eenvoudig geen verstaan nie, want daar is nie verstand nie.

PJ ·

gatvol kom ek vertel jou wat sal gebeur as hulle ramaphosa se grond wil vat kry hy die Polisie onthou jy Marikana ?

Hoc est bellum ·

Hierdie grondbesetting was vooraf mooi beplan en deurgevoer met die hoop dat mnr. De Villiers sy humeur gaan verloor sodat die skuld op hom gepak kan word, indien iets sou verkeerd loop. Hulle was uitsluitlik daar om konfrontasie te soek en nie grond nie.

Paul ·

Mens sou dink hierdie mense op die platteland en in afgesonderde landelike gebiede weet nie wat in die politiek aangaan nie, maar kyk hoe vinnig tel hulle die boodskap op. Seker maar gemeenskapsleiers, radio en TV, waar hulle dit hoor, o ja en sefone?

Penellope Jones ·

Onderskeidingsvermoe sal seker die belangrikste aspek moet word in hierdie grond-vat-obsessie.

Herman ·

Hier is nou die Afrikaners se laaste toets. Gaan ons saam staan of toelaat dat hulle maar een vir een boer se grond afvat. Net soos hulle een vir een boer op n slag vermoor. en wat doen ons? Ons kla, ons bid ons faceboek en doen alles wat niks gaan help nie. Na meer as 2000 plaasmoordewas daar nog net SWART MAANDAG en dis dit.
Die Here gaan ons nie help terwyl ons op ons rusbank sit nie.
Regtig mense, Koos Kombuis het op n keer bedank as Afrikaner, ek voel al ek wil dieselfde doen. Daar is nog soveel wat ons kan doen voor die land in totale gaos uitbars, maar ek twyfel of ons dit gaan doen. Die wereld weet nou wat hier aangaan, NOU IS DIE TYD VIR NOG N SWART MAANDAG. EEN ELKE MAAND.

Cherokee ·

Herman, jy sal moet duideliker praat en sê wat jy voorstel. Dit help nie om te sê ìemand moet iets doen en te kla omdat nìemand iets doen nie. Maak dan ‘n voorstel want jy stel net voor dat ons moet saamstaan maar sê nie wat ons moet doen wanneer ons saamstaan nie.

Andrea van Vuren ·

Het julle gesien hoe ‘n sterk leier Pieter Groenewald van die VF+ is? Rustig, intelligent en kalm. Ons soek steeds na ‘n sterk leier om na vore te tree. Hy was die enigste wit man wat Malema op sy plek kon sit tydens ‘n parlementere sessie. Kom ons ondersteun hom.

Alida ·

Hulle tart ons uit en wag net tot jy jou mond oopmaak en uit woede die verkeerde goed se of hom n sekere woord toesno dan lag hy te lekker as jy tronk toe gaan. Mense hou julle monde en stap of ry weg.

John ·

Moenie moeite doen nie, die ander ou wat te laat by die plaashek aanland en sien die plaas is reeds beset gaan dit doen. Dit is hoekom daar verwys word na die meeerheid en nie meer na eerste burgers nie, want bewyse is daar baie dat groot dele van SA onbewoon was en omdat daar baie staats- en ander grond is wat uitgedeel kan word. Vergeet nie die gebiede wat Verwoerd uitgedeel het nie. Dit is steeds hulle s’n. So kan die spul ook die VN se kop draai en vat wat voorkom. Hoeveel is die Weste gepla oor die verloop in Zim selfs die chaos en werkloosheid en dat die meeste mense hier uithang. Niks, want hulle soek nie nog rubberbote in hul baaitjies nie.

Ella ·

So het hulle met Kallie Kriel gemaak n paar weke gelede en dit gaan oorwaai.
Ons geduld word tot die uiterste beproef en iemand gaan knak onder al die druk en dan gaan die vonke spat.
Ek weet dis nie die tyd en plek om te vra, maar: waar is Tik Tok Tik Tok?
Ek is bekommerd oor sy/ haar uitsprake n paar dae gelede.
Wanneer gaan ons n landswye gebedsaksie loods om in te gryp en vrede in die land te bring?

Kopinhoud ·

Snowball stem saam.
Jammer maar ons is nie in staat om KOPinhoud te VERANDER VERBETER VERNUWE (N O O I T!!) met PRAATJIES. Lankal BEWYS =(PIET Retief)

Toeka ·

Kyk, ons het gedink Zuma was erg, maar dink bietjie mooi wat het al alles gebeur vandat Ramaphosa oor gevat het. Hierdie seun gaan nog baie probleme in hierdie land, en veral ook vir die minderheidsgroepe veroorsaak. Wolf in skaapklere..

Wikus Hamilton ·

Net nog ‘n voorsmakie van wat ons voorland gaan wees binnekort. Die regering is VERSEKER van plan om grond te onteien, en gebruik hierdie retoriek van grond ook sommer om stemme te werf – twee vliee met een klap. Dis wen-wen vir die ANC, of so dink hulle…

Net een probleem, die massas is nou so opgesweep en in afwagting vir gratis grond dat daar GEEN meer kans is vir omdraai nie. Hul eis wat hul voel hul toekom en indien die regering nie vinnig genoeg die wetgewing verander en aan hul eise voldoen, gaan hul eenvoudig saamdrom en dit met geweld afvat soos en waar hul wil.

Hierdie plan van die regering gaan lelik “backfire” en ons land groot skade berokken. Dis tyd om planne te maak mense, die moeilikheid kom!

Wayne ·

Ek stem saam ons sal moet bitter vinnig plan maak en n vreeslose leier kry.

Mickey ·

Wickus Hamilton ek stem saam met jou. Daar is groot moeilikheid oppad. Ek glo as die paw paw die fan strike sal die mense automaties by mekaar kom en saam staan.

Andrea van Vuren ·

Onthou julle nog hoe Jannie Smuts destyds oproeriges beheer het? Gaan lees die geskiedenis.

Haan ·

slimjannie Smuts het dit ter ere van die Engelse mynbase gedoen. Jannie Smuts was ‘n agteraf swernoot. Moenie net die geskiedenis lees nie, maar VERSTAAN hom ook. Dit was immers ook onder ou slimjannie wat Alfred Milner en die mynbase vorendag gekom het met “Die Nuwe Suid Afrika, met Apartheid as een van die hoekstene… in 1910

Mickey ·

En Jacques ons almal wou nog altyd planne maak maar almal weet ook daar is nie altyd veel wat mens kan doen. Dit voel op die oomblik of ons hande afgekap is maar dit is nie te laat nie. Die tyd is nog nie reg nie. God sien al klaar die groter prentjie en ons moet geduldig wag. Almal gaan nog saam staan en iewers daar buite is reeds n leier gebore.

Jacques ·

Mickey, ek hoop jy is reg maar my gevoel is dat ons vir ons n tipe tuisland ( bv. Wes Kaap ) moes geskep het voordat de Klerk die land weg gegee het onder druk van die wereld wat verseker nie die gebeure van die res van Afrika dop gehou het nie

Gerhard ·

Ek skud net my kop as ek sulke goed lees. Glo die man regtig die landbou gaan die ANC se politiek oorleef? My ou maat, weet jy wat in Zim gebeur het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.