Grondbesetters dreig AfriForum en media met petrolbomme

Besetters by die sinkhuis waar erwe na bewering verkoop word. Foto: AfriForum

’n Groep onwettige plakkers het die verteenwoordigers van die burgerregte-organisasie AfriForum en ’n mediaspan vroeg Maandagoggend met onder meer petrolbomme gedreig toe hulle ’n mediaonderhoud op ’n grondeienaar se plaas net buite Pretoria, wat tans onwettig beset word, wou doen.

Hierdie stuk grond tussen Soshanguve en Onderstepoort, wat aan dr. Motodi Maserumule behoort, is verlede week Maandag deur ongeveer 150 mense oorgeneem waarna hulle onwettige sinkhuise begin oprig het. Volgens Cameron het die besetters verlede week baie vinnig ’n sinkhuisie met die woord “Office” op opgerig en is daar begin om erwe teen R500 stuk aan lede van die publiek te verkoop.

Volgens Cameron het Maserumule aanvanklik gesukkel om ’n saak by die polisie te open, maar kon hy saam met AfriForum verlede Woensdag ’n saak van betreding by die polisie aanhangig maak.

“Teen verlede week Vrydag was hier seker so 30 strukture opgerig, maar oor die naweek moes hulle baie besig gewees het, want hier is nou al seker ’n honderd sinkstrukture opgerig en hier is baie meer mense,” het Cameron aan Maroela Media gesê.

Afriforum het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria ’n dringende hofbevel bekom om die onwettige plakkers te verwyder. “Toe ons vanoggend daar kom om ’n media-onderhoud te doen, was dit aanvanklik rustig, maar toe word dit baie vinnig lelik. ’n Groep mense het op ons voertuie afgestorm; van hulle het met pangas en selfs vuurwapens gestaan en gedreig. Daar is toe aan ons gesê dat indien enige iemand hulle gaan probeer keer, hulle met petrolbomme gegooi gaan word. Toe hulle klippe begin optel om ons voertuie daarmee te gooi, het ons gery.”

Volgens Cameron moet die hofbevel deur die balju aan die grondbesetters en die SAPD beteken word, waarna die polisie dan verplig sal wees om die balju by te staan om die onwettige plakkers van die grond te verwyder.

Foto: AfriForum

“Volgens ons kennis gaan die balju vanmiddag na die plaas toe om die hofbevel aan hulle te beteken. Die situasie is egter baie gespanne en ons is nie seker hoe die balju se aankoms die situasie vererger nie,” het Cameron gesê.

Die betrokke polisiewoordvoerder het aan Maroela Media gesê hy is nie bewus van hierdie grondgryp nie. Maroela Media wag op kommentaar.

Foto: AfriForum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Irma ·

Al die verskillende gebeure en berigte laat my wonder, is dit net EFF betrokkenheid wat ons sien of is hier 2 paralelle ‘regerings’ ? Die ou zupta bemadering en daarteenoor CR en sy ondersteuners se benadering ? Terwyl eersgenoemdes so by die name genoem word met die ondersoeke, is dit deel van hul agterbakse destabilisering van alles?

Lynette ·

Waarom word die een wat in die “Office” die grond verkoop nie gearresteer nie. Hy is mos besig met onwettige transaksies!!!! Die SAP is pateties!!!! Voor ek gestenig word, ek weet daar is goeies. Ek praat van die wat nie hulle werk kan of wil doen nie.

Pieter ·

Dis mos nou wanneer die eienaar moet gaan “voorbrande op sy stuk grond gaan doen, dis mos wettiglik sy grond,n bietjie petrol om die vuur aan te help sal nie skade doen nie.

Bertus ·

Die feit dat die polisie “bewusteloos” is, is ‘n duidelike boodskap dat die regering hierdié diewe ondersteun en hul aksies goedkeur.

Elena Wentzel ·

Petrol bomme, wapens op mense rig?Dit is tipiese terroriste taktiek, is dit nie? Dit is onwettige betreding, hulle kan op hul koppe stn! Dit is wat dit is en hul kan maar hul R500 groet!

Ralph ·

Hierie hele ding is n absolute bol rubish.
Betreding is betreding en dis n misdryf. SAP Moet dadelik optree. Weereens politieke inmenging met die reg.

Grysburger Pretoria ·

My vooruitskatting is dat die polisie die hofbevel gaan ignoreer en nie ‘n vinger gaan lig om die grondeienaar te help nie.

huhh? ·

Ek verstaan nie. Ek weet dit is die wet maar hoe kan iemand op jou grond plak maar jy moet hofbevele kry om hulle van jou grond af te haal. Hoekom???

bollie ·

Want jy mag nie die reg in eie hande neem nie. As dit so was sou dit aanleiding gee tot totale chaos.

Stadmuis ·

100% van niks is nog steeds niks. Lyk my dit gaan nog ‘n hele ruk vir mense vat om dit uit te werk. Daar is niks wat die volgende “office ondernemer” keer om daardie grond weer te verkoop nie iemand anders nie. Wonder wat gaan die besetters dan doen? Seker maar Afriforum toe… :-)

Heinrich ·

Haha, julle moet maar pasop, jy kan nie sommer net in enige ou se kantoor instap nie.

jaco ·

kan iemand verklaar waarom die grond van hulle mede swart rasgenoot beset word? Iets maak definitief nie sin nie.

Elle ·

Winnie Mandela het mos destyds gesê…
“With our matches we will liberate this country…”

Driekie ·

SAP lede is bang vir die oortreders!! Dit word elke dag gesien.
Oortreders voer n skrikbewind in ons land!

Gerhardus Swanepoel ·

Dit is nie betreding volgens my nie!!! Dit is diefstal van privaat grond wat hulle vir hulle vat sonder toestemming!!! En as hulle mense met die dood dreig moet hulle onder die lood gesteek word!! As dit toegelaat word is almal se grond mos nou almal sin!!! Dan kan ons ook mos op enige plaas vir ons n stuk grond gaan afpen en begin bou!!? ??of hoe??

Anoniem ·

Ek raai dat die Rooi Miere uiteindelik ingeroep gaan word im die sakie uit te sorteer. Dankie tog dis nie ‘n wit boer se plaas nie, want dan kan dir raskaart nie gespeel word nie

Conrad ·

1 KRONIEKE 4:10
Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

Izak ·

Die grondeienaars kan in oorleg met die baju reel dat organisasies soos die boerelegioen bystand verleen in die uitsetting van die onwettige besetters.

LB S ·

Sodat die Boerelegioen weer as rassiste uitgemaak kan word? Dit is ‘n swart boer, laat ons nou sien wat die Regering en SAPD nou daaromtrent gaan doen.

Max ·

Die skuldiges is hier die arme onkundiges wat dink hul kan grond koop teen R500. As die ‘kopers’ nie saamspeel nie, is daar geen probleem nie. Maar iemand het die arme klomp goed gelowiges ‘n storie gespin waarvoor hulle geval het. Leer die mense dan nooit nie?

Theresa ·

Nee wat. Hier is nie meer “onskuldiges” nie. Hul word lekker opgeswiep en nonsense vertel, maar kies om dit te glo.
Hierdie is ‘n volskaalse misdaad met mense wat kies om krimineel op te tree.
Vat die arrogante mens vas wat sy kantoor (sies man) opgerig het en so ook elke een wat dreigend optree teenoor wetsgehoorsames. Maak ‘n goeie voorbeeld van hierdie geval. Daar is reeds ‘n tegniese resessie. HIerdie tipe sotterny gaan binnekort die land sink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.