Grondbesetters neem Kaapse parke oor

Onwettige grondbesetters het hul intrek hul intrek op twee parke in Wallacedene in Kaapstad geneem (Foto: City of Cape Town via Facebook)

Onwettige grondbesetters het Woensdag hul intrek op twee parke in Wallacedene in Kaapstad begin inneem. Die Stad Kaapstad het Donderdag in ’n verklaring die onwettige besetting van parke en vernietiging van die infrastruktuur veroordeel.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê in die verklaring lede van die Wallacedene-gemeenskap het by die park in Matobyele-straat opgemerk hoe die onwettige besetters die grond skoonmaak en afmerk.

Badroodien sê beamptes van die departement van parke en ontspanning het onmiddellik na die terrein uitgegaan. “Hulle het op ’n aantal besetters afgekom wat reeds besig was om pale op te rig ter voorbereiding van die oprig van meer as 30 informele behuisingstrukture,” sê hy.

Volgens Badroodien het grondbesetters op dieselfde dag ook op ’n ander nabygeleë park in Gumedestraat, Wallacedene, toegeslaan.

Luidens die Stad se verklaring, is die klimrame waarop kinders speel, wat permanent in die parke staan, gedurende die dag verwyder en in die straat geplaas. Die klimrame is in die proses erg beskadig. Die departement beoog om dit van die straat te verwyder en in te stuur vir herstelwerk.

Badroodien sê die Stad verstaan die behoefte aan behuising. Hy sê die mooi parke is die Stad se trots. “Ons kan nie die min beskikbare ontspanningsruimtes wat die Stad aan inwoners kan bied, opoffer nie. Parke is ontwikkel om lede van die gemeenskap ’n bekostigbare, toeganklike en veilige buitelugruimte vir ontspanningsdoeleindes te bied.

“’n Verlies aan parke het ook ’n direkte invloed op die geleentheid om fisieke oefening te doen, om groot motoriese vaardighede en sosiale vaardighede te bevorder en algehele sosiale samehorigheid en gemeenskapswelstand te bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Die sprinkaan effek. Neem oor en verwoes en beweeg aan na volgende orde.
Hierdie is gevolge van onbeheersde migrasie van Ooskaap na Weskaap agv ANC wanbestuur in Ooskaap asook onbeheersde bevolkingsaanwas. Kaapstad Stadsraad moet moet hard optree om orde te handhaaf asook gemeenskappe moet hul gebiede streng moniteer

Scalla ·

Kopdoek het dan gese dat grondbesetters nie in die winter verwyder mag word nie.

Maritza ·

So sy sal nie bekommerd wees as hulle voor haar huis tent opslaan nie?

Andre ·

Almal doen net wat hulle wil.Verwyder en vernietig die park sodat jy daar kan kan huis opsit en bly.Net in SA.

Pieter ·

Maklik, stootskrapper. Ons moet betaal so hulle kan ook en of hulle Anc beter vinnig vir hulle ordendlike huise gee. Die sink goed is n pot…… Kom ons laat almal by Zuma gaan oprig,

Piet ·

Sou presies dieselfde gedoen het as ek en my gesin geen heenkome gehad het nie. Ons kan nie parkies bekostig as mense nie dakke oor hulle koppe het nie.

Thea ·

Ek sien nerens in die berig wat hulle nou omtrent die strukture gaan doen nie? Of lees ek dit mis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.