Grondbesetters sak op wildreservaat toe

Die toneel naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die toneel naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die polisie is tans op die toneel by die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat, noord van Pretoria, waar onwettige plakkers glo begin het om huise op private grond op te rig.

Riaan Olivier, hoof van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het aan Maroela Media gesê die plakkers het Woensdag by die stuk grond naby die Lodge opgedaag, begin bome afkap, plante uittrek en die grond begin gelykmaak om hul huise daarop te bou.

“Hierdie is privaat grond wat aan die eienaar van Kwalata Lodge behoort. Die stuk grond word tans nie gebruik nie, maar die plan is dat dit later gebruik sal word vir ‘n sportterrein vir die gemeenskap. Die mense het net hier opgedaag en met die proses begin om hul huise op te rig,” het hy gesê.

Volgens Olivier word gerugte al maande lank versprei dat van die plaaslike inwoners beplan om die grond in die reservaat te beset, maar pleidooie aan die polisie om aandag aan die gerugte te gee, het op dowe ore geval. “Van die mense sê dit is onregverdig dat witmense so baie grond het en hulle nie en daarom vat hulle nou hierdie grond. Ander sê weer die ANC het gesê hulle mag die grond kry. Dit is natuurlik bog. Ons het met ʼn plaaslike ANC-raadslid vergader en hy weet niks hiervan nie.”

Olivier het gesê hy is vanoggend na die polisiestasie met die titelakte van die grondeienaar om ʼn saak aanhangig te maak en die polisie te versoek om die onwettige besetters te verwyder.

Kapt. Sarah Lesabane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die saak is aanhangig gemaak en gesê die polisie vergader tans met ʼn groot groep van die besetters. “Ons is nog besig om presies vas te stel wat aangaan en sal later verdere kommentaar lewer wanneer daar meer duidelikheid oor die situasie is,” het sy gesê.

Die Tshwane Metro Munisipaliteit kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Twee werknemers van die Rooimiere is minder as drie weke gelede doodgemaak nadat hulle deur die Tshwane-metroraad aangestel is om plakkershutte, wat onwettig op munisipale grond in Hammanskraal opgerig is, te verwyder. Nadat talle mense beseer is, busse gebrand, eiendom vernietig en paaie versper is, het die Tshwane-metro besluit om die uitsetting van die plakkers te staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Rina Vermeulen ·

Schalk jys reg dis die begin en die polisie moes dadelik opgetree het want die wet was d oortree. Nou wats dit van eers vergaderings hou oor wat gebeur het. Is dit nie snaaks dat die oneiningswet en dit amper saam begin nie.Dit gaan n instelling word kyk maar. Die owerheid gaan niks daadwerliks daaraan doen nie en wat gaan gebeur mense sal moet opstaan vir hul eindomsreg soos nog nooit tevore nie.

Miemie ·

Daar is oor die 19 000 plase te koop, hoekom koop die regering nie die grond en gee dit aan hulle nie?

Spook ·

Dit gaan ons van nou af meer en meer sien. Dit gaan afloop tot n bloed bad.

Irene ·

Hulle praat van tereuraanvalle maar in sa is daar erger dinge aan die gang en regering sit net en kyk mense maak julle reg vir groot gemors

Schalk ·

Waarskuwings oor tereuraanvalle skrik ons nie meer af nie. n Tereurgroep is aan bewind, niks nuut nie.

m ·

Hallllooooo ons wittes het betaal vir wat ons besit, nie gesteel nie…

NEL ·

Skrif is aan die muur, Hiervandaan sal daar geen keer wees nie . Niemand kan vir kommentaar bereik word nie so in die tussentyd gaan ons aan of dit die beloote land is.

m ·

O ja nog iets, sal graag wil weet of hierdie spul bouplanne ingedien het vir die oprigting van hierdie sogenaamde huise”.

Martie ·

Huh….ons sukkel ons vrek om planne goedgekeur te kry by die raad …dan praat ek nie van planne vir plakkershutte nie….

Mel ·

Goeie Genade nou het ek als gehoor……..dis belaglik, een van di dae sit hul plakkerskampe op ons strande ook op…….ons lewe in chaos

Vleisman ·

Maria ek stem 100% saam met jou. Kry dit wat die plakkers die bangste sal maak om hulle van daardie grond af te kry. Dit is sommer twak hierdie dat mens net moet sit en toekyk dat hulle wat jy met bloed, sweet en trane opgebou het vir hulleself vat! Polisie gaan niks help nie… gee hulle, hulle eie medisyne soos Maria se.

Elize C ·

Hou net ‘n paar volstruise aan op oop stukke grond van jou eiendom, hulle sal nie daar in gaan nie……

Sandy ·

Nee Elize ek stem nie saam nie, as jy weer kyk smul hul l tete lekker aan die volstruis nekkie op jou grond.

jacobus ·

En die SABC het besluit om die soort moles nie meer uit te saai nie. Toevallig né.

Jollie-Jacqueline ·

As jy iets doen in Suid Afrika is jy ‘n rassis.

Willem Els ·

‘n Mens wonder of buitelanders nie sal betaal om so iets te beleef nie.

Apie ·

Die regering besit baie grond maar wil dit nie bewillig nie.Makliker om die blankes se grond te steel.

LIZLE ·

Ag askies my ons het gewerk vir dit. Dit het nie net in ons skoot geval nie. Hulle moet flippen wakkerskrik!

Koos Karoo ·

En die regime se SAPD staan met hande gevou en kyk toe hoe die wet oortree word.

Grap ·

Dit is weereens ‘n rede om Afriforum en Solidariteit te bemagtig deur om hulle finansieel te ondersteun om hierdie tipe anargie te beveg en wat wet ek julle klomp DA ondersteuners hulle gaan niks se of doen nie.

Pieter ·

Ek stem glad nie saam wat hier gebeur nie en glo dit as jy wil dis omdat julle klom draad sitters nie gaan stem nie dat sulke goed gebeur. Klim van jou rusbank en gaan stem, hou op om vir die klein ouens te stem. Die eenigste party wat jou nou kan help is die DA wat jy so aanval.

Hendrik ·

Ja nee Grap ek stem heeltemal saam. Ek sien nie die DA ‘n hofbevel kry teen die plakkers nie. Hulle gaan die plakkers se stemme verloor in die verkiesing. Afriforum sal die ding doen soos hulle die afgelope 5 jaar gedoen het. Die DA het net die sitplekke warm gehou in die raadsale en niks reggekry nie. Pieter is ek nie reg nie? Wakker word Pieter!

Pieter ·

Nee ek dink nie jy is reg nie. Dis die probleem met ouens soos jy. Jy wil vanaf jou rusbank net komentaar lewer. Gaan uit (ek weet dis moeilik) en gaan maak jou kruisie. Kyk hoe goed word die kaap deur die DA bestuur. Ek glo regtig dat daar ‘n verskil kan kom as ons net bietjie saamwerk. Mense op die groepe wil gou praat van God se volk nou kom ek se jou so, maak jy soos God aan Moses gese het: “Kloof jy die see” met ander woorde doen jy bietjie iets van jou kant af. Ja daar is op die oomblik ‘n dal maar ons kan deur dit beweeg en weer bo op daai berg wees. Lekker dag :)

Hendrik ·

Pieter die DA het kom betoog by ons gemeenskap en ‘n baie negatiewe beeld in die wereld ingestuur. Die ANC het ons kom besoek en het juis ons gekompliminteer vir die uitstekende infrastruktuur wat gebou is met ons eie geld. Ons doen iets en trek nie kruisies nie. S.A. is ‘n regstaat en ongerymdhede moet hof toe en burgerregtegroepe is die enigste wat resultate kry in S.A. Dit is duidelik dat jy nie kan tel nie en besef hoe groot is die getalle van die meerderheid nie. Daar is nie ‘n rusbank in my huis nie want ons doen alles self. Dit is hoekom daar nie swart woonbuurt naby ons is nie. Afriforum het selfs Kaapstad gehelp om hul rioolprobleem in Houtbaai op te los. Hoekom het die DA dit nie gedoen nie. Nee wat Pieter gaan doen ‘n bietjie navorsing oor die DA en gaan dink hierdie naweek oor hierdie sakies. Gaan dink prakties en sien werklikhede. Gaan kyk na wyksindelings en gaan kyk hoe die demarcation board wyke ingedeel het onder invloed van die ANC. Dan besef jy dat hierdie demokrasie jou as minderheid gesnoeker het. Onthou as jy die geleentheid kry om te gaan stem is dit nie te se dit is ‘n demokrasie nie. Jy geen net erkenning dat dit ‘n demokrasie is as jy gaan stem. Lig jouself van die rusbank , tv en gaan stem.

DMC de Koker ·

Pieter stem jy maar DA, ek sal nie. Jy pleeg Kulturele, politieke en geloofsselfmoord deur vir jou klomp smurfies te stem. Ek soek nie daardie bloed van ‘n pro-aborsie, anti-Afrikaner/Boer party op my hande nie. Terloops, gaan kyk maar die DA het ook maar korrupte politikuste. Dalk net minder maar daar is. Jy droom regtig as jy dink die DA is die antwoord.

Wigte ·

Wag dat FW se wigte en teenwigte inskop. Hy het ons dan verseker en belowe…

Veritas ·

Celia. Volstruise maak goeie waghonde. Hulle vorm troppies en alhoewel nie aggresief nie, laat hulle hul nie sommer verdryf nie. Die spulletjie kan omgekrap raak as hulle bedreig voel en ‘n mens lelik seermaak. Daarby vang jy hulle nie maklik nie en kan hulle ook nie vergiftig nie. Hoop dit beantwoord jou vraag.

Drien ·

Ons WERK vir wat ons het. Steel nie and er se hard version de geld nie

Johann ·

Hou die ANC, DA en die EFF vir hierdie dinge kwalik. Dit is hulle wat die opswepende uitlatings en toesprake maak.

Rina Vermeulen ·

Schalk jys reg dis die begin van dit en die onteinings wet is dit nie snaaks dat die 2 amper saam begin nie. Mense die polisie moes dadelik opgetree het. Watse vergaderings hou is dit oor wat aangaan hiers klaar n wet oortree. Dit gaan n instelling word en die owerhede gaan niks doen nie of net sagtens optree.Wat gaan kom mense sal moet opstaan vir hul eindomsreg soos nog nooit tevore nie.

Kabous ·

Asb tog…wys my wie gaan opstaan. Ons hoor elke dag mense sè “laat daar nou nog een plaas moord wees” en dan…niks gebeur nie.

Johann ·

Ja,fw en ja stemmers moet nou kom red,ha ha,julle wou mos!

Schalk ·

Kabous, ek hoor wat jy se. Maar wat stel jy voor moet ons doen? By stembusse gaan ons nie n verskil maak nie, ons is dood eenvoudig te min. Verder het die geskiedenis mos bewys ons as blankes kan om die dood toe nie saamstaan nie, ons sal eerder ons stemme in 5 kleiner partye gaan gee as saamstaan en probeer om n verskil te maak. Ons het nie werklik n leier wat vir ons regte op staan nie. Daar is wel n paar wat so wan en dan n hap na n haksteen mik, n groot geblaf opsit en dit is dit. Verder verkies ons om op platforms soos hierdie mekaar aan te val. Ons sal maar ons slae moet vat, geskiedenis het n manier om homself te herhaal, en daaruit kon ons nie eers n les leer nie.

snoefie ·

vuurwapens eerder inhandig as die bietjie moeite doen om bevoegdheid sertifikaat te kry? nie vir n by nie. maar dit was waarop gereken was. eers ontwapen Dan kan daar better gesteel word. Sarah, kom ek jou n prentjie teken van wat aangaan. jou beskermlinge sit huise op ground wat nie aan hulle behoort nie. dit word kwaadwillige betreding genome. met die wet strafbaar. so stuur soveel vangwaens as nodig om die onwettige betreders te arresteer. nie swartes het hulle grond, guise, karre ten duurste gekoop. voor dit was die grond van die swart voorvaders gekoopvir die prys wat die swart voorvaders beding het.

Theresa B ·

Dis siek verby!!!! Hulle doen net wat hulle wil en kom weg met alles en ek is SO moeg vir die witmense het alles. Dis bog man!!!! Kry julle koppe reg. Dit raas erg!!!

John ·

Dit wil voorkom of grondeienaars tot woede uitgetart wil word in die hoop dat hulle hul humeur verloor en fisies optree of na wapens gryp. Dit sou dan die regering ‘noop’ om hardhandig teen die eienaars op te tree. Woede van die betreeders sal opvlam en vlamme sal gedy. Terrorisme sal weereens oorneem. Op die’ wyse sal die regering kamtig hande in die hare sit (as daar is). Een van die redes waarm nuus nie meer gebeeldsend sal word nie, is om bogenoemde tonele nie die wereld in te laat stuur nie. Die ‘sweet little darling of the world’, droombeeld moet voortleef teenoor die van wrede wittes.

Joann ·

Ek het vir 50jr.hard gewerk,12uur skofte vir wat ek het,niks gratis gekry nie,niks demand nie,dus laat hul werk vir wat hul wil he. Maar hul soek werk en bid dat hul nie werk kry nie. Wil nie werk nie.

Susan ·

Die laaste paragraaf van die artikel se alles!! Daar sal nooit teen hierdie oortreders opgetree word nie want hulle onderhandel nie, hulle EIS. En dan maak hulle ook sommer die mense wat inmeng dood want daar kom niks van nie.

Peet J ·

John
Dit is presies wat die regering wil hê wat moet plaasvind dit sluit ook die die moorde op die wittes in asook die aanhoudende diefstal van vee, kabels heinings e.d.m. Die probleem is die Afrikaners wat hulle teen die aanvalle gaan verset se voorland is die tronk, gelukkig is die doodstraf afgeskaf.

Louise ·

Ag siestog, julle dink nie ons moet dalk net eers uitvind of FW nie ook ‘n ou stukkie v.d. grond wil hê vir ‘n ou “huisie’tjie” nie – dat hy kan afstand doen van sy Eiendomme !! En vir die arme verontregte agtergeblewenis te gee, dat hul in meer luuksheid kan leef. Ai tog! Hoe kan hulle nou so v.d. Grond af begin???!!……..Sê vir die besetters WERK vir wat julle wil hê!!!!!!!

Daniélle ·

Onregverdig?! Onregverdig is dat ons ons gatte af werk en werk vir dit wat ons wil hê in die lewe, waar die klomp te sleg is om te werk en net soek en soek en vat wat hul wil hê. Onregverdig is dat diê wat nie werk nie net vat van die wat wel ‘n missie en visie in die lewe het. Uiters belaglik. Die land is ‘n GRAP.

Wiebo ·

Ek het so pas met my suster gepraat wat baie naby Kwalata woon, en alles is rustig en die plakkers is weg. Die nuus laat dit baie erger klink as wat dit is. Ek het ook groot geskrik toe ek die berig vanoggend gesien het.

tessb ·

WIT MENSE BETAAL VIR DIE GROND. WIT MENSE BETAAL BELASING! JULLE MENSE SOEK ALLES NET VERNIET!

Maria van Dieweeck ·

Maroela, mag ek asseblief weet waarom jul my en ander mense se kommentare hier verwyder het ?

arizona ·

@Pieter. Die DA is net so useless soos die ANC. Al wanneer hulle kom help met iets is wanneer die kamers daar is om fotos te neem sodate hulle in die koerant kan pruik. Ek sukkel al 5 jaar met n probleem met plakkers en die DA, na honderde e-poste en oproepe doen absoluut niks nie en die SAP het my verwys na hulle. Nee my ou maat ek glo Afriforum doen baie meer vir die blankes as wat die DA ooit sal kan doen

Hendrik ·

Arizona ek kan sien jy lewe naby die werklikheid en stem saam met jou. Op die rusbank sit en TV kyk vir die DA, om daarna te gaan stem is vir die liberaliste. Om deel te wees van die sogenaamde demokrasie is vir sommiges om elke 5 jaar jou kruisie gaan trek en dan aanames te maak dat jy teruggeveg het soos hulle leier musimane vir hulle voorse op die TV. O ja as jy nie stem nie mag jy nie kla nie.

Pieter ·

Hi Arizona so jammer om te hoor jy sukkel so met hulle. Hoop dit gaan gou beter vir jou. Soos ek al gemeld het, het nie een van die organisasies al iets goeds vir my gedoen nie. Die DA het al, maar dit daar gelaat. Dis so dat jy nie kan kla as jy nie gaan stem nie. Soos ‘n ander person reeds gese het die plakkers is reeds verwyder en ek is bly dat hulle dit reg gekry het. Lewe is te kort om so negatief te wees, wees positief. Dit gaan beter gaan, daar gaan verandering kom ons gaan die beste kry, ens. Wat wil God vir sy volk he: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” (JEREMIA 29:11).

chrisp ·

Pieter.
Ek verstaan jy is ‘n groot DA man.
Kan jy asb die verskille gee tussen hulle beleid en ANC beleid. Indien daar nie is nie kan hulle mos net die ANC beleid beter toepas of hoe?
Sommer ook waar hulle vir Afrikaner regte en erfenis iets gedoen het begin sommer by net een en ek gee 10 waar die DA saam vernietig aan my as Afrikaner of op die minste doodstil is.
Baie dankie Pieter.

Ria ·

Volstruise het in die ou dae gewerk om beeste op te pas want hy kan jou oopkloof met sy middel toon maar ongelukkig werk dit nie meer nie. Hul kom nou in groepe en kap die volstruise se skeen sening af met n panga en dan beteken volstruis niks en moet jy hom doodmaak weens sy beserings. Met my pa se volstruise gebeur paar jaar terug.

John ·

Peet, die ander probleem is dat Afrikaners hul volle termyn moet uitdien en die ‘eienaars’ van Afrika net 6 maande. Hierdie klein besettinkies gaan, sodra ‘n eienaar reageer, eskaleer tot volle plaasbesettings. Die ANC en die EFF is hieroor in kompetisie, wat die probleem soos veldbrand sal laat uitkring. Die Vader behoede ons. Mense wat, bring my roer en vir Fleur al singende aanmoedig, is presies wat die grondbesetters soek… Daar sit meer agter die shack-argitekte as wat ons dink.

Peet J ·

John
Die regering het tot dusver geslaag met plaasmoorde wat deur sy aanhangers stelselmatig op ‘n langtermyn uitgevoer word ek is oortuig daarvan dat hy dieselfde tendens gaan toepas met grondonteiening om die Afrikaner te weerhou van ‘n opstand.

Anoniem ·

Johann. As die nee stemmers gewen het sou dinge in hierdie land erger gewees as nou. En die hele wêreld sou teen ons draai…en hier sou ñ bloed bad gewees het. So hou op klippe gooi na ja stemmers en wees dankbaar. God beskik oor alles en beslis nie net klein groepie mense wat dink hulle is die alfa en omega nie.

Susan ·

13/14 jaar trg het ons reeds met soortgelyke probleme gesit… Volstruise aan gehou sap probeer kry om te help hulle het in massas op gedaag, blanke boere om ons het die meeste verby gery en net na die tyd vrae gevra oor gebeure maar geen hulp asn gebied nie. Later het 7 boere hulp verleen saam met my man en sy een broer. Alles oor riviersand wat hul eou uit haal op ons grond om te verkoop. En die koper wat saam met hul in die nag ons sand kom steel het was n blanke man…. Blankes sukkel om saam te staan. My man en sy een broer het vir lank alleen die fight teen 600 plus baklei staats heining tot op grond af gebreek wat ons van ou bob gesky het. Later het hul volstruise se eiers ge eet en glo my vir di volstruise moes jy bang wees. Laasang verhaal uiteinde was verkoop aan een van hul mense en die boere wat geglo het ons het n volhaar storie beet sit vandag met dieselfde probleem… Hoop huls nou mans genoeg en help mekaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.