Grondbesetters slaan toe op Groot Vyf-wilderreservaat

Twee van die reservaat se leeus. Foto: Dinokengbig5.com

Twee van die reservaat se leeus. Foto: Dinokengbig5.com

Grondbesetters het nagenoeg 1,5km van die Dinokeng-wildreservaat, noordoos van Pretoria, se heining verwoes omdat hulle glo beslag wil lê op die grond.

Die Dinokeng-wildreservaat is amptelik in September 2011 geopen en is die enigste wildreservaat in Gauteng waar die Groot Vyf vrylik op 18 500ha grond kan rondbeweeg.

Alison Odendaal, ʼn woordvoerder van Dinokeng, het Maandag aan Maroela Media gesê die reservaat het Saterdag ʼn dringende hofbevel teen die vermeende grondbesetters gekry nadat hulle Donderdagaand die heining aan die weste kant van die reservaat naby die Ndlovu-hek naby Hammanskraal erg beskadig het. Die persone is glo van ʼn aangrensende informele nedersetting.

“ʼn Groep mense het Vrydag by die beskadigde heining betoog en ook ʼn brand binne die reservaat gestig,” het Odendaal gesê.  Die Rust de Winter-pad is ook naby die St. Camillusskool met brandende bande versper.” Die Tshwane-metropolisie en die polisie se openbareorde-eenheid se hulp is ontbied om die skare uit mekaar te dryf.

Die betogers het Saterdag weer byeengekom en amok gemaak, waarna die interdik bekom is. Die bevel is Sondagoggend aan gemeenskapsleiers van Hammanskraal en Refilwe oorhandig.

“Volgens die interdik mag niemand die reservaat se heining beskadig nie. Ongemagtigde persone mag ook nie toegang tot die reservaat verkry of strukture oprig nie,” het Odendaal bygevoeg.

Sy sê ʼn ondersoek is van stapel gestuur om uit te vind wie vir die dade verantwoordelik is en of daar geld betrokke is. “ʼn Man, wat beweer hy is die voorsitter van Wyk 73 van Sanco (South African National Civic Organisation), het na bewering reeds van die reservaatgrond onwettig verkoop en mense soek nou ‘hul grond’.”

Die man ontken egter enige betrokkenheid.

“Ons is bekommerd oor leeu-aanvalle in die gebied waar die heining beskadig is, en dat stropers toegang tot die reservaat gaan kry. Ons wou die heining regmaak, maar die werkers is met klippe bestook. Pale en drade is ook reeds gesteel. Dit is nou ʼn groot prioriteit om die heining te herstel, maar ons sukkel met mannekrag,” het Odendaal gesê.

Volgens Odendaal sal Piet Venter, voorsitter van die Dinokeng-wildreservaat, Maandag die plaaslike ANC, die polisie, Tshwane-metropolisie en regering toespreek om die probleem en pad vorentoe te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marcell Ferreira ·

Wel as dit die geval is, pak ek nou my goedjies en gaan skop nes by Nkandla… Dis mos ‘n vrye en regverdige land hierdie… Ons hoef nie te werk nie, ons mag bly waar ons wil, solank ons net elke maand duisende vir oom Jan Taks gee, e-tolls betaal en bly gee aan almal wat net “whant, whant whant… En as die groot vyf hulle opeet is dit seker apartheid se skuld, of hoe?

Lisby Henn ·

Dis so jammer dat alles wat nie aan hulle behoort nie te verniel, daars eintlik ‘n baie beter wooed. Mag die olifante hulle sommer stormloop en die leeus hul honger lus.

Nika ·

Moenie die heining regmaak nie.Laat net ‘n leeu daar naby brul,dan kyk julle hoe gou maak hulle die gat in die heining toe.Barbare!

Ardu ·

Lok maar die leeutjies nader, dan sal hulle (die ANC kiesers) miskien weghardloop. Die regerende party moet maar besef, beleggers gaan draaie loop om SA as die piesang-republiek so aangaan. Hulle (ANC) se mos hulle soek beleggers in SA. “The proof is in the pudding”

Gert ·

Ek is n’ Bloubul ondersteuner maar in hierdie geval skree ek vir die Leeu’s “Vat hulle manne!!!!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.