Grondbesetters steeds in reservaat; paaie afgesper

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Vermeende grondbesetters naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria, het Vrydag glo ʼn openbare pad wat deur die reservaat loop met klippe afgesper, bande aan die brand gesteek en voortgegaan om bome uit te kap op die grond wat hulle wil beset.

Maroela Media het vroeër berig honderde inwoners, vermoedelik van omliggende informele nedersettings, het Woensdag by die stuk grond naby die lodge opgedaag, begin bome afkap, plante uittrek en die grond begin gelykmaak om hul huise daarop te bou.

Riaan Olivier, hoof van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Vrydag aan Maroela Media gesê ten spyte daarvan dat ʼn saak van onwettige grondbesetting by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak is, het die situasie oornag vererger. “Die pad is nou afgesper en jy kan op ʼn afstand sien hoe hulle goed brand. Ek is te bang om nader te ry omdat ek bang is dat hulle my motor met klippe sal bestook,” het hy gesê. “Hulle het ook nou die heinings tussen die stuk grond en die reservaat afgebreek en beset nou van die grond in die wildreservaat.”

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Volgens Olivier sou daar Vrydagoggend ʼn vergadering met die polisie en beamptes van die Tshwane-metro gehou word om ʼn oplossing vir die saak te bewerkstellig. “Ek besef dit is ʼn moeilike situasie. Die hofinterdik wat ons aangevra het sal waarskynlik vandag uitgereik word en as die polisie begin om die mense te verwyder, sal daar beslis betogings wees en kan dinge gewelddadig raak. Maar ons as private grondeienaars sal nie net sit en toekyk hoe ons grond onwettig oorgeneem word nie.”

Olivier het gesê daar is tans meer as 400 besetters op die ongeveer 25 ha stuk grond doenig.

Kapt. Sarah Lesabane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die besetters steeds op die stuk grond saamdrom, maar het gesê niemand het nog begin om hul huise daar op te rig nie. “Die polisie is in die gebied om die situasie te monitor, maar niemand het nog op die grond begin plak nie. Polisiebeamptes sal voorlopig deurentyd op die toneel bly,” het sy gesê.

Olivier het Donderdag gesê van die grondbesetters beweer dat die grond deur die ANC aan hulle gegee is, maar ʼn plaaslike ANC-raadslid het dit ontken. “Ek dink hier is beslis ʼn paar opportuniste in hierdie groep. Hulle wil ook vir hulle ʼn stuk van die grond vat en dit dan vir duisende rande aan iemand anders verkoop,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

M ·

Maar is daar nie ‘n paar leeus en renosters in die omgewing nie!

Riana ·

Ja nee paar honger leeus sal die ding doen. Kyk dat hulle net kan dink hulle kan als vat gaan my verstand te bowe.
Mense waar gaan dit eindig.

Stefaans ·

Wat doen die polisie omtrent beskadiging van eiendom en betreding – dit is tog albei misdrywe?

Ben Spreeth ·

As mens in ag neem hoeveel respek Zuma vir die wet het, sowel as sy misdaadrekord, is hierdie ou misdryfie van mense wat vir of teen hom gaan stem. seker nie te ernstig nie. Enigste wat daaronder gaan ly is die blankes en die haat hy met n passie.

rudi ·

Dis flippen belaglik. Behalwe vir die polisie wat niks doen waar is die DA! Dis nie Zimbabe die nie! Dis eintlik skokkend dat dit toegelaat word! Aangesien die oposisie partye niks doen sal ons almal die polisie moet bel en aksie eis. Weet enige iemand watter polisie kantoor verantwoordelik is vir die onwettige bedrywe?

Rina Vermeulen ·

Hierdie situasie moet fyn dop gehou word dit gaan aanleiding gee hoe sulke sake in toekoms hanteer gaan word.Die blatantheid van die mense se houding grief mens in jou wese en geweld wat daarmee gepaard gaan. Sterke aan grondeienaar al wat u kan doen is om op u regte te staan en hoop die wet regverdig toe gepas sal word.

Elsa ·

Dit is belaglik!!!! Waar het jy gesien jy vat / beset net eenvoudig ander mense se eiendom omdat jy nou besluit het jy wil dit hê! Te hel of dit aan jou behoor of nie, en of jy daarvoor gewerk het of nie. Waar is die eienaars van Dinokeng? Hoekom tree hulle nie in nie?

johann cb ·

As daar nie van regeringsvlak opgetree word nie, gaan sulke voorvalle ongelukkig algemeen voorkom. Die regering skyn dit egter goed te keur met die nuwe onteieningswet wat binnekort realiteit kan word. Die vlak van ongeletterdheid is ongelukkig só hoog, dat dit moeilik is om die begrip “werk vir wat jy besit” aan hierdie mense te verduidelik. Ek twyfel of daar enige begrip is vir die situasie waarin die land homself bevind! Intussen moet ons werkende mense net voortploeter en betaal vir die skade en vergaderings wat ook nie oplossings bring nie. Die land is alreeds byna onregeerbaar, so oplossings is maar dun gesaai. Ons kan net aanhou bid vir diegene in beheer om tot insig te kom. Sterkte aan die grondeienaars en hul gesinne.

Frans C ·

Die ANC se ‘Freedom Charter’ is op 26 Mei 1955 in Kliptown deur ‘Congress of the People ‘aanvaar en is wyd versprei en was dan instrumenteel vir die ANC se reuse oorwinning in 1994.

Daar staan ondermeer in “All shall have the right to occupy land wherever they choose.’.

Die ANC se dilemma is dat dit bots met die grondwet. Maar hoe vertel jy dit vir mense deur wie se stem jy aanbewind gekom het. Tans word daar probeer deur wetgewing om darem iets van die gekkeparadys te bewaarheid deur onteiening en 50-50 boerdery.

Toe ek jare gelede sekretaris was van ‘n party wat as regs beskryf is het mense vir my gesê
‘jy is gek’ dit sal nooit sover in Suid Afrika gaan nie want daar gaan wigte en teenwigte wees wat dit gaan verhoed.Wonder wat sê hul nou.

dries ·

Ja Frans ou FW se wigte en teenwigte. Nou sit ons presies REEDS binne Zimbabwe situasie waarteen die “verkrampte” regses destyds gewaarsku het. Die libs sal egter vir jou vertel SA is besig om reg te kom, pproblem is hy was reg 30 jaar terug

Illa ·

Die huidige regering en sommige van hul teenstanders belowe mos nou al jare vir die massas grond. Ontken is die ANC se wagwoord. Hul dink dat as hul ‘n jaar of wat gelede beloftes gemaak en verwagtinge geskep het, is hul vrygeskeld van aanspreeklikheid as daar nou “onredellik” opgetree word. Hul por hierdie tipe gedrag al vir jare aan deur die onmoontlike te belowe en nie te lewer nie. Hul het in die apartheidsera bewys jy kan die regering dwing om vir jou te gee wat jy wil hê deur middel van geweldadige gedrag, nou kry hul hul eie medisyne en die res van die land sit met die gebakte pere.

Snuffels ·

Gaan lees die volgende berig in die Mail & Guardian oor Safety MEC punts murder accused
28 ANC candiates(verkiesing Aug 16) either convicted of crimes or Facing charges.
Baie insiggewend oor wat besig is om te gebeur hier by ons

Jaclyn ·

Waar kom hulle vandaan? Niemand vra dit nie. Waar kom al die plakkers vandaan? Niemand ondersoek die onnatuurlike swartmens-bevolkingsontploffings in SA nie. Kyk hoe baie swart plakkerskampe word gestig in die Wes-Kaap. Dit was nooit voorheen so nie. Vind asb uit wie plant hulle in SA en waarom. Maak dan ons land se grens toe. SA is nie groot genoeg vir almal in Afrika nie.

Ronel ·

Is daar nie wildediere nie? Stel hul hul eie lewe in gevaar nie.

Mike de Beer ·

Selfs klankopnames van leeus wat brul kan naby aan hulle gespeel word – hulle moet net nie weet dat dit slegs opnames is nie…

sue-ann ·

Nee mense hulle het mooi gaan uitsoek. Sommer gratis vleis by die blyplek….

John ·

400 mense. Hoe kom so ‘n klomp bymekaar? Beplande aksie en kommunikasie. ‘n Opdrag?

Ada Marais ·

Baie jammer om te hoor Die Pretoriusse was jare lank ons bure sterkte

yolanda nelson ·

Sien hoe gaan hulle die leeu loop doen, as daar regtig honger leeus is.

CAB ·

Net n vraag en bietjie onkundig met dit? Waar is die weermag?
Hoekom tree hulle nerens in nie? of is ek nou verkeerd..

Outop ·

Mense, gaan kyk op Google Maps waar die reservaat le. Daar is slegs ‘n pad tussen Hamanskraal en die reservaat. Dit verbaas my dat dit nou eers gebeur. Kyk ook sommer hoe baie ander grond daar is wat hulle kan beset, maar daar is nie bome vir vuurmaakhoud nie. Hierdie is blatante moeilikheid soek

Vic ·

The horse has bolted. Niemand gaan iets doen nie. Daar is net een uitkoms in hierdie saak

Oni ·

Hierdie is ‘n steekproef, as dit nie nou in die kiem gesmoor word nie, dan is die res legio

Elize ·

Hoekom alles brand.ek verstaan nie.dalk kan een van die brandstigters aan my verduidelik hoekom.ek is dom.

Gerhardt O ·

Ek ook Elize. Maar as die “gryp vir almal” begin, daar is baie mense van ander kulture wat noemenswaardig meer bates as my volksgroep besit, soos my goeie buurman byvoorbeeld. So dan vat almal maar almal se eiendom.

Hannes marais ·

Frans jys reg…die HNP het destyds al gewaarsku as de klerk die land gaan oorgee aan die anc hulle die “freedom charter” gaan deurvoer…ek wonder wat se die klomp ja-stemmers..laat ons hoor van julle

John ·

‘n Magtelose polisiemag? Ek dog dan die polisie gaan so saamwerk met die mense op die platteland. Die weermag sal net kom help as witmense nie hulle plase wil oorgee nie … om die besetters te help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.