Grondbesetters steek gebou aan die brand met gesin binne

Argieffoto

Carrie Esterhuizen en haar twee jong kinders was Vrydagmiddag in ʼn koshuis by die Cremona-kaasfabriek in Tshepisong, wes van Johannesburg, toe ʼn groep ontstoke grondbesetters die gebou aan die brand gesteek het.

Carrie se man, Fredrick Esterhuizen, het aan GroundUp vertel dat hy ten tyde van dié voorval al sowat ʼn maand by die fabriek as veiligheidsbestuurder gewerk het. Carrie en haar kinders, onderskeidelik vier en elf jaar oud, was by die huis toe besetters, inwoners van die EbuMnandini- informele nedersetting in Tshepisong, die heining gebreek en die gebou aan die brand gesteek het. Die gesin het nie seergekry nie.

Die inwoners het voorheen probeer om grond langs die fabriek te beset, maar die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) het nog dieselfde dag die strukture wat hulle opgerig het, verwyder.

Antonio Cremona, eienaar van die grond, het in April aansoek gedoen om ʼn uitsettingsbevel. Die saak is in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor en ʼn tydelike uitsettingsbevel wat tot September geldig is, is toegestaan.

“My vrou het gebel en al wat ek kon hoor, was ʼn histeriese gegil. Ek het dadelik huis toe gejaag,” het Fredrick gesê. “Ek kon daarin slaag om my vrou en kinders te gryp net voor een van die petrolbomme in die woonkamer ontplof het.”

Carrie het gesê sy kon die petrolbom ruik terwyl sy haar man gebel het. “Ek het probeer om nie daaraan te dink nie en net daarop gefokus om my kinders uit die huis te kry.”

Fredrick is daarna met sy gesin na die fabriek se kantoor. “Vanuit die kantoorvenster kon ek sien hoe my huis afbrand. Daar was nie tyd om enigiets saam met ons te vat nie; ons het alles verloor.”

Carol Cooke, persoonlike assistent by Cremona, het gesê die brand het onder meer die Esterhuizen-egpaar se identiteitsdokumente en die kinders se skooluniforms en -boeke vernietig. Die besetters het die gebou ingegaan om huisware te plunder.

Die besetters voer aan hulle moet die grond beset omdat hulle nie kan bekostig om meer huur te betaal nie, want hulle is werkloos. Hulle meen die grond staan al 23 jaar lank leeg en dit is ʼn veiligheidsrisiko omdat daar geen heining is nie en die gras lank is.

Cooke sê egter daar was altyd ʼn heining om die grond, maar “die heining is voortdurend afgeruk en gesteel”. Die grond is nie ontwikkel nie omdat dit tot 2015 in ʼn oorledene se boedel vasgebind was.

“Grondbesettings is onwettig, ongeag hoe jy daarna kyk. Om net te vat wat nie aan hulle behoort nie, maak hulle niks beter as die misdadigers oor wie hulle kla nie,” het Cooke gesê. “Om mense met stokke, vuurwapens, klippe, petrolbomme, grawe en pangas te dreig, is geensins beter as die misdaad wat hulle veroordeel nie.”

Kapt. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en brandstigting. Pogings om kommentaar by die grondbesetters te kry was nie suksesvol nie.

Bron: GroundUp (Oorspronklike berig deur Zoë Postman)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

MT ·

Poging tot moord moet ook bygevoeg word op daardie klagstaat!!!

Verbasend ·

Dit slaan my stom dat dit nie daar is nie. Die regering wil ons vernietig en die wereld moet uitvind.

Arrie ·

As jy google gebruik en die internasionale berigte oor die situasie in Suid Afrika lees, sal jy sien dat die wêreld wel weet. Hulle gee net nie om nie, te besig met hul eie probleme.
Jy is op jou eie maat!

JQ ·

Hulle gaan kos en als kry in die tronk, meer as wat hulle nou het…

Om mense tronk toe te stuur in hierdie land is ‘n joke.

Han ·

Ons bid dat God sal ingryp in hierdie voorkoms van geweld en verwoesting. Hierdie dade is barbaars! Dinge kan waaragtig nie so aangaan nie!

hendrik ·

As dit nie n oorlogsverklaring is nie dan weet ek nie wat is nie.

Karen van Zyl ·

“hendrik”, skrik jy nou eers wakker? dit is al lankal. Ons sit hande gevou terwyl ons nasie vermoor word.

PLP ·

Beslis poging tot moord. Die regering moet nou sy hand begin wys en hierdie soort barbaarse optrede begin stopsit. Lewenslang vir al hierdie mense. Geen uitsondering nie

Callie ·

Maroela weier altyd om kommentaar te plaas as jy die brandstigters die naam noem wat hulle is. Witmense word toegesluit vir rassisme as jy hulle noem wat hulle is. Dis mos erger sonde om die wat so optree te noem wat hulle is, as die dade wat hulle pleeg

jack ·

Ek wens ek kon regtig se wat ek van al hierdie afskuwelike gebeure dink wat nou alledaags plaasvind. Wat my te bowe gaan is dat hierdie mense wat aandadig is aan al hierdie kriminele aktiwiteite steeds elke keer stem vir die ANC regering by die stembus. Die land se nasionale regering, provinsiale regering en munisipaliteite is total onbevoeg om hul werk te doen is moet aanspreeklik gehou word vir totale gemors waarin die land himself bevind.

Petronella ·

Die persone wat grond en alles wil oorneem en dan is dit nieel eers hul goed nie moet summier tronkstraf kry. Hul het gun reg tot dit nie

Anoniem ·

Die bittere ironie: volgens die besetters is die stuk leë grond langs die fabriek ‘n “veiligheidsrisiko”.

Dink hierdie wetsongehoorsames dan die veiligheidsrisiko gaan verminder as hulle die grond beset?

Tienie ·

Jy dink maar hulle sit in lalaland. Wake up and smell the roses.

Andre ·

Nou toe nou. Kom Malema en EFF kronies, maak nou julle stemme duk! Kom Cyril, maak nou jou stem duk!
Malema kry nou wat hy wil he…

Lana ·

In dié geval moet die staatsaanklaer beslis POGING TOT MOORD by die aanklagtes byvoeg.
Daar sal meer as 6 mense aangekla moet word. (Kyk hoe groot was die groep).

White Rhino ·

Dit is ramapadda se kookpot.Hy wil he dat dit n gewoonte word.Hy gaan niks daaraan doen nie.

Derrick ·

Hoe verskil hierdie optrede in vergelyking met doodskis twee, behalwe dat hulle iemand wou skrik maak, maar hierdie mense voer dit regtig uit. Tronk toe met hulle.

Wilma ·

Raak wakker mense. Hierie is jog n stuk van Afrika. Als vervalle al reeds

Karen van Zyl ·

“michelle” ons baklei terug dit is wat ons moet doen maar word dit gedoen? nee so…. wakker is daar nie.

Izak ·

Hierdie is die ANC se maaksel. Die huidige moorde en wrede aanvalle op mense en openlike oortreding v d grondwet word stilweg toegelaat. Myns insiens is dit net so erg soos apartheid. Die geskiedenis sal ons oordeel .

Haan ·

Die geskiedenis blyk nog altyd n onregverdige regter te wees. Mag die Waarheid ons oordeel

Michael ·

Hierdie optrede is alles Cyril se skuld met sy vroom praaitjies is hy baie agter af . Hy gaan nog baie probleme veroorsaak met sy beleid.

John ·

Blykbaar moet grond die ANC saambind tot ‘n eenheid en ‘n tweederde meerderheid in die parlement bring en dan is CR se handjies mos afgekap as almal gryp. ‘n Mens kan baie akademies probeer lyk, maar min woorde se ook baie. Dan gaan Julie ook nagmerries bring met nog vieringe en dit is nie Christelik van aard nie… maar mense-aanbiddding. Alles vir die saak van eenheid.

Anna ·

dis tyd dat regering daad werklik iets doen inband met die hele senario in SA dit kan ni so aanhou nie .Dis tyd dat hul pa staan vir al die skades geen wet en orde nie elkeen doen soos hy wil , kan net sowel sonder regering wees

Haan ·

Hoekom moet hulle iets doen? Hul sakke en pense is nog vol van die plundertog. Dit is tyd dat óns daadwerklik begin optree en hulle met ons geld dwing om ook na ons te luister. Die bosluis sal aanhou suig totdat die bees begin krap

Adam ·

Ek verstaan nie die polisie lekker nie As jy iemand in n doodskis sit is dit poging tot moord maar om iemand in n huis te laat brand is openbare geweld en brandstigting Hoe de hel verklaar hulle dit Dit is hoekom blankes al meer rasisties word teenoor ander bevolkings groepe want twee Stellenbosch reels geld vir verskillende groepe

Helen ·

Mense hou op om jul op die buiteland te beroep vir hulp, die buiteland het vir baie jare sanksies teen Suid Afrika toegepas en is indirek verantwoordelik vir wat nou gebeur. Apartheid was verkeerd en ons moet nou die gevolge dra van ons voorouers se dade. Jammer, maar dit is die ‘short and sweet’ van n baie groot onreg wat gepleeg was. Ek sê nie die moorde en wat nou aangaan is reg nie maar dit is die gevolge van wat dit vooraf gegaan het.

Michelle ·

Nee, ek kan nie saamstem dat die moorde die gevolg is van apartheid nie. Daar is ‘n inherente wreedheid wat nog altyd deel was van Afrika, regoor die kontinent, en altyd sal wees. ‘n Stelsel is nie verantwoordelik daarvoor nie. Gaan lees wat hulle aan mekaar doen, oral, uit eie keuse.

anton ·

Ag genade Helen, waar kom jy aan die bog???
Ek dink jy het werklik nog baie te leer van ons geskiedenis en van die politiek van die verlede en die hede!!!
Net die eerste 2 reels van wat jy se, dra waarheid.

Oom Kalahari ·

Wat ‘n ondervinding en trauma moes hierdie familie nie deurgemaak het nie met die gebeurtenis.
Hierdie is verseker poging tot moord, saakbeskadiging (eiendoms beskadiging) brandstigting, onwettige betreding, openbare geweld diefstal en sal glo daar was nog verset teen arrestasie ook.
Hierdie optredes is wat Malema duidelik uitdagend aan almal tot die Pres ook geskree het gedurende die week in Parlement. Hy is die aanhitser tot hierdie optredes en geweld. CR wil nie optree om die ondersteuning vir 2019 te verlaag/verloor nie. Hierdie familie en maatskappy moet eise instel teen EFF en regering en alle dokumentasie en persoonlike items verniet vervang. Hierdie optrede is stedelike terrorisme. Solank die regering terugsit gaan dit eskuleer en baie van hierdie vandale is kaders oorgrens.

Lerato ·

Baie waar Oom Kalahari
Aanstigting tot geweld is wetsoortreding. Iemand moet n klag by die polisie lê.

Katerina ·

@Arrie – Dis waar.Daar is n Amerikaanse webwerf,Abovetopsecret.com waar een van die Moderators, AskTheAnimals, gereeld berigte (threads) maak oor die situasie in ons land. Baie lede is ontsteld daaroor maar wat kan hulle nou eintlik doen?

Katerina ·

HELEN – Ek weet,maar waar word n streep getrek!??) Ek het n seun can 12jo,en 2 kleinseuns,n tweeling van 1jo,moet hulle betaal vir die sondes van The Longtime Dead!???!

Helen ·

Katerina, Ek deel almal van ons nasie se angstigheid oor wat met ons mense huidiglik gebeur ek het ook 2 kinders en 1 kleinkind wat nog hier in die land moet oud word en die blote gedagte maak ‘n mens gek. Maar ons moet realisties wees en bietjie terug kyk in die verlede en die sondes van dan besoek ons en ons nageslag nou en heelwaarskynlik vir nog baie jare om te kom. Dit is baie hartseer maar al wat ek voorheen wou sê, is dat dit baie onwaarskynlik is dat ons enige hulp van die buiteland kan verwag in lig van ons land se vorige geskiedenis, is hulle van mening dat ons dit oor onsself gebring het. ‘n Paar mense oorsee gaan nie ‘n verskil kan maak nie en die buiteland het hul eie probleme om mee te deel, (terrorisme is die onsigbare moordenaar wat altyd onskuldige mense dood maak). Ek het nie raad of antwoorde vir ons arme mense nie, maar ek hou beslis nie my asem op dat enige hulp vir ons van die buiteland sal kom nie. Die afrikanervolk het al baie erge dinge oorwin en ek GLO ons sal die een ook oorwin, ons moet net ons Geloof behou.

Joggie ·

@Katerina – Die Bybel is baie duidelik daaroor. Sien Exodus 20:5
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, jou God, is ’n jaloerse Magtige God wat die oortredinge van die vaders besoek aan die seuns, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat,

Nikita ·

En so gaan dit vanaf af hulle daardie simpel mosie aanvaar het van grond onteiening sonder vergoeding op 28 Feb 2018…van daardie datum af is daar nie een dag wat verby gaan waar hulle nie plunder en af brand iewers in SA nie. Genade nee…kan hulle nie insien dit word al erger nie…die een klomp sien daardie klomp kom weg daarmee so volg die voorbeeld na…erger en erger by die dag…tot op n dag dat dit onhanteerbaar word wat dan…anargie?? CR se net altyd mooi…” We are not going to allow that” …”No need beating war drums” wat help dit…dis tyd dat hy sy stem begin DIK maak!

Michelle ·

En hulle wil hê ons moet simpatiek wees teenoor hulle? Met die mentaliteit? Elke greintjie empatie/jammerte/meegevoel met hulle is besig om vinnig uit my lyf getap te word. Hoe leef jy met jouself as jy tot sulke lae dade kan oorgaan, hoe gevoelloos moet jy wees.

Oom Kalimari ·

Waar is Afriforum nou?
Hoekom vat hulle nie die ding verder nie of is dit nie te “High Profile” vir hulle nie.
Hulle kan “Poging tot Moord” klagte le teen die mense wat tans in arres is.

Jannie ·

Private eiendomsreg gaan weggedoen mee word, soos in die res van afrika. Daar is verskeie praatjies/dreigemente op sosiale mede wat wie gaan maak. Al daai praatjies gaan op niks uitloop nie.

Johan. H. ·

Apatheid skuld is lankal klaar betaal,, Julle hou aan krap waar dit nie jeuk nie,,,

Anton ·

Bid ..ja maar God gee jou verstand en die opdrag om te doen wat reg is haat dit wat sondig is ..jy het die God_gegewe reg om jouself en jou famielie te beskerm …wat sal Hy vir jou se eendag as jy te slapgat was om sterk te staan vir wat reg is tenspyte van wat die mense met agter af goddelose agendas se ..ongeag nasionaliteit God se mense gaan aangeval word deur domonies geinspireerde massas wat nie rasionaal mee geredineer kan word nie
Word wakker moet nie vir God vra vir iets wat hy jou die krag en inteligensie en Sy “blessing” voor reeds ge gee het nie
Staan reg en sterk teen die bose beskerm jouself en ander wat God jou die krag gee om te help
SAAM STAAN ..iets wat n nasie vergeet het. n gelofte vergete …ons het dit verander in n suip en braai dag
God se woord se as n volk terugkeer na Hom toe sal hy hulle land genees

Hester ·

Anton ek stem saam met jou.!!!! Hierdie is nogal so van pas ons kan nie saam staan nie.. GLAD NIE. Die volk moet terugkeer na God toe.

Marinda ·

And so it begins. Eventually there will be nothing left to burn. Violence has never solved anything.

Fanie ·

Hoekom word die klag van poging tot moord nie ook bygevoeg nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.