Grondbesetting: ‘Beskerm eiendom self, moenie op staat staatmaak’

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling. Foto: Verskaf

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling. Foto: Verskaf

AfriForum en AfriSake het Maandag in Pretoria ’n handleiding oor grondbesetting bekendgestel. Die burgerregte-organisasie het by die bekendstelling beklemtoon dat gemeenskappe hul eiendom self moet beskerm en nie op die staat moet staatmaak nie.

Dié stelling word versterk deur veranderende wetsontwerpe oor grondonteiening en ook deur uitsprake van die regering wat al meer ’n Zimbabwiese grondhervormingstyl aanneem.

“Onwettige besetting en toeëiening van grond asook politieke aanslae op die Grondwet raak al hoe meer algemeen in Suid-Afrika. Dit is van kardinale belang dat grondeienaars hulself van hul regte vergewis, asook wat hulle tydens sodanige besetting te doen staan,” het Armand Greyling, AfriSake se regs- en beleidsontleder, gesê.

Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe en skrywer van die boek Mugabe en die wit Afrikaan, was deel van ʼn paneelbespreking by die bekendstelling en het gewaarsku dat ’n Suid-Afrika sonder georganiseerde gemeenskappe die risiko loop om deur dieselfde krisis in die gesig gestaar te word as wat tans in Zimbabwe ervaar word.

“Grondeienaars het regte. Ons kan ons eiendom beskerm deur regsaksies in te stel waar grond beset word en veral deur proaktief op te tree om besetting te voorkom. Wanneer strukture onwettig opgerig word en besetters onversteurde verblyf geniet, moet ’n siviele saak teen dié persone gemaak word. In die geval waar besetters kennis dra dat hulle grond onwettig betree, kan strukture afgebreek word mits daar ’n betredingsaak by die polisie aanhangig gemaak is. Die polisie móét egter ten alle tye ooreenkomstig die Wet op Betreding optree,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron het gesê dat die staat deur regsoptrede tot verantwoording geroep kan word, maar dat gemeenskappe self hul eiendom met plaaslike veiligheidsinisiatiewe soos buurt- en plaaswagstelsels moet beskerm.

“Voorkoming is beter as genesing en grondeienaars het die reg om hul grond teen onwettige besetting te beskerm,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê.

Die proaktiewe oplossings wat in dié handleiding bespreek word, sluit in paraatheid, buurtwagte, toesighouding asook okkupasie- en toegangsbeheer. Die wettige verwydering van onwettige strukture, bewoon sowel as onbewoon, word ook behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
vermeende

Boer wees is die enigste beroep men n 24uur werksdag.
Boere moet reeds homself, arbeiders en boerderybelange soos vee en aanplantings beskerm teen diefstal, droogte, peste en alles wat moeder natuur na hom kan gooi, nou word grondonteining en besetters ook op sy bordjie geskep.
Die vraag wat die manne met die blink motors vir my moet antwoord, hoeveel tyd bly oor om te boer om die massas te voed????

marous

Hoe??????

Boerseun

Het die howe en poliesie die wittes in Kenya, Uganda, Zambia, Zimbabwe gehelp. Vra net.

MANIE

Die blankes moes maar geluister het toe Eugene Terreblanche hulle gewaarsku het oor mootlike grondvergrype. Die probleem is toe het De klerk en sy gespuis hom uitgemaak as n uitvaagsel.

E

Goed, ons weet al van toet se dae dat ons nie ń duit of korreltjie by die staat sal kry nie.Al wat ons wel kry is id’s, lisensies en natuurlik jan tax se nommertjie.Ek stem dat Zim ń soort van modegier hier in Afrika geword het, en ons regering hier aan die suide so bietjie agter die tyd is. Ons kan ons regte ken van a tot z, ja. Ons kan met ons neuse in boekies sit tot ons als verstaan. Die probleem egter is dat ons uit die bus val by getalle ja. Ongelukkig is dit nou maar ń… Lees meer »