Grondbesetting: ‘Beskerm eiendom self, moenie op staat staatmaak’

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling. Foto: Verskaf

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling. Foto: Verskaf

AfriForum en AfriSake het Maandag in Pretoria ’n handleiding oor grondbesetting bekendgestel. Die burgerregte-organisasie het by die bekendstelling beklemtoon dat gemeenskappe hul eiendom self moet beskerm en nie op die staat moet staatmaak nie.

Dié stelling word versterk deur veranderende wetsontwerpe oor grondonteiening en ook deur uitsprake van die regering wat al meer ’n Zimbabwiese grondhervormingstyl aanneem.

“Onwettige besetting en toeëiening van grond asook politieke aanslae op die Grondwet raak al hoe meer algemeen in Suid-Afrika. Dit is van kardinale belang dat grondeienaars hulself van hul regte vergewis, asook wat hulle tydens sodanige besetting te doen staan,” het Armand Greyling, AfriSake se regs- en beleidsontleder, gesê.

Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe en skrywer van die boek Mugabe en die wit Afrikaan, was deel van ʼn paneelbespreking by die bekendstelling en het gewaarsku dat ’n Suid-Afrika sonder georganiseerde gemeenskappe die risiko loop om deur dieselfde krisis in die gesig gestaar te word as wat tans in Zimbabwe ervaar word.

“Grondeienaars het regte. Ons kan ons eiendom beskerm deur regsaksies in te stel waar grond beset word en veral deur proaktief op te tree om besetting te voorkom. Wanneer strukture onwettig opgerig word en besetters onversteurde verblyf geniet, moet ’n siviele saak teen dié persone gemaak word. In die geval waar besetters kennis dra dat hulle grond onwettig betree, kan strukture afgebreek word mits daar ’n betredingsaak by die polisie aanhangig gemaak is. Die polisie móét egter ten alle tye ooreenkomstig die Wet op Betreding optree,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron het gesê dat die staat deur regsoptrede tot verantwoording geroep kan word, maar dat gemeenskappe self hul eiendom met plaaslike veiligheidsinisiatiewe soos buurt- en plaaswagstelsels moet beskerm.

“Voorkoming is beter as genesing en grondeienaars het die reg om hul grond teen onwettige besetting te beskerm,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê.

Die proaktiewe oplossings wat in dié handleiding bespreek word, sluit in paraatheid, buurtwagte, toesighouding asook okkupasie- en toegangsbeheer. Die wettige verwydering van onwettige strukture, bewoon sowel as onbewoon, word ook behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

vermeende ·

Boer wees is die enigste beroep men n 24uur werksdag.
Boere moet reeds homself, arbeiders en boerderybelange soos vee en aanplantings beskerm teen diefstal, droogte, peste en alles wat moeder natuur na hom kan gooi, nou word grondonteining en besetters ook op sy bordjie geskep.
Die vraag wat die manne met die blink motors vir my moet antwoord, hoeveel tyd bly oor om te boer om die massas te voed????

Catryn ·

Dink aan jouself … familie … volk …

die massas gaan grond gryp en ons probeer uitwis

Cornelia ·

Sal ek ook graag wil weet??? Skiet jy hulle gaan jy tronk toe! Moet ons i vloermoer gooi en se jy vat ni my grond nie??? ASSEFLIPPENBLIEF???

Boerseun ·

Het die howe en poliesie die wittes in Kenya, Uganda, Zambia, Zimbabwe gehelp. Vra net.

Johannes ·

Boerseun, dit is PRESIES wat ek ook nou al vir baie lank vra. Todat Afriforum/Solidariteit dit nie besef nie, is daar nie veel hoop nie. Om te dink dat die reg ons gaan beskerm of dat die polisie (maw die Staat) ons gaan help tydens grondroof is fataal.

Word verdomp wakker!

Gerbrandt ·

mense die boere het geveg vir die land hulle het hul man gestaan as 300 en nog steeds n oorlog gewen nou kry ons mense soos julle wat sit oor alles argementeer maar niks omtrent enigeiets doen nie Afriforum, Solidariteit hulle bakly vir n toekoms van regverdigheid en hier kry ons mense wat net trug sit en alles kritiseer en absoluut niks omtrent enigeiets doen nie… dit maak my so hartseer om te sien hoe die afrikaner uitgedraai het

MANIE ·

Die blankes moes maar geluister het toe Eugene Terreblanche hulle gewaarsku het oor mootlike grondvergrype. Die probleem is toe het De klerk en sy gespuis hom uitgemaak as n uitvaagsel.

Kas2 ·

Vrot eier in die gesigte van al die linkses wat fw geglo het, hoe naief was hulle.

E ·

Goed, ons weet al van toet se dae dat ons nie ń duit of korreltjie by die staat sal kry nie.Al wat ons wel kry is id’s, lisensies en natuurlik jan tax se nommertjie.Ek stem dat Zim ń soort van modegier hier in Afrika geword het, en ons regering hier aan die suide so bietjie agter die tyd is.
Ons kan ons regte ken van a tot z, ja. Ons kan met ons neuse in boekies sit tot ons als verstaan. Die probleem egter is dat ons uit die bus val by getalle ja. Ongelukkig is dit nou maar ń oeroue taktiek van die vyand né. Hul word meer en ons minder. Volgens wet
moet die polisie optree teen onwettige besetting, maar hier in Afrika is die horlosie se wyser vertraag! Ja vertraag met ń doel. Die regering bepaal die grondwet en hoe lank nog voor dit weer ń paar veranderinge ondergaan?

Leon ·

In nazi Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog het die Joodse bevolking ook geglo dat hulle regte het, dat al die dreigemente teenoor hulle maar net by praatjies sal bly, dat rede sal seëvier. Die res is geskiedenis. Hier word daar ook nou geglo dat ons regte het, dat ons siviele sake moet maak ensovoorts. Gaan dit enigsins help teen ‘n opgesweepte redelose massa wat ten dele aangehits word deur die bewindhebbers? Vra maar net!

Christa ·

Ek wil net weet hoekom hulle grond wil beset? Meer as 50% grond is steeds in die Staat se naam. Hoekom gee die Staat DIT nie vir hulle nie? Of is hierdie ‘n bewys van diskriminasie teen BLANKE grondbesitters?

E ·

Manie ek stem. Toe ek as kind op hoërskool was het ek ook gedink die ene Mnr. Terblanche is effe af. Noudat ek ouer is met my eie gesin en meer van die politiek verstaan en met my eie oë kan sien wat aangaan voel ek dieselfde. Dit voel vir my of al hoe meer instansies on mense begin faal. Eers die DA, nou die groter organisasies. Dit klink al hoe meer soos ń besigheid met die organisasies. ń paar geleerde mense trek voordeel met hoë salarisse en kamma vooruitsigte vir mense, hoe anders is hul dan werklik as die regering self?

Geld praat hard in vandag se lewe. Wie sal nou ń gegewe perd in die bek kyk?

Waar is ons trots heen, ons waardes?

Net God kan ons help.

Leon ·

Net ‘n verdere punt. Afriforum sê heeltemal tereg dat ons ons regte kan beskerm met regsaksies. Die probleem hiermee is egter dat die regering (wat eintlik grondvergrype ondersteun), enige hofbevel wat hulle nie welgeval nie bloot ignoreer.

Catryn ·

@ boerseun geen hof het niemand beskerm
REGSTAAT hoeveel van ons blankes het hul werk verloor met BEE .. wat was al die regs uitgawes … 1994-datum … en
Grondgrype of be settings gaan iemand hier gerieflik lekker ryk maak
… elite .. “tender”
SLUIT AAN by betroubare buurtwagte plaaswagte …

Manna ·

Die dorpenaars wat huiseienaars is moet glad nie te gerus voel. Huis se waarde word reevalueer en my huis bevoorbeeld se waarde het skielik met R400000.00 toe geneem sonder dat ek enige verbeterings afgelope 6 jaar gemaak het. Om dit reg te stel in bykans onmoontelike taak. Ergste van als mense besef nie dat dit hoër erf belasting beteken wat hulle nie sal kan bekostig

John ·

Hierdie groep het uit hul beurt gepraat en die benarde en skamele posisie van die Afrikaners/boere aan die hele wereld gaan uitblaker. En weer is dit ‘n vrolike Engelsman uit Zim wat ons wil leer. Hulle kan ons nie help nie ook ‘n ‘goody’-Bybel-onder-die-arm-oudboer nie. Hulle kon hulself nie help nie ten spyte van hul Engelse kontakte en het hierheen gevlug elk met sy geliefde swart werkers in die ‘ventertjie’ (en kyk wat vang hulle hier aan). Ons grondwet kan verander. De Klerk droom hy kan met roomkoekies-bak-en-uitdeel, die geskiedkundige gang van die wereld swaai. Dis juis omdat die Afrikaner so goedhartig is dat ons sit waar ons sit. Hoekom word ons ketties ingesamel? Omdat die grypers weet dat hul aksies natuurlikerwys teenreaksies vra en dat hulle teen die grein van die reg optree.

Henk Celliers ·

Die polisie reageer NIE eers op n Hooggeregshof bevel nie,in 2008 het 7 besetters my brandsstof depo op Ermelo my depo beset en dit oorgeneem na 6 hofbevele het ek n privaat sekuriteits firma gehuur,en dit self ontset,na 22 hofsake en 21 maande het ek uiteindelik my sake met koste teen die besetters en die polisie gewen met koste,maar dit was n stryd.Moenie dink dat die polisie gaan ingryp nie.

jannie ·

Hi, graag wil ek hoor en ek dink dis die grootste probleem hoekom van ons nie vuurwapens het nie is hier nerens in platteland mense om opleiding tegee nie en bevoegding sertifikaat tekry nie.. Kan iemand dalk help?

Plan ·

Ek het nou maar besluit om aantesluit by die Suidlanders, die mense het darem n plan in plek.

Dorper ·

Dinge gaan nog baie slegter raak, ek is nie ‘n doemprofeet nie, maar wil seker maak ek kan my gesin beskerm as dit moet. Die laaste twee jaar tref elke stuk slegte nuus oor hoe sleg ons mense behandel word my al hoe harder, so ek het daai LANG proses aangedurf vir ‘n vuurwapenlisensie – dit was laasjaar Julie, uiteindelik sukses.

Ek moet ook bysê, ‘n SA Polisiestasie is darem maar ‘n onvriendelike plek, gelukkig is een van my nuwe gawes deesdae baie baie baie geduld.

Zachrys ·

Jy kan steeds jou eiendom beskerm, en iemand anders sin, dis blykbaar die laaste wettige uitweg ou maat…

Ekvranet ·

Ek wil graag weet hoe op aarde gaan Afriforum en Solidariteit keer dat ons uit ons huise gegooi gaan word en ons eiendomme gevat word? dieselfde het in Zim gebeur! Niemand het ‘n vinger gelig om hulle te help nie? Die debat ivm plaasmoorde het niks opgelewer nie nou waarom dink ons grond en eiendom gaan saak maak? die swartes is moeg vir die blankes en hulle is in getalle seker al duisende teen 1! Dat hulle lafaards is, het geen twyfel nie want as hulle moor, dan kom hulle in getalle – 7 @ 1 of 2 blankes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.