Grondbesetting: Gesin op kleinhoewe leef in vrees oor ‘opswepery’

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Gesin wat op ʼn kleinhoewe naby Dannhauser in KwaZulu-Natal woon, leef “dag en nag in vrees” nadat sowat 300 mense van die gemeenskap hul grond onwettig beset het.

Die VF Plus het Vrydag in ʼn verklaring gesê die besetters het glo bokke, skape, hoenders en gereedskap gesteel terwyl twee polisiebeamptes en ʼn ANC-raadslid glo bloot net gestaan en toekyk het.

“Die eienaar van die kleinhoewe, Leon Ackerman, woon saam met sy vrou en ander familielede, wat kinders insluit, op die grond,” het Lourie Bosman, die party se woordvoerder oor grondsake, gesê.

“Die situasie is tans baie plofbaar en die gesin word daagliks met die dood gedreig deur mense in die omgewing wat die gesin glo sewe dae kennis gegee het om die grond te verlaat. Vandag is die gesin aangesê dat mense van die omgewing ʼn ‘petisie’ onderteken wat lui dat hulle sewe dae tyd het om hul grond te verlaat.”

Volgens Bosman het dié mense aan die gesin gesê die polisie het goedkeuring vir die petisie verleen en dat die ANC in Pietermaritzburg dit “wettig sal maak”.

“Volgens die Ackermans het sowat 300 mense, gewapen met onder meer kieries en kapmesse, hul grond Maandag beset nadat ʼn plaaslike ANC-raadslid hulle glo aangehits het om dit te doen.”

Ackerman het die polisie op Dannhauser gebel en twee polisiebeamptes het opgedaag wat glo saam met die ANC-raadslid bloot gestaan en toekyk het hoe die mense die geboue plunder. Meer as 50 bokke, skape en hoenders asook toerusting is na bewering weggedra.

“Lede van die polisiekantoor op Dannhauser het daarna glo geweier om ʼn klag te aanvaar en die gesin het die plaaslike veediefstaleenheid om hulp genader. Van die vee is die afgelope week teruggevind en ʼn aantal mense is in hegtenis geneem.”

Volgens die Ackermans is dié mense later weer vrygelaat, na bewering in opdrag van ʼn senior polisiebeampte van die provinsie.

“Die VF Plus het die week ingegryp deur die plaaslike veiligheidsnetwerke van die boere te aktiveer om die Ackermans te help indien dit nodig sou wees. Die gesin sal ook bygestaan word om ʼn klag by ʼn ander polisiekantoor in te dien aangesien die polisie op Dannhauser steeds weier om te help, en die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sal die aangeleentheid op hoogste vlak met die polisie opneem.”

Bosman het gesê hierdie gebeure onderstreep die onkunde wat tans op grondvlak heers oor die ANC-regering se besluit oor onteiening sonder vergoeding en die uiters plofbare situasie wat geskep word wanneer hierdie onkunde uitgebuit en aangeblaas word deur opruiende politieke uitsprake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

67 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel swartbrand

N wit persoon wat nie in die volgende verkiesing vir die VF+ stem nie sal ek sien as my vyand .

Susan

Tydens die apartheidsjare was my oupa se oeste somtyds aan die brand gesteek oor die mense ongelukkig was nou raak ons ongelukkig en die voorbeeld is gestel onthou dit.

boerseun

Ek stem. Maar waar is die BOERE om sy mede boer by te staan. Ek is jammer om te se. Maar die is die begin . Die boere en hul jong seuns wat lekker lewe sal slegs optree as da aan hul besittings of grond geraak word. Dan sal hul wakker skrik. Maar nou sit hy gerieflik en geniet n drankie en die seuns kuier erens.Dan is dit te laat. As ons volk bid word ons bespot. Ongelukkig is hier net een uitweg. Staan saam of word vermoor of weggejaag. Ek voel jammer vir die mense. Sterkte met die donkerte… Lees meer »

Paul

Zuma was ook uit ‘onkunde’ korrup en kyk waar sit ons vandag. Maar kan mens nog ‘n dag wag dat iemand deur onkunde van die besetters statistiek by Maandag sal wees? Kan daar nog ‘n week gewag word, en wat dan? Elke dag raak dit net erger, dit bekruip ons nie meer soos die nag nie. Dit kom sommer oop en bloot in die dag na ons toe aangestap.

Saartjie

Hierdie is almal se voorland. Dis net ‘n kwessie van tyd.