Grondbesetting: Gesin op kleinhoewe leef in vrees oor ‘opswepery’

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Gesin wat op ʼn kleinhoewe naby Dannhauser in KwaZulu-Natal woon, leef “dag en nag in vrees” nadat sowat 300 mense van die gemeenskap hul grond onwettig beset het.

Die VF Plus het Vrydag in ʼn verklaring gesê die besetters het glo bokke, skape, hoenders en gereedskap gesteel terwyl twee polisiebeamptes en ʼn ANC-raadslid glo bloot net gestaan en toekyk het.

“Die eienaar van die kleinhoewe, Leon Ackerman, woon saam met sy vrou en ander familielede, wat kinders insluit, op die grond,” het Lourie Bosman, die party se woordvoerder oor grondsake, gesê.

“Die situasie is tans baie plofbaar en die gesin word daagliks met die dood gedreig deur mense in die omgewing wat die gesin glo sewe dae kennis gegee het om die grond te verlaat. Vandag is die gesin aangesê dat mense van die omgewing ʼn ‘petisie’ onderteken wat lui dat hulle sewe dae tyd het om hul grond te verlaat.”

Volgens Bosman het dié mense aan die gesin gesê die polisie het goedkeuring vir die petisie verleen en dat die ANC in Pietermaritzburg dit “wettig sal maak”.

“Volgens die Ackermans het sowat 300 mense, gewapen met onder meer kieries en kapmesse, hul grond Maandag beset nadat ʼn plaaslike ANC-raadslid hulle glo aangehits het om dit te doen.”

Ackerman het die polisie op Dannhauser gebel en twee polisiebeamptes het opgedaag wat glo saam met die ANC-raadslid bloot gestaan en toekyk het hoe die mense die geboue plunder. Meer as 50 bokke, skape en hoenders asook toerusting is na bewering weggedra.

“Lede van die polisiekantoor op Dannhauser het daarna glo geweier om ʼn klag te aanvaar en die gesin het die plaaslike veediefstaleenheid om hulp genader. Van die vee is die afgelope week teruggevind en ʼn aantal mense is in hegtenis geneem.”

Volgens die Ackermans is dié mense later weer vrygelaat, na bewering in opdrag van ʼn senior polisiebeampte van die provinsie.

“Die VF Plus het die week ingegryp deur die plaaslike veiligheidsnetwerke van die boere te aktiveer om die Ackermans te help indien dit nodig sou wees. Die gesin sal ook bygestaan word om ʼn klag by ʼn ander polisiekantoor in te dien aangesien die polisie op Dannhauser steeds weier om te help, en die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sal die aangeleentheid op hoogste vlak met die polisie opneem.”

Bosman het gesê hierdie gebeure onderstreep die onkunde wat tans op grondvlak heers oor die ANC-regering se besluit oor onteiening sonder vergoeding en die uiters plofbare situasie wat geskep word wanneer hierdie onkunde uitgebuit en aangeblaas word deur opruiende politieke uitsprake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Sarel swartbrand ·

N wit persoon wat nie in die volgende verkiesing vir die VF+ stem nie sal ek sien as my vyand .

Cherokee ·

Ek het die trotse rekord dat ek stemgeregtig geword het tydens die totstandkoming van die HNP. Het nog nooit vir enige ander politieke party gestem as HNP/VF(ag o’kay voeg die + by). Die NP het nooit my stem gescore nie. Die KP het ek beveg en die DA het dit nooit kon aanteken nie. My politieke geskiedenis is skoon veral wanneer ek dit as Voorsitter van die Nee-stem tydens die Referendum neerpen. Nou Saartjie swartbrand, wil ek weet wie jý ondersteun het tot nou.

Haan ·

Janee Wraggies! Ek sal my uiterste bes doen om aan al my vriende duidelik te maak dat die VF die ENIGSTE party is wat n dooie duit oor ons omgee.

Hanna ·

Ek stem beslis saam VF+ enigste party wat nog ooit vir die Boere baklei het

JoeV ·

Stem, daar is blankes wat nog vir “nie-blankes” stem om hulle kultuur te onderhou en skole te bou.
Maar hulle word dalk nou wakker.

Casper Labuschagne ·

@Sarel ek het die betwisbare eer dat in hierdie dorp, daardie spesifieke opposisieparty lankal reeds vir my as hul aartsvyand gebrandmerk het sonder dat ek nodig gehad het om dit hardop te moes sê.

Susan ·

Tydens die apartheidsjare was my oupa se oeste somtyds aan die brand gesteek oor die mense ongelukkig was nou raak ons ongelukkig en die voorbeeld is gestel onthou dit.

boerseun ·

Ek stem. Maar waar is die BOERE om sy mede boer by te staan. Ek is jammer om te se. Maar die is die begin . Die boere en hul jong seuns wat lekker lewe sal slegs optree as da aan hul besittings of grond geraak word. Dan sal hul wakker skrik. Maar nou sit hy gerieflik en geniet n drankie en die seuns kuier erens.Dan is dit te laat. As ons volk bid word ons bespot. Ongelukkig is hier net een uitweg. Staan saam of word vermoor of weggejaag. Ek voel jammer vir die mense. Sterkte met die donkerte wat oor afrika gaan toesak.

Paul ·

Zuma was ook uit ‘onkunde’ korrup en kyk waar sit ons vandag. Maar kan mens nog ‘n dag wag dat iemand deur onkunde van die besetters statistiek by Maandag sal wees? Kan daar nog ‘n week gewag word, en wat dan? Elke dag raak dit net erger, dit bekruip ons nie meer soos die nag nie. Dit kom sommer oop en bloot in die dag na ons toe aangestap.

Saartjie ·

Hierdie is almal se voorland. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Cherokee ·

Jy sal jouself verdedig met (wettige) wapens teen polisie wat net kyk? Wonderlike logika. Miskien moet ek voorstel dat jy alles moontlik doen om jou wapens wettig te hou want te veel mense het hul wapens ingegee en gee nou voor dat dit gevat is. Kop hou.

Cherokee ·

Da-stemmers, doen die Ackermans die guns om jul party se hulp in te roep teen grondbesetting, asseblief.

kripvreter ·

waar is groenewaldt nou? in belgie! hy staan nie die ackermans by nie. hy kuier te lekker

Wim Kotze ·

Kripvreter, jy het seker die berig hier op Maroela Media oor sy besoek aan Belgie mis gelees?

Gatvol ·

Kom Boere …..waar is julle ??? Wie is naby genoeg om die mense by te staan ???
Ons kan dit mos nie toelaat nie ????? Ek is 10 ure weg, maar sal gaan help . Het iemand n adres of koordinate ????

Sê maar net ·

Net so Gerrit, sê ek ook. Ek en my man sal ons wettige vuurwapens gebruik om die onwettiges te verdryf. Ek is moeg om te hoor van hierdie sinnelose onteiening. Barbaars, dis wat dit is. Ons het ook grond, my man is vandag super negatief oor al die uitlatings van ons president. Vandag het hy gesê kom maar, hoekom vat jul so lank. Kom vat en kom kyk wat ons sal maak. Dis Vrydagaand, ek wil my naweek geniet, maar my man is ontsteld. Ek weet ons enigste hulp kom van Bo. Ons sal uithou en moedhou, maar as ons moet veg teen die goddeloses, dan sal ons. Betaal vir wat jy wil hê en as jy nie kan nie sit onder n boom en krepeer. Los ons uit!!!

Selfbeskikking ·

Die tyd is nou hier. Ons moet dadelik met gesprekke met ons regering en die buiteland om ons eie tuisland te kry, daar is geen ander opsie nie. Aksie nou!!

Groottrek2 ·

Maak die wereld bewus en gee ons asiel om te hervestig in ander lande waar ons belasting welkom sal wees. Hou op om nog te hoop, alle hoop is vals. Kom ons trek!

Andrea van Vuren ·

Ek stel voor ons stuur soveel berigte en foto’s deur na die buiteland. My kinders woon ook in die buiteland en hulle deel die aaklighede met hulle vriende. En onthou, Pieter Groenewald is ‘n waardige slim man wat sy bes probeer. Ons moet sy hande sterk, hy kan nie die stryd alleen veg nie.

Gatvol ·

Gaan ons witmense in Natal iets doen daaromtrent? Of gaan ons maar net weer wegkyk en dit los?

Privaat sekuriteit ·

Ons moet fonds stig met buitelandse hulp vir privaat sekuriteit, dit sal die mense weghou. Die polisie wil mos nie hul mandaad uitvoer nie, dan doen ons dit self!

Slfbeskikking ·

Ons het geen ander keuse as om nou dringend te onderhandel met regering en buiteland vir ons eie land nie. Gebruik die nou as geleentheid voor ons als verloor.

Plan Buitelanse Hulp ·

Herinner die westerse lande dat ons nog hulle laaste stukkie verteenwoordiging is in die deel van die wereld wat van strategiese belang vir hul is. Dan vra ons vir hulp vir finansies vir privaat sekuriteit want die polisie doen niks.

Tom ·

Jy maak ‘n groot fout. SA is van geen strategiese belang in die wereld nie. Die buiteland sal sonder skroom die Afrikaner aansy lot oorlaat. Die parlement in Australie het hierdie week in oorweldigende mmetderheid gestem om geen spesiale hulp aan SA boere te verleen nie. Dit sal so oral in die weste wees.

Spoetniek ·

Sê maar net,

Ek het ook al dikwels dinge van negatiwiteit en wat toenemend in ons land aangaan gesê. Ek het nie meer die energie om vir nog tien jaar of hoe lank die twak op te vreet nie, dan raak ek erger dinge kwyt.

En een dag, raak dit net té veel.

Attie ·

Moet die groot kanonne nie eers by mekaar kom en saam die land weg gee nie? Seker ek het gister so berig gelees

Oom Kalahari ·

Daar het per ongeluk ‘n brand ontstaan, dalk weer ‘n gas stofie of primus wat omgeval het Leon. ?

Lolla ·

Gaan trek in by die Zulu Koning! Vra hom om te help! Hy wil dit dan ook nie vir sy grond he nie… Hoekom doen sy mense dit dan?!

Plaas Japie ·

Waar is die fotos en video opnames? Stuur dit aan die buitelandse media sodat die wereld kan sien wat aangaan!

Amanda ·

Stem saam. Neem alles af en stuur dit die wereld in. Daar was niks op die tv nuus hieroor nie. Tot iemand geskiet word…

lewies ·

Valse hoop, nee dit is nie tevergeefs nie, maar pasop vir valse gerustheid dit is ons grootste gevaar.

Elle ·

Jul kan die besetters nie oornag wegwens nie. Gaan ook nie help om die wapen op te neem nie. Dit help ook nie om mekaar so op te sweep nie.Dan slaap jy as broodwinner dalk in die tronk vanaand terwyl jou familielede in vrees agterbly. Dink logies en probeer kalm bly. Daar sal ‘n oplossing kom…maar dis NIE om te skiet nie.
Daarom is ek dankbaar vir MaroelaMedia se beriggewing, dit word wyd gelees.
Jul is dus nie alleen nie.

PJC ·

Ja Gatvol ek stem saam. Hoekom het daar nie ń paar honderd wittes opgedaag om hierdie mense te ondersteun nie want dan sal jy sien hoe vinnig kry die polisie lewe. Ek is seker wittes kan hierdie tipe ondersteuning reĕl en dit hoef nie net boere te wees nie. Dorpenaars en stedelinge sal ook betrokke moet raak want as hulle met boere klaar is kom eersgenoemde aan die beurt.

Frieda ·

Dit is belaglik is daar dan geen reëls en regulasies meer. Eers word die boere vermoor en nou word hulle grond gevat!!!! Mens moet net gee pad as jy kan hier gaan nie in die volgende 20 jaar geregtigheid geskiet.

Gatvol ·

Hou asb op om die bollie te lees en julle self op te werk. . … doen iets om julle mede ” suid afriker” te help……. die mense het fisiese hulp nodig . Nie komentaar nie.

Andrea van Vuren ·

jaaaa!!! Gatvol ek het ook voorstelle gemaak maar MM plaas nie my skrywes nie.

Reguit ·

Saartjie is reg. Hierdie is maar net ‘n voorbeeld van wat regtig voorlê, naamlik waar die owerheid (met pantser voertuie) gaan bystaan terwyl die hordes met kapmesse jou omsingel en jou plek plunder terwyl jou kinders huil van vrees. Valse-vlag opportuniste soos ou “selfbeskikking” hierbo kan gerus sy futiele en lafhartige “onderhandeling” plannetjies en opsweping vir homself hou. Dis nou te laat daarvoor. Daardie “selfbeskikking” moes al in 1992 voltrek gewees het, maar nee, toe stem die liberale wittes mos twee maal “ja”. Intussen emigreer duisende elke maand want hulle wéét wat goed is vir hulle en hul kinders toekoms. Die res wat agter bly gaan blóéi.

Haan ·

Net my ou eiertjie te lê : gaan doen moeite om jou vuurwapen bevoegdheid en lisensie te kry. Dit is n een praktiese voorsorgmaatreël wat kan help. Sterkte!

Befonds ·

Kry befondsing deur crowdfunding, sodat plase deur privaatsekuriteitsmaatskappye beskerm kan word.

Peter ·

Nie een keer het Ramanphosa iets gese van al die opsweepery van Malema.
ANC laat alles maar gebeur. Ramanphosa is besig met sy padda-kook plan.
Mandela het die Springbokke ondersteun. Hy het goeie bedoelings vir alle
rasse gehad. Mense sien nou deur die sweet-cover stories van Ramanphosa.
ANC moes swaar gestraf word vir die crime-corrupsie van die laaste 10 jaar.
Maar om die focus daarvan weg te haal, het hulle hierdie landonteining
plannetjie begin. Ewe skielik vergeet die meeste van die miljarde corrupsie
wat ANC bekokstoof het.
Hulle gebruik maar altyd weer die Bell Potginger race-card taktiek.
ANC het maar een doel: stemme, met EFF daarby.
Die planne is baie duidelik.
As Ramanphosa enigsins ernstig was oor sy inhuldiging speaches nl. better toekoms vir
almal, sou hy lankal ingegryp het.
Does not care. Die kaarte le oop op die tafel.
Hoe lank gaan ons nog draad-sit en hoop en bid.
Kom in aksie en maak een besluit.
Beste keuse is om te verkoop en begin erens anders.
Hoe langer jy wag, hoe groter is die kans dat jy volgende is.

Callie ·

Die dag kom nader. Die kommentaar is nie meer n doellose gebrabbel van mense wat op sitkamer banke sit en nonsens praat nie. Kom ons staan op blankes van SA. Dis tyd om te wys wie ons is. Pasop Ramaphosa, die padda het dalk genoeg krag om uit die pot te spring

Oom Kalahari ·

Wonder darem maar net as daar 300 jong blankes op swarte se grond gaan plak, wat sal gebeur. Hul is dadelik ge-arresteer vir onwettige betreding ens en toegesluit en polisie magte sal van alle omliggende gebiede kom om geweld toe te pas. Dubbel standaarde.

Adriana ·

Iets moet gedoen word dis deel van die paddas in die pot.Ramaposa wil he ons moet daaraan gewoond raak maar dit moet dadelik gestop word .In die kiem.

Johan. H. ·

Die andwoord is Bly kalm, Lisensieer jou vuurwapens, Spaar jou geld om jou eie mense te help, Bly uit die tronk, ONDERSTEUN jou mede blankes in dorpswagte , Plaaswagte,, En stem FF+. Ons het mos nou gesien jy kan gladnie, maar gladnie ander vertrou nie , as dit by politiek kom,,,Moennie imegreer nie,,, Stuur wel jou kinders AS JY KAN,,, oNTHOU DAAR IS OOK BAIE VAN HULLE WAT NIE PROBLEME WIL HE NIE,,, staansaam,staansaam,,,, STERKTE.

Robert Naude ·

Maroela media,
Wees asb so gaan en verskaf ons die persoon se naam, adres,en tel no.
As julle dit nie publiek wil maak nie , gebruik asb my epos.
Dankie

Valerie Byliefeldt ·

NKP Die Nasionale Konserwatiewe Party van Suid Afrika wil aankondig dat die Ackerman’s gister alreeds almal lidmaatskap bekom het by die Nasionale Konserwatiewe Party SA. Ons tree dan ook in opdrag van die Ackerman famielie op in hierdie aangeleentheid. Ons wil die VF bedank vir hul insette. Hoe meer Partye saamstaan en ons Boere se belange dra hoe better. Vir enige verdere navraag of sou u uself in dieselfde posisie bevind kontak ons gerus en ons stuur veiligheids lede uit om onmiddelike bystand te verleen aan boere wat hulself in magtelose posisies bevind. Ons het onlangs hande geneem met die Boerelegioen en werk ook saam om ons boere se veiligheid te verseker. U kan my kontak op 0734573510. NKP Provinsiale Leier Limpopo Valerie Byliefeldt

Hanna ·

As dit my grond was, was daar lankal n brand… Of slange of iets. Die polisie gaan NIKS aan die saak doen nie. Die VF+ doen sy bes. Mense gaan begin reg in eie hande neem. Dis duidelik uit bogenoemde kommentare. Onthou, hierdie is n bang nasie wat slegs die getalle aan hulle kant het. Nuus sal gou versprei… Go figure!

Gerhard ·

Ek hoop dit maak die mense wat so maklik rond vertel dat hulle nooit hulle grond sal vat nie se oe oop. Die werklikheid is dat as hulle begin grond vat sal niemand iets daaraan doen nie, net soos in Zim. Niemand gaan baklei nie, hulle gaan maar net in hulle kar klim en wegry. Dit is al.

Anoniem ·

Mense mense ons leef in die eindtye iets sal gedoen moet word om ons nasie te beskerm

Eish ·

Op Vrystaatse Goudveld is daar op drie plekke grond beset. Teenstrydige berigte bestaan dat die burgermeester toestemming gegee het.
Die voorvalle gaan nou in toenemende mate plaasvind onder die waaksame oog van die SAPS.

Andrea ·

Dit is presies hoe dit orals gaan gebeur. En vertel asb vir my hoe hierdie gesin/familie nou moet reageer, optree? Moet mens nou maar gaan? Moet jy bly en jouself probeer teësit teen 300 of 400 of 600? Skiet tot jou laaste koeël op is en dan?
Asb, kan iemand sê hoe gaan ons maak, want binnekort gaan ons almal in hierdie situasie wees.

Sam ·

As julle dalk voorheen die Australia se aanbod gelees het, sal julle nie daar kan gaan woon nie. Hulle soek boere en mense met geld wat wel af is. Hulle het ook gese hulle soek nie welsyn mense nie. Dis nou die want nie geld het nie. Ons boere kannie daaikant van die werld gaan bly nie…… Want wat van ons familie want nie kwailfiseer nie?……. Hulle moet agter bly. Buitelande sal jou help as jy geld het ander sorry pel, as jy nie geld het nie bly jy agter. So ons moet saam staan en begin iets doen.

Klaar ·

Stuur vir ons sy nommer en besonderhede, dat ons kan gaan help. Niemand sal hulle voete op ons gronde sit nie!! Staan saam en verjaag hierdie duiwels!!

Casper Labuschagne ·

Onteiening en die gepaardgaande emosies vanweë opswepery is ‘n tier wat nou losgelaat word en waaroor niemand beheer sal hê nie. So gaan die linkses die revolusie kry wat hulle geskuld word en niemand sal dit kan beheer nie. En wat my regtig bang maak is dat behalwe vir enkele organisasies, almal net toekyk.

Sam ·

As julle dalk voorheen die Australia se aanbod gelees het, sal julle nie daar kan gaan woon nie. Hulle soek boere en mense met geld wat wel af is. Hulle het ook gese hulle soek nie welsyn mense nie. Dis nou die want nie geld het nie. Ons boere kannie daaikant van die werld gaan bly nie…… Want wat van ons familie want nie kwailfiseer nie?……. Hulle moet agter bly. Buitelande sal jou help as jy geld het ander sorry pel, as jy nie geld het nie bly jy agter. So ons moet saam staan en begin iets doen.

Elle ·

Bedaar nou almal! Moenie mekaar so opsweep nie.
Buitendien, skiet en jul eie plase afbrand is NIE die antwoord nie.
En jul ammo gaan een of ander tyd opraak…
Wees verdraagsaam en reik uit. Almal het ‘n storie om te vertel. Moenie noodwendig ‘n monster in almal sien nie.Daar is ‘n
gesegde…”One can catch more flies with honey than vinegar”.

Henriette ·

Ons het eintlik nog n generasie wat verpligte weermagopleiding ontvang het hul is nou in hul laat veertiger jare- daardie tipe kennis bly behoue en gaan nie sommer verlore nie… Kom ons staan saam in ons land ook wat ons opgebou het en maak ons kinders en onsself weer mens …..

R N ·

Stuur soveel moontlik van hierdie situasies buiteland toe. Die buitewêreld oet op hoogte gehou word. Boikotte en sanksies kom hopelik tot ons redding.

Attie ·

En daar is mense daar buite wat glo ons gaan saam staan en baklei.Hier is weer bewyse dat dit elke een vir hom self is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.