Grondbesetting: Man verlaat plaas ‘uit vrees vir sy lewe’

Foto: Verskaf.

Pieter Boshoff (70), die man wat Sondagoggend deur sowat 70 grondbesetters op sy plaas in Burgersfort in Limpopo ingewag is, het sedertdien sy eiendom ontruim.

Chanta van der Walt, Boshoff se prokureur, het aan Maroela Media gesê hy het hom elders gaan vestig uit vrees vir sy lewe. Boshoff bedryf ʼn sakeonderneming van die plaasgrond af. ʼn Gedeelte van die grond is vir dorpsontwikkeling hersoneer.

Die tussentydse hofbevel wat op 14 Augustus in die Polokwane-hooggeregshof teen respondent 5, 6 en 7 van die sewe respondente in die saak finaal bekragtig is, is vandag in die Polokwane-hooggeregshof ook teen respondent 2 en 4 bekragtig.

Respondent 2 is Jackson Pay Tjatji, en respondent 4 sluit al die gemeenskapslede wat Boshoff se grond beset het in.

Die saak is aanvanklik vir respondent 1, 2, 3 en 4 tot vandag uitgestel aangesien hulle aangedui het dat hulle die aansoek sal teenstaan. “Vir respondent 1 en 3 is die saak vandag tot Donderdag uitgestel aangesien hulle advokaat se pa glo baie siek is,” het Van der Walt gesê.

Maroela Media het vroeër berig Boshoff het op 8 Augustus ʼn klag van betreding by die Burgersfort-polisiestasie aanhangig gemaak nadat besetters erwe op sy grond uitgemeet het.

Foto: Verskaf.

Van der Walt sê polisiebeamptes het op die toneel vir Boshoff daarop gewys dat drie vooraanstaande sakemanne van die dorp glo die erwe op sy grond uitmeet en dit dan aan die gemeenskap vir R2 500 elk verkoop.

Tjatji is volgens Van der Walt een van die sakemanne wat die grond aan die gemeenskapslede “verkoop” het.

Van der Walt beweer ook dat Boshoff en van sy werknemers op 15 Augustus ten aanskoue van polisiebeamptes aangeval is en hulle vir hul lewe moes vlug. Die polisie het glo “hande gevou gestaan en toekyk”.

Oor dié bewering het kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, vroeër gesê hy is bewus van die besettingsvoorval en die polisie se ondersoek duur nog voort. “As die klaer enige probleme ervaar, moet hy dit aanmeld by die stasiebevelvoerder of die Groblersdal-polisiëringsgebied se bevelvoerder vir ingryping,” het Ngoepe gesê.

Die situasie op die plaas is vandag rustig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Eish ·

Die grondgryp is oppad watookal AgriSA en die regering kwytraak. Mense op grondvlak toon duidelik die ware boodskap vir die stemvee se strekwydte. Die gereg wat hande gevou sit bewys ook dat ons nie ons vertroue in hul kan stel nie.

Willem ·

Die ANC regering en CR sal ons vertel hierdie berig is bangmaakstories.

HESTER ·

Ek bly in Burgersfort en dit het reg hier onder ons neuse gebeur. Baie hier vertel hoe onwettig dit is, dit sal nie sommer gebeur nie. DIT HET EN DIT IS SO DIE POLISIE STAAN EN KYK.

Willem ·

Dankie, dis erg kommerwekkend, mens se hande voel afgekap, veral as mens so die berigte hier vandag lees. Dit lyk my hierdie dag is die datum wat in die geskiedenis opgeteken mag word, die ANC se paai is verby, niemand glo in allegeval al vir lank wat hulle sê nie, ons is nie kleuters nie.

Johan Barnard ·

En moet net nie vergeet van hulle bedmaatjies AgriSA nie. Sonder hulle sal die hele gronddiefstal nie so maklik gebeur nie. Hulle word gebruik om die boere sag te maak en te laat dink dis nie so erg nie. Klomp Roelf Meyer, Beyers Naudé, al die Bothas in die geskiedenis, de Klerk, Heunis, Max du Preez, Adriaan Vlok, Rene Otto, Constand Viljoen, Carl Niehaus, Derek Hanekom-gespuis wat hulle as volksgenote voordoen en dan volksverraaiers is.

Askies ·

Hoekom kan hulle nie bietjie vrees vir hulle lewens nie? Die boer hardloop van sy eiendom af sodat onwettige grondbesetters daar kan shacks opslaan en NIEMAND dink dat die veld ook daardie kant kan brand nie?

Johan ·

Sal jy nie ook “hardloop” as jy 70 jaar oud is en alleen staan nie?

@ Johan ·

Ja Johan ek se NERENS hy mag nie weg hardloop nie, lees weer .. Ek se die GRONDBESETTERS kan mos nie net toelaat om te bly terwyl die ouman moet weghardloop nie. EK se maar net dat nes die grondbesetters mense se plase kan afbrand kan hulle goed mos ook brand dan nie? LEES WEER voordat jy kommentaar lewer, ek sien jy mis ‘n paar woorde.

zoom zoom ·

En dit gaan ook nie die laaste een wees nie. Sekere politiekr party ile van oor tot oor op hulle oorwinning.

Hendrik Havenga ·

Ken Tjatsi baie goed het al op Penge myn beheer gevat en dit nag vir my gemaak in die hostel hy is die grooste oorsaak dat Penge myn gesluit het en duisende werk loos gelaat het.

toy ·

Hier gaan ‘n klomp mense wees wat bakhand gaan staan en nog doodgaan van die honger want hulle wil alles tot niet laat gaan.

HESTER ·

Wat ek wil weet hoekom moet hulle by Tjatsi koop, daar is dan grond gratis aan hulle belowe?

SNEL ·

My vraag ook, boere kry nie vergoeding nie, maar hulle moet Tjatsi R2500 vir n stukkie grond gee, so wie “pocket” nou daai geld?

Amelita ·

Dit is presies hul taktiek. As die eienaars vanaf die grond is gaan hulle se dat grond onbewoon is en hul dit dus kan vat.
Is daar nie n klomp jong manne wat daar saam met die eienaar kan gaan bly en soort van sekuriteit aan bied vir verblyf en kos.

Anoniem ·

Hester Jy is so reg, wetteloos ! Maar President Ramaphosa is aandadig aan dit alles want Malema ‘charge’ hom op ! Lelike goed is aan die KOM ! Ek sidder om daaraan te dink ? Be safe !!!

CL ·

Selfs die mees positiewe mense in SA kan ons ondergang nie meer ontken nie. Hoop almal het ‘n plan B want dit lyk asof ons dit baie binnekort gaan benodig.

Gawie Botha ·

Die grondbesetters is besig met provokasie,uitlok aanlok van die blankes om “Plakkers” met geweld te wil verwyder,aangesien die eerste linie van verdediging die polisie nie wil optree terwyl misdaad in hulle teenwoordigheid gepleeg word,en daardeur hulle self skuldig maak aan regsverydeling!Politieke partye en Staats president keur hierdie handelinge van die grondbesetters goed,aangesien hulle niks sien,niks hoor en niks se!

Anoniem ·

Hongersnood !!!!! Waar is hulle saad en trekkers om te ploeg en plant weet nie eers hoe dit gedoen word nie net plakkershutte op te sit what a shame on the goverment

Janice stoddart ·

The farmers better start standing together and fight this otherwise it will carry on relentlessly. Where is afriforum helping them. Farmers must stop producing.

Nandi ·

Dis jou reg om jou eiendom en gesin te beskerm. Boere staan saam! Moenie vlug nie! Gaan help die oom asb! Daar is goeie mense in Burgersfort. Ons gaan moet begin saam staan en mekaar begin help. Kom by mekaar. Maak n plan. Leer jou bure ken.

Stoffel ·

Hierdie soort van vergrype gaan al meer toeneem sodat ons daagliks moet hoor vanaf organisasies dat ons nie bekommerd moet wees nie want SA is mos n regstaat en sekere prosedures moet gevolg word wat die wet toelaat. Wakker word! Die sneeubal is aan die rol mense en soos ons almal weet is die owerhede nie in staat om enige beheer toe te pas nie.

HPV ·

Dan Kriek het gesê die boere het ‘n plan en Roelf Meyer sê ons verstaan Cyril verkeerd. Ek dink die plan moet nou in werking gestel word, en sal Roelf so gaaf wees om aan ons te openbaar wat Cyril eintlik gesê het…

Johan Barnard ·

Roelf is nie eers in staat om te sê wat sy eie maagpyn beteken nie. Maar adders kry seker nie maagpyn nie.

Elsa ·

Kan julle nie eerder begin bid as om te vergelyk met buurlane nie? Op wie of wat vertrou julle? Baie se taal is swak en dit openbaar wat in jou hart aangaan…Keer terug na die Woord Vertrou en erken dat Hy God is oor Suid Afrika…waardeur word julle opgesweep?
skrik eenkeer en dis WAKKER

Antiestabliesment ·

@Elsa
Die boere in Oud-Rodesië het ook gebid, en toe hulle wakker skrik en oë oopmaak na gebed toe staan die Plaas besetter met sy panga in die huis.

Marlene ·

Elsa,
ek glo aan gebed, maar dink jy nou regtig gebed alleen gaan jou red, ons Vader het vir ons n brein gegee om te kan dink en te kan sien wat om jou aangaan, niemand sweep vir niemand op nie, dit is daar vir almal om te sien, om te bid en dan te sit en wag vir beter dae, gaan niemand help nie, ons moet bid vir krag en vir uitkoms, en om ons te help om voorbereid te wees as die duiwel wil oorvat, dink jy regtig almal wat vermoor is, het nie ook gebid nie, maar en nou se ek nie almal nie, maar baie mense was nie voorberei nie, het nie die nodige voorsorg getref nie, baie van ons is skuldig daaraan, want ons het mos klaar gebid, en nou moet die Vader maar alleen sorg en ons veilig hou

Liz ·

Amen Elsa. Ps 91 sê al val n 1 000 aan my sy en 10 000 aan my regterkant, na my sal hul nie aankom. God is AL Een wie ons op kan vertrou. Almal het geglo Mittal gaan sluit. Ek het elke keer as ek n koerantopskrif sien gesê ek bind dit in Jesus se Naam dit SAL NIE SO WEES. Nou staan op d lamppale Mittal bring goeie nuus vd Vaal. God is steeds d God vd Bybel. Hy is in beheer. Keer terug na Hom. Repent en vertrou Hom dan.

Stuiwer ·

Elsa, met alle respek gesê: JY moet wakker skrik! Dit help nie jy bid en doen niks van jou kant af nie. God het ons gemaak sodat ons onsself ook kan help. As iets buite jou beheer is, by all means, bid, maar onthou een ding: mense in Zimbabwe het waarskynlik ook gebid en kyk wat het gebeur. Ek sê dit nie om negatief te wees of om ongelowig voor te kom nie, want ek glo dat by God is enigiets moontlik, maar wat doen jy as jy bid en dinge raak erger? Gaan jy dan vir God blameer? Nee, doen alles van jou kant af en laat die res dan aan God oor.

Rudi ·

Duidelike aanduiding dat boere nie aggresief genoeg saamstaan en terugdruk nie. Dit werk vir plakkers en is enigste manier om polisie te forseer om op te tree om kosbare plakkers te bekerm.

flip ·

Neem baie fotos en videos. Dit is belangrik om te keer dat die geskiedenis weer oorgeskryf word in die toekoms. En dit is belangrik nou vir die plaaslike en internasionale media.
As jy ‘n drone het, gaan neem die situasies af vir die boere of grondeienaars. Veral die optrede van die polisie. Kry gesigte, voertuigregistrasie nrs. Dit kan handig te pas kom in die toekoms.

Annakapat ·

Die “land grabbing” berigte pryk al op die Daily Mail koerante met Cyril se laggende gesig daarby!

Jane ·

KLA DIE POLISIEMANNE OOK AAN . DIT IS NONSENS DAT HULLE WEG KOM MET ALLES.

Johan ·

Die Polisie is sleg – sleg verby. Sal niks doen nie.

En rassisties- Ek het EERSTEHANDS ervaar toe ‘n swart polisiebeampte ‘n Indierman sleggese het. Maar hy mag mos.

skaap ·

As ons ‘n vinnige fout ontleding doen oor hoe die grondgrype kan plaas vind.
1 – Wettige grype gebeur geleidlik want die staat is stadig en korrupt.
2 – Die onwettige grype gaan vinniger gebeur teen eienaars wat nie die geld of mag het om dit teen te staan nie. Ook soos die voorbeeld hierbo gaan die polisie dit nie altyd kan of will stop nie.
3 – Mense Oos van die vis rivier moet Kaap toe vlug as hulle nie oorsee gaan nie.

Opsies:
As ek Oos van die vis rivier bly sou ek ergnsg plan maak om Kaap provinsie toe te trek na een van die veiliger
gebiede.
As ek grond besit in die Kaap sou ek vlugtelinge uitnooi om te kom kamp opslaan op my grond. Dit sal ontmiddlik sekeurteid bied teen onwettige grondgrype en aanvalle. Ja dit bring ander problem
maar dit is meer werkbaar as wat al my grond gevat word. Dink aan ‘n tipe kaboets model wat die beginsels van Orania gebruik.

Waneer die wettige grondgrype uituindelik by die Kaap grootskaals gebeur dan het ons die getalle om dit teen te staan. Ons kan selfs die Kaap onaanklik verklaar as daar genoeg vlugtelinge hier kom en stem vir die regte party(#CapeParty#CapeExit)

Woedend ·

Die toestand op die plaas sal natuurlik rustig wees want hulle het mos gekry wat hulle wou hê. Hoe pateties!!!

Colleen ·

Brand alles af dan het niemand niks en gooi chemiese stof op die grond en kyk hoe groei niks.

Vrou_alleen ·

Hoe meer ek van dié dinge lees, hoe banger raak ek.
AL wat nou deur my gedagtes gaan… is…
HERE.. help ons nasie asb, en wees ons net genadig!

Boertyd ·

Wel, dan gaan ek nou maar my trekker vat, so 1000 van hulle huise omploeg en vir my mielies daar plant. Reent-seisoen is om die draai en my plaas ken nou geen meer grense nie.

susan ·

Ek is geskok in mense se onkunde. Brand jou huis motor en werkplek af en sien waarvan jy dan gaan leef?

Verstom! ·

Mnr Boer … ek voel so jammer vir jou. Wat jy ookal doen, moet tog net nie vergeet om die mense met die nodige respek “aan te spreek” nie. Respek wat hulle duidelik verdien en jy nie. Belaglike land waarin ons woon!

Erick ·

Vandag het ons in Polokwane gehoor dat SEWE plase in Randfontein ook oorgeneem gaan word. Die Boere is aangese om net hulle persoonlike besitings te neem en pad gee. Hulle is aangese om al die plaas instrumente, beeste ens net so te los. Is hierdie die waarheid?

Penellope Jones ·

D-day.
Die belofte is mos oral uitgesaai, so wie gaan nou wag tot wanneer die regering nou eendag “gereed” is om te begin met die uitdeel van plasel, vat sommer dadelik.
‘n Belofte is mos ‘n belofte. . . . .

RJS ·

So wat nou afrikaner boere? Gaan ons mekaar help? Indien dit waar is moet ons nou inspring.

Stuiwer ·

Snaaks hoe Ramaphosa swyg oor wat op die oomblik gebeur. Grond word net beset en daar word NIKS gedoen om dit te keer nie. CR kan NIE vertrou word nie, maak nie saak wat hy sê nie.

Stuiwer ·

Liz, ek is so bly dat jou gebede so kragtig is en dat God dit so vir jou beantwoord dat dit op die lamppale pryk. Wat doen jy as jou gebede nie beantwoord word nie? Voel jy dan nie so belangrik nie? Onthou, ons bly op die aarde en ons moet die lewe op die aarde kan lewe en nie die heeltyd met ons koppe in die hemel nie. Laat God toe om God te wees en doen jy dan net alles moontlik van jou kant af en as jou gebede beantwoord word, gee aan God al die eer en nie aan jouself nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.