Grondbesetting-saak: Hoogste hof stuit EFF finaal

Julius Malema, leier van die EFF (Foto: EFF/Twitter)

Ook die Konstitusionele Hof het nou Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 bekom het, van die hand gewys.

Dit is die sesde (en laaste) keer dat Malema en die EFF in dié saak op hul neus kyk.

Die land se hoogste hof het boonop beveel dat die EFF al die oorblywende regskoste wat hy AfriForum skuld – weens die afgelope ses jaar se hofgevegte oor dieselfde kwessie – met rente moet betaal.

Die huidige uitstaande bedrag beloop ongeveer R215 000.

Rente moet ook vanaf 2018 tot op datum op hierdie bedrag betaal word. Die EFF sal ook die jongste kostebevele van die hoogste hof van appèl en die Konstitusionele Hof moet betaal sodra dit belas is.

“Die EFF se hubris, die begeerte om wetteloosheid aan te blaas en sy liefde vir ligsinnige hofgevegte het hom uiteindelik duur te staan gekom,” sê Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum.

Maroela Media het vroeër berig die interdik waarteen Malema en die EFF met alle mag wou appelleer, het hulle verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset.

Die interdik is destyds by verstek toegestaan nadat Malema se prokureurs in 2017 versuim het om vir die hofsaak op te daag. Daarna is Malema se terugtrede-aansoek met koste van die hand gewys.

Die hooggeregshof het daarna die EFF se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys voordat die Konstitusionele Hof die EFF se aansoek om direkte toegang en verlof tot appèl van die hand gewys het.

Die appèlhof het daarna die aansoek van die hand gewys.

“Dit is nou vasgestelde wet dat aanhitsing om grond te betree en grond te beset ’n ernstige misdaad is en as die EFF in die toekoms hierdie misdaad pleeg, sal hy skuldig wees aan minagting van die hof,” verduidelik Van Zyl.

“Die implikasies van Malema en die EFF se intense desperaatheid, ses mislukte pogings om presies te wees, om hierdie grondbesettingsuitspraak om te keer, is ontstellend. Hoekom is die EFF so vasbeslote om wetteloosheid en misdadigheid te kan aanblaas?

“Miskien omdat hierdie nederlae teen AfriForum ’n stokkie voor hul planne gesteek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

Opvallend die bedrag tov regskoste. As Mpofu optree is daar ‘n ekstra nul by. Laat mens wonder. Wonder ook of agbare Malema die uitspraak gaan / sal aanvaar

Bolandse Nooi ·

Hulle gaan – soos gewoonlik – hulle 0 op ‘n knop trek en daaraan afvee.

JohanR ·

Hoekom vat alles te doen met hofe soe lank in die land? Van Zuma se sake gaan al 30 jaar aan!

Michael ·

Watter hofuitspraak of hofbevel teen hulle het enigsins hul optrede nou al verander? Dis lagwekkend om te glo die uitspraak gaan hulle stuit-dit beteken absoluut NIKS

Carel ·

Wanneer jou minderwaardigheids kompleks deur haat aangevuur word. Shame

Martie Smartie ·

Die probleem is die toepassing. SAPD en sy minister onbevoeg. Punt. Klaar.

Anel ·

Pleks die lot net verban word. Kriminaliseer die eff en ontbind hulle.

miche ·

Dié uitspraak gaan hulle(EFF) van kwaad en bitter tot woedend dryf…
Dit beteken seker weer ‘n “spike” in plaasmoorde, ens. Wees voorbereid.

gpsa ·

Minagting van die hof? Hy sal lag daarvoor, vra maar vir ons vorige president of dit iets beteken, sal hulle nie afskrik nie.

Sê maar net ·

Hoera vir Afriforum!!!
Too bad vir ou Julia!!!
Lekker kry ek nou!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.