“Grondbesettings nie verkeerd nie” – Malema

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê daar was niks verkeerd met die poging tot grondbesetting in Nellmapius, Pretoria-Oos, vroeër vandeesweek nie.

“Dit is die progressiewe programme wat oral in Suid-Afrika moet gebeur,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Indien die regering nie aan die mense grond kan gee nie, moet hulle dit vat. “Dit is ons grond. Hulle moet dit vat. As jy nie die massa kan lei nie, gaan hulle dit self doen.”

Malema het gesê hy gee nie om of dit staatsgrond of privaat besit is nie, en die EFF is nie skaam oor hierdie deel van die struggle nie. Hy het gesê daar gaan meer van hierdie “programme” wees ná die party se nasionale vergadering wat na verwagting in Desember gehou gaan word.

Nellmapius-inwoners het Woensdagoggend probeer om plakkershuis op die grond op te rig. Die ANC in Gauteng het gesê die grond is geoormerk vir laekostebehuising. Die plakkershuise is gesloop en die inwoners was ontstoke. Hulle het Tshwane-metropolisiebeamptes met klippe bestook en paaie met klippe, boomtakke en brandende bande versper. Die metropolisiebeamptes het met rubberkoeëls op hulle losgebrand.

Vusi Msiza, voorsitter van die EFF se Nellmapius-tak, het gesê die grondbesetting het al verlede Sondag begin. “Daar was mense wat probeer het om die plakkershuise op te rig. Die EFF het besluit om die gemeenskap te ondersteun omdat ons almal hierdeur geraak word,” het hy Woensdag gesê.

Lees meer oor die besetting by Nellmapius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fanie ·

Gaan dit verkeerd wees as grondeienaars hierdie grondrowers met geweld verwyder/

Anoniem ·

Glad nie. Jy het mos betaal vir jou grond of moet die wat lenings het ophou betaal en die banke dan die uitstaande skulde dan afskryf? Groot problem wag vir ons.

alet ·

Ek het ook n stuk grond in die oog sal graag Malema wil ontmoed sodat hy mY kan help om dit te kry,en hy moet vir my n groot huis daarop laat bou nie n RDP huisie nie Dan kan die lewe hollands wees. Hy speel met vuur en gaan sy vingers lelik verbrand dit belowe ek hom Vuur met Vuur een d dae

HEVW ·

As die EFF die reg het om die verantwoordelikheid uit die hande van die regerende ANC te gryp en hulle aan wetteloosheid te vergryp, dan kan enigeen in die land dit doen en strafloos wees.Hierdie man gaan groot probleme veroorsaak. Dit is duidelik dat hy revolusie stook, en hy is nie instaat om die gevolge daarvan te bereken nie.

jakoos ·

Tydens Donderdag se woelinge in die Parlement het die twee Mulders en lede van die VF+ duidelik lustig meegedoen aan die pogings om verrigtinge te vertraag – wat eintlik deur die EFF en die DA aangevoer is. Deur dit te doen het die VF+ hom openlik aan die kant van die EFF geskaar – al sal hulle wil aanvoer dat dit net oor die ding teen Zuma gegaan het.

Nou kom Malema en voer aan dat grondbesettings ‘n reg is en ten volle geregtig is. Dit is dieselfde Malema wat al gese het dat plase (van wit boere) eenvoudig beset en oorgevat moet word.

Hy kan nou aanvoer dat die VF+ hom in die openbaar gesteun en bygestaan het met die optrede in die Parlement en hom dus ten volle steun in sy menings oor grondgryp.

Sien julle nou wat julle aangevang het, Pieter?

Dave ·

Malema, die DA se venoot, is besig om presiès dit te doen wat die DA hul voor beywer; grondhervorming. Dit ìs immers deel van die DA se grondbeginsels. So jou reaksie hierteenoor moet in lyn wees met die politieke party wat jy ondersteun. Indien jy jou kruisie getrek het vir die DA (wat op ‘n stadium dit selfs oorweeg het om in alliansie met die EFF te gaan) behoort jy daarmee genoeë te neem. Sien waarmee jy en jou ondersteuners besig is, Helen? JUlle het nie slegs Eskom tot bankrotskap gedryf, julle maak die hele land bankrot.

Dave ·

Wanneer julle die snert wat ‘jakoos’ kwytraak lees, moet julle gaan kyk watter LP’s beweer dat hulle aangerand is Donderdag tydens die parlementsgeveg toe hulle die EFF-LP wou verdedig toe sy uitgesmyt is. Die DA se mense is diegene wat haar probeer verdedig het en in die lokaal hou en hùl hoofsweep sê dat hulle aangerand is deur die polisie.

jakoos ·

Dave, het jy na die hele affere Donderdag op TV gekyk? Ek praat nie van die gebeure nadat daai vrou van die Malemas verwyder is nie. Ek vermoed jy is reg as jy se die DA het haar probeer beskerm en waarskynlik die polisie getakel.

Ek praat egter van die gebeure vroeer in die dag toe die opposisiepartye probeer het om deur middel van ‘n magdom mosies verrigtinge uit te rek en bespreking van die komitee oor Nkandla se verslag stop te sit. Dit was hier dat die VF+ lustig aan die dinge deelgeneem het – hulle heelhartig by die Malemas EN die DA geskaar het.

En ek hou vol dat deur dit te doen, hulle deur die Malemas (en soos jy tereg daarop wys, ook die DA) wat saamstem met grondgrypstappe, voor stok gekry gaan word as die VF+ nou teen grondgryp beswaar wil maak. Julle het mos nou die dag mooi by ons en die DA gestaan, sal daar aangevoer word, hoe kan julle nou weer teen ons draai.

As jy dink dit is twak, hou net dop wat sommer binnekort gaan gebeur!

Lynni ·

Die hele klomp in die parlement sit net daar vir die vet salarisse wat hul ontvang. Verder praat hul saam met die EFF. Hoekom kom hul op vir die EFF? Kyk hoe het die wit lede van die DA aangegaan in die parlement.

jakoos ·

Die wyse waarop daai wit DA-lede tekere gegaan het, is een van die dinge wat my net so pla. Het jy ook gesien hoe die SABC TV-nuus die snit waarin die drie DA-lede in hulle swart pakke so te kiere gaan, aanhoudend oor-en-oor gespeel het. DIT is die indruk wat op sartes oor wittes gemaak word.

Lynni ·

Nog iets wat mens pla. Hoekom opkom vir daai vrou van die EFF? Dis goed die polisie het haar verwyder. Hul sit en skreeu voetsek in die parlement. Wys middelvinger. Dis ‘n parlement nie sjebeen nie. Dis wat mens kry as onopgevoede mense sonder geleerdheid in sulke posisies aangestel word.

snip ·

miskien moet ek maar n draadsitter word, want na dese weet ek nie meer vir wie om my x te trek nie

Kys ·

Jakoos, dit gebeur tog daagliks dat mense oor een saak saamstem en later oor ‘n ander saak verskil. Ek is seker dit gebeur in jou huis tussen Jakoos en Vroulief. Daar is ook ander punte waaroor die partye hier saamstem en daar verskil. Of Malema in die openbaar daarvan melding wil maak dat hulle saamstem oor Zuma se bedrog is sy saak, maar hy kan nie ‘n heel ander saak, “grondhervorming, (jig, KLINK nie reg nie) bysleep en samewerking op sy siening verwag nie.

Dave ·

Jakoos, ek het weer jou skrywes gelees asook myne en my gevolgtrekking is dat ek jou ‘n verskoning skuld vir ‘n oorhaastige meningvorming. Maar jy is ook skuldig want soos vele mense wat kommentaar lewer het jy aangeval en dit aan die leser se diskressie gelaat om te besluit in watter kamp jy is. Reg of verkeerd het ek die grootste opposisie as alternatief gekies en geraai dat jy met Helen & kie is. Bes moontlik is jy steeds daar maar realisties genoeg om die DA ook te kritiseer. Andersins stem jy elders of stem jy dalk nie. Dit het egter geen belang in hierdie gesprek nie. Askies soos in sorry omdat ek jou aangeval het asof jy ‘n DA-lid is wat die VF+ bloot wil verneder. Terloops, ek is nie ‘n lid van die VF+ nie maar wanneer ek die huidige politieke partye se grondbeginsels in oënskou neem, is die VF+ s’n die naaste aan my eie idees.

jakoos ·

Dave, dis nou ordentlik van jou om askies te se^, maar eintlik is dit nie nodig nie want ek neem nie eksepsie teen enigeen wat nie met my saamstem nie – ek antwoord gewoonlik net terug!

Maar net ter inligting: Ek het in 92 se referendum laas gestem. Ek het daarna nooit weer as kieser geregistreer nie. Ek sal seker deur sommiges as ver-regs bestempel word, maar eintlik is ek nie – ek is nogal baie liberaal in my denke oor baie dinge soos godsdiens, aborsie, genadedood, dierebeskerming, selfs seksuele verhoudings (weer eens net vir duidelikheid: ek hou van meisies!).

Polities staan die VF+ baie, baie nader aan my eie denke as enige ander party, maar ek het waardering vir iemand soos Buthelezi en sy IVP want hulle staan onverskonend by hulle denke en beleid van vroeer.

As jy van my kommentare elders lees (soos onder Herman se nuuskommentare) sal jy miskien sien dat ek nie hou van die huidige anti-Zuma gegil nie. Nie omdat ek van die man hou of hom ondersteun nie – inteendeel, daar is van sy party se beleidsrigtings soos AA, BEE en “grondverdeling” wat my laat ril en gril.

Maar ek dink nie die land se probleme gaan opgelos word deur nou net van Zuma ontslae te raak nie. Dit kan dalk net erger gaan, want die kanse is uiters goed dat as Zuma uitgestoot word, die een wat oorneem nog verder links en radikaal gaan wees – selfs meer radikaal as die Malemas want dit is van daardie kant dat die sterkste bedreiging vir die ANC kom en gaan kom. Die DA, vermoed ek, gaan binne die volgende dekade nie meer ‘n faktor wees nie!

Dinge is erg genoeg soos dit nou gaan. Ek vrees vir die witman, maar veral die werklike Afrikaner se toekoms as dit nog erger moet gaan.

(NS. ek neem soms deel aan gesprekke oor hoe ‘n vorm van selfbeskikking vir die Afrikaner verkry kan word, maar deesdae begin ook hierdie dinge my frustreer en bekommerd maak. Lyk nie of daar iets daarvan gaan kom nie).

Dave ·

Jakoos, tydens die ’92-referendum het ek, as voorsitter van ‘n regsgesinde party, die NEE-tafel hanteer. En gedoen waaroor lank daarna steeds gelag is; ek het die kandidaat vir die Ja-stem, die adjunk-minister van boerdery van destyds, probeer oorreed om Nee te stem! Hy het daarna na my tafel gestap en saam met my gelag daaroor.

Miskien, net miskien, wens hy vandag dat hy dit gedoen het (of nie so nie Ben?) Jy sal miskien verbaas wees Jakoos, as jy sou weet met hoeveel dinge wat jy sê, ek eens is. Ek het myself destyds al ‘n liberale konserwatis genoem. Op hierdie forums het ek meer as een keer vir DA-lede gesê dat, as die ANC sou duik, dit nie ten gunste van die DA sal wees maar vir nòg linkser en nog meer kommunisties.

Rakende selfbeskikking wat jy hier ter sprake bring; ek sal geen moeite doen daarvoor solank die pro-tuislanders ‘n onafhanklike staat wil instel wat omring is deur swart grense. Watter nut sou dit dien as hulle slegs al die deurgangspunte kan toemaak? Ek sal my slegs beywer vir ‘n onafhanklike staat indien dit ‘n kuslyn (met moontlikheid van ‘n hawe) sou insluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.