“Grondbesettings nie verkeerd nie” – Malema

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê daar was niks verkeerd met die poging tot grondbesetting in Nellmapius, Pretoria-Oos, vroeër vandeesweek nie.

“Dit is die progressiewe programme wat oral in Suid-Afrika moet gebeur,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Indien die regering nie aan die mense grond kan gee nie, moet hulle dit vat. “Dit is ons grond. Hulle moet dit vat. As jy nie die massa kan lei nie, gaan hulle dit self doen.”

Malema het gesê hy gee nie om of dit staatsgrond of privaat besit is nie, en die EFF is nie skaam oor hierdie deel van die struggle nie. Hy het gesê daar gaan meer van hierdie “programme” wees ná die party se nasionale vergadering wat na verwagting in Desember gehou gaan word.

Nellmapius-inwoners het Woensdagoggend probeer om plakkershuis op die grond op te rig. Die ANC in Gauteng het gesê die grond is geoormerk vir laekostebehuising. Die plakkershuise is gesloop en die inwoners was ontstoke. Hulle het Tshwane-metropolisiebeamptes met klippe bestook en paaie met klippe, boomtakke en brandende bande versper. Die metropolisiebeamptes het met rubberkoeëls op hulle losgebrand.

Vusi Msiza, voorsitter van die EFF se Nellmapius-tak, het gesê die grondbesetting het al verlede Sondag begin. “Daar was mense wat probeer het om die plakkershuise op te rig. Die EFF het besluit om die gemeenskap te ondersteun omdat ons almal hierdeur geraak word,” het hy Woensdag gesê.

Lees meer oor die besetting by Nellmapius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fanie

Gaan dit verkeerd wees as grondeienaars hierdie grondrowers met geweld verwyder/

Anoniem

Glad nie. Jy het mos betaal vir jou grond of moet die wat lenings het ophou betaal en die banke dan die uitstaande skulde dan afskryf? Groot problem wag vir ons.

alet

Ek het ook n stuk grond in die oog sal graag Malema wil ontmoed sodat hy mY kan help om dit te kry,en hy moet vir my n groot huis daarop laat bou nie n RDP huisie nie Dan kan die lewe hollands wees. Hy speel met vuur en gaan sy vingers lelik verbrand dit belowe ek hom Vuur met Vuur een d dae

HEVW

As die EFF die reg het om die verantwoordelikheid uit die hande van die regerende ANC te gryp en hulle aan wetteloosheid te vergryp, dan kan enigeen in die land dit doen en strafloos wees.Hierdie man gaan groot probleme veroorsaak. Dit is duidelik dat hy revolusie stook, en hy is nie instaat om die gevolge daarvan te bereken nie.

jakoos

Tydens Donderdag se woelinge in die Parlement het die twee Mulders en lede van die VF+ duidelik lustig meegedoen aan die pogings om verrigtinge te vertraag – wat eintlik deur die EFF en die DA aangevoer is. Deur dit te doen het die VF+ hom openlik aan die kant van die EFF geskaar – al sal hulle wil aanvoer dat dit net oor die ding teen Zuma gegaan het. Nou kom Malema en voer aan dat grondbesettings ‘n reg is en ten volle geregtig is. Dit is dieselfde Malema wat al gese het dat plase (van wit boere) eenvoudig beset… Lees meer »