Grondbesettings sal nie geduld word nie, sê ANC-voorsitter

Sihle Zikalala, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal by ʼn media-ontbyt in Durban (Foto: African News Agency/ANA)

Grondbesettings sal nie in KwaZulu-Natal geduld word nie, het die voorsitter van die ANC in die provinsie, Sihle Zikalala, Dinsdag gesê.

“Ons sal seker maak dat grondbesettings nie geduld word nie. Dit is ekstreme linkse groepe soos [Black First, Land First] wat onwettige besettings aanmoedig,” het hy gesê.

Zikalala het redakteurs, verslaggewers en politieke analiste by die Coastlands Hotel in Musgrave toegespreek. Die informele byeenkoms is deur die provinsiale ANC gereël om kwessies op te klaar wat betref die party se verkiesingsmanifes.

Zikalala het gesê die provinsiale regering het verlede week Vrydag ʼn saak teen die grondbesetters gewen. “Die departement van menslike nedersettings en eThekwini-munisipaliteit is hof toe. Die hof het vantevore gesê dat jy nie mense kan uitsit sonder om alternatiewe nedersetting te verskaf nie. Ons is hof toe en het dit teengestaan en die saak gewen.

“Ons kan nou ʼn persoon verhoed om skuilings op onbesette grond op te rig. Ons gaan dié besluit implementeer, want dit is iets wat ons tot dusver frustreer het.”

Oor behuisingsbehoeftes van diegene op die lae kant van die middelklas, het Zikalala gesê persone in dié inkomstekategorie kwalifiseer nie vir HOP-behuising nie en het ook nie toegang tot talle ander staatsdienste nie, weens hul inkomstekategorie.

Die regering wil dus met twee projekte begin – een wat tot voordeel sal wees vir persone in dié inkomstekategorie en diegene wat behoeftige werkloses is.

“Ons sal behoorlike informele nedersettings oprig waar ons persele het wat munisipale dienste kan lewer. Dit sal die kwessie van verstedeliking van hawelose werkloses in KwaZulu-Natal aanroer.”

Verstedeliking beteken dat die regering nie kan voldoen aan die aanvraag vir bekostigbare behuising nie.

“As ʼn regering het ons ingestem dat ons persele moet skep waar mense kan bly, hul eie informele huise kan oprig, en toegang het tot elektrisiteit en water.”

Dié nedersettings sal goed ontwerp wees, met toegang tot paaie en “goeie” sanitêre stelsels, het hy bygevoeg.

Die regering probeer ook om die middelklas te ondersteun wat nie behuising kan bekostig nie, om seker te maak dat hulle toegang het “tot behoorlike persele waar hulle huise kan bou”, het Zikalala bygevoeg. “Dit sal gedoen word in samewerking met die regering en banke soos “Ithala” en “een van die privaat banke”. Ithala Bank is ʼn finansiële instelling wat aan die provinsiale regering behoort.

“Die middelklas kla. Hulle sê die lewe is nie so maklik soos wat dit was vyf of 10 jaar gelede nie. Om die persone in dié inkomstekategorie te akkommodeer, sal projekte soos Cornubia bespoedig word.”

Ontwikkelings in ander gebiede, soortgelyk aan die Cornubia-model, sal ook van stapel gestuur word, het hy bygevoeg.

Cornubia is ʼn gemengde gebruik, gemengde inkomste ontwikkeling en is ʼn gesamentlike poging tussen die suikerreus Tongaat Hulett en eThekwini-munisipaliteit. Volgens die munisipaliteit het Cornubia die vermoë om 24 000 huise te verskaf.

Zikalala het gesê KwaZulu-Natal sal oor 10 jaar heeltemal anders lyk. “Pietermaritzburg en Durban sal verbind wees aan mekaar. ʼn Sneltrein sal die twee aan mekaar en aan King Shaka Internasionale Lughawe verbind. Daar is ook ʼn moontlikheid van ʼn dorp tussen die twee stede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

David ·

Werklik?

..en wanneer die ANC ‘n verkiesing verloor, verander julle opinie handomkeer en jaag julle witmense van hulle eiendomme af soos in Zimbabwe !

Dries du Toit ·

SAL NIE GEDULD WORD NIE. HA HA. Wat is die verskil tussen grondbesetting en onteiening sonder vergoeding.

Koos de Meyer. ·

Ek wonder net waar gaan die geld vandaan kom om al hulle beloftes na te kom. Miskien droom hulle van ‘n dorp tussen die twee stede. En wie gaan betaal vir die werkloses se krag en water ens., beloftes beloftes.

Theresa ·

Regtig??!! Praat, praat, praat, praat en nogmaals praat, praat, praat……………….
Whatever!!!

Hendrik UAE ·

As hulle nie ”produce ”nie brand ons net die af wat klaar gebou is. Maklik man!

Sarel ·

Miskien in Natal, seker ook net in sekere gebiede. In die NW blyk dit aangemoedig te word. Die besettings sal gebeur ongeag die regering se versekering en dit sal die een of andertyd op konflik afstuur en die regering weet dit en sit geduldig en wag .

Diefie ·

ANC nou hoekom laat julle dit toe dat “grondbesetter” op die skouers en tussen die inkommende en uitgaande bane van die N1 grondbeset, hier in die Kaap? Dit steek nou orals kop uit, in elke hoofstraat, hoofpad en ons kan dit aanmeld net waar ons wil, ons word geignoreer.

Hanna Hoekom ·

Amper verstik ek nou aan my koffie… Regtig? Grondbesettings gebeur omtrent daagliks. En dan moet alternatiewe huisvesting verskaf word? Waar laat dit n privaat grondeienaar? Maklik vir die staat om te praat. Nou moet iemand sekerlik vir hierdie informele huisvesting en munisipale dienste betaal sou ek reken… En die vuisvoos belastingbetaler sug.

@ Tik tok tik tok ·

Kyk hulle moet my huis probeer vat ne, maar hulle gaan die paaiement saam om vat en elke sent aan my terig betaal wat ek reeds betaal het om my huis of ek brand hom af tot op die grond. hy kan dan maar sy chack da bou

alida ·

Slange met drie koppe. Hulle verander hul stories elke liewe dag.

PIET ·

ok goed en wel hulle sal dit nie duld nie maar op eloff n klein dorpie net buite delmas verkoop die a&n& c grond wat nie aan hulle behoort nie maar wel aan n privaat eienaar.

daar is tot n bord op wat die prys op die erwe insluit saam met die rates en taxes.
die waarde van huis pryse het soveel geval en misdaad het oornag die hoogte ingeskiet.

wat kan jy maak?

Andre ·

Die regterhand weet blykbaar nie wat die linkerhand doen nie.

JG ·

cANCer kan nie eers die bestaande fasiliteite wat hulle in 100% werkende toestand oorgeneem het in stand hou nie, hoe gaan hulle nuwe fasiliteite kan skep en onderhou ? Die cANCer se twee brein-selle praat duidelik nie met mekaar nie.

John ·

…. onthou hy praat van Natal. En die plakkers sal na ander gebiede verjaag word… Zoeloes eerste en laaste. En naturlik woon ‘n paar Indièrs daar wat sorg dat hul broodjies bo en onder gebotter bly. Wat is die issue?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.