Grondbesit-verbod slegs op landbougrond, sê Zuma

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die regering se voorstel dat uitlanders nie grond mag besit in Suid-Afrika nie, sal slegs van toepassing wees op landbougrond, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.

Zuma het reageer op ʼn parlementêre debat oor sy staatsrede.

Hy het aan LP’s gesê die plafon van 12 000 hektaar vir grondeienaarskap sal nie op só manier gedoen word dat dit voedselsekuriteit bedreig nie.

Met verwysing na die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, het Zuma gesê hy het e-posse van besorgde lede van die publiek ontvang oor grondeienaarskap en -hervorming. “ʼn Vraag is gestel of ʼn uitlander wat ʼn huis in Johannesburg wil koop dit wel sal kan doen en of die beperking slegs op landbougrond van toepassing is,” het hy gesê. “Die antwoord is dat die wetsontwerp slegs op landbougrond van toepassing is. Dit het nie enige invloed op uitlanders wat woonhuise wil koop nie.”

Hy het glo ook navrae ontvang of die nuwe beleid van toepassing sal wees op multi-nasionale korporasies in Suid-Afrika. “Multi-nasionale maatskappye sal slegs hierdeur geraak word indien hul eiendom landbougrond insluit.”

Zuma het verwys na ʼn e-pos wat hy van ʼn suikerrietboer in KwaZulu-Natal ontvang het, wat gesê het die land sal ʼn voedselkrisis beleef indien die 12 000 hektaar-plafon ingestel word. Die e-pos het daarop gewys dat 100 van die land se boere 70% van die kos produseer en indien hulle gedwing sou word om die grootte van hul plase te verminder, sal die vervaardiging halveer.

“Daar is twee antwoorde op hierdie kwessie,” het Zuma gesê. “Ons doen hierdie stappe presies omdat die noodlot van te veel in die hande van te min is.” Hierop het Zuma luide applous ontvang uit ANC-geledere. “Ons is deeglik bewus van die bydrae van die land se hardwerkende boere tot die ekonomie en voedselsekuriteit. Doeltreffende deelname van die voorheen uitgesluite swart meerderheid in landbou en voedselvervaardiging sal egter slegs betekenisvol plaasvind wanneer hulle toegang tot grond het en dit kan verbou.”

Hy het LP’s verseker dat “niks gedoen sal word wat voedselsekuriteit in die land sal bedreig nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Los ons land, los ons boere se grond jou vuilgoed!!!!!!!!!!

Hendrik ·

Dit is waar dit begin. Stadig word die paddatjie se water warm gemaak sonder dat hy agterkom. Hy pas aan en aan tot dit te laat is….Dit was eers “load shedding”, pasop vir “foodshedding”, “watershedding”.

Om positief te wees is dit tyd dat almal skouer aan die wiel sit. Dit help nie veel om net te stem by die stembusse nie. Die eerste kort termyn manier om iets te doen is om by ‘n burgeregtegroep aan te sluit. Hulle het die finansies en kennis om sake in die hof te beveg in ons regsstaat. Volgende is om onafhanklik te raak vanaf die staat se dienste sodat jy nie slagoffer is van die dienste verval (bv. krag, water). Op die langtermyn moet die sakeondernemings die regering wys dat hulle beleide (AA, BBBEEE ens. ) nie ekonomies sin maak deur te weier om dit te implimenteer of besigheid te doen met die staat (soos AngloCoal).

zahn ·

Ek het nog nooit gesien dat buitelanders, wat lanbougrond in SA besit, dit laat verwaarloos nie. Dis nie waar die probleem is nie. Die probleem is die spul oningeligte, luigat kaders wat plase kry, geen boerdery agtergrond het nie, (lees varke wat mekaar vreet uit hongerte, Nosy Pieterse wat net een pampoen per jaar kan produseer), landbougrond laat erodeer en gevestigde boerderye tot niet kan laat gaan binne een seisoen. DIT is wat voedselsekuriteit bedreig, zuma, nie die buitelanders met geld nie. In baie gevalle koop hulle boerderye wat finansieel sukkel, pomp miljoene rande daarin, maak dit weer ‘n lewensvatbare boerdery wat werkskepping verseker. Ai, tog, ek is nie ‘n boer nie, ongelukkig, maar ek glo ek is nie te ver van die waarheid af nie.

jacques ·

Vandag is dit net n paar skatryk boere wat klomp plase besit.Ons kan maar vergeet daarvan dat daar oot weer n Wit Afrkaanse ou die land gaan regeer dit kan nie weer werk nie.Ons moet maar probeer saam werk om dit n beter land te maak vir almal.Dink dis n goeie ding dat hy buitelanders wil verhoed om grond hier te besit,want dit gaan net nog meer plase in witmense se hande sit en dit nog slegter laat lyk vir ons witmense wat groot geraak het in die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.