Gronddebat: Nou is daar feite op die tafel

grondoudit-2017-11-02

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, Dan Kriek, president van Agri SA en Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se grondsentrum vir uitnemendheid, bespreek die syfers in die grondoudit wat toon hoeveel grond in private transaksies reeds oorgedra is. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Voorheen benadeeldes besit nou 26,7% van al die landbougrond in Suid-Afrika. Dit is beduidend meer as die 14,9% van landbougrond wat in 1994 in voorheen benadeeldes se besit was.

Voorts besit wit boere nou 73,3% van landbougrond, teenoor 85,1% daarvan in 1994.

Dít is van die bevindings van ʼn omvattende grondoudit wat deur Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Agri SA en Landbouweekblad gedoen is.

Dié oudit, wat gefokus het op transaksies van landbougrond tussen 1994 en 2016, is Woensdag by Agri SA se kantoor in Centurion bekendgemaak.

Die oudit wys dat vraag en aanbod – gewillige verkoper en gewillige koper – wel werk om grondhervorming te laat plaasvind. Die regering het in die 23 jaar waaroor die oudit strek 2,8 miljard ha gekoop waarvoor dit R20,5 miljard betaal het. Dit terwyl daar twee keer soveel grond oor dieselfde tydperk met private transaksies in swart grondeienaars se besit oorgeplaas is.

Agri SA is lankal bewus van die noodsaaklikheid van ʼn grondoudit. Beleidsformulering word deur emosie en persepsie gedryf en feite skiet tekort. Sedert 2005 het daar dadels gekom van talle pogings om ʼn deeglike grondoudit die lig te laat sien. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gaan blykbaar binnekort die regering se grondoudit bekendmaak.

grondoudit-2017-11-05-94-teenoor-2016

Die grondoudit toon wat die eienaarskap is van landbougrond in Suid-Afrika in 1994 en 2016. Grafika: Verskaf.

ADS het die aktekantoordata wetenskaplik verwerk. Die eindresultaat is ʼn databasis wat onder meer toon hoeveel landbougrond deur wie teen welke waarde tussen 1995 en 2016 gekoop en verkoop is. Agri SA het ʼn eksterne oudit deur die ouditeursmaatskappy Nkonki laat doen.

Die verslag bevat ook inligting oor die persentasie landbougrond per provinsie wat al aan voorheen benadeeldes oorgedra is.

ADS se navorsing het ook die waarde van die grond in ag geneem en het bevind 29% van die waarde van landbougrond word nou deur voorheen benadeeldes besit.

In sommige provinsies, soos KwaZulu-Natal en Limpopo, is tot 50% van die waarde van landbougrond nou in voorheen benadeeldes se besit.

Voorts toon ADS se studie ʼn kommerwekkende afname in die hoeveelheid beskikbare landbougrond in Suid-Afrika. In 1994 was daar 79 miljoen ha landbougrond, maar dit het afgeneem tot 76 miljoen ha. Dít terwyl kommersiële boere na verwagting teen 2035 vir 80 miljoen mense sal moet kos gee.

grondoudit-2017-11-04

Die hektaar landbougrond wat tans deur voorheen benadeelde individue en die regering in die onderskeie provinsies besit word. Grafika: Verskaf.

Dan Kriek, Agri SA se president, het gesê dat grondbeleid in Suid-Afrika te lank gegrond was op persepsie en emosie eerder as feite. “Gesonde, volhoubare beleidsformulering moet op ʼn feitebasis gegrond wees. Hierdie grondoudit verskaf nou feite. Verdere navorsing oor watter soort grondhervormingsprojekte volhoubaar is en watter in die hek gaan duik, sal onderneem word.”

Kriek het vir Johan Bornmann, direkteur van ADS, bedank vir die baanbrekerswerk wat hy met hierdie grondoudit gedoen het. Voorts het Kriek gesê dat die werk in landsbelang is.

Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, het verder daarop gewys dat die data sonder twyfel bewys dat markkragte uiters doeltreffend kan wees om grondhervorming te laat plaasvind. Agri SA het ʼn finansieringsplan ontwikkel wat dit moontlik sal maak om die mark nog doeltreffender te maak en vir baie meer opkomende boere toegang tot markte te gee.

Agri SA wil ʼn grondplan help ontwikkel wat met die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Grondwet strook, het Van Zyl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

17 Kommentare

Leahim ·

Nou kan die huidige bevoordeelde mense nie kla dat die huidige benaadeeldes nie grond afgestaan het nie ek wonder net wat se verskoning hulle leiers nou gaan he om hulle tekortkominge weg te steek

Marc ·

Kan julle die volgende data ook verstrek:
1. Hoeveel van die grond (landbou , vee, en wilds plase) behoort aan politieke figure en hul families? … Van alle partye nie net ANC comrades in Lutuli House nie.
2. Watse bydra het elk tot die voedsel voorsiening van die land, of vir uitvoer?

Vermeende ·

SA is in n vryemark stelsel, feit!
Aanbod en aanvraag bepaal n prys in die vryemark, feit!
Die staat het die aanvraag na grond vergroot met sy grondbeleid, feit!
Enige ander ontleding verdoesel die feit dat die landbouer die regmatige eienaar van sy grond is.
Nerens in die wereld het grond herverdeling tot welvaard en rykdom gelei nie, feit!
Net die feit dat daaroor gesels word namens die boer en regverdiging van sy besit stel die oningeligt landbouer klaar in die beskuldigdebank.
My grond is na 94 gekoop en niemand sal namens my gesels oor die toekoms van my plaas nie, die kaart en transport le in my kluis.
As enige persoon grond wil koop dan moet hy maar n markverwante offer kom maak, enige iets anders sal met weerstand begroet word.

Standplaas ·

Baie goeie stukkie werk.

Dit blyk hierdie studie beskryf slegs die stand van landbougrond-eienaarskap. Nie alle grond-eienaarskap nie. Daardie syfers sal ook interssant wees.

pof ·

Alles in die land moet die Nasionale Demografie weerspieel mense, hulle stop nie voor 90% grond aan swart eienaars behoort.

Chris ·

Baie interressant. Ek sal my verstout om te sê dat die navorsing ‘n futiele oefening was. Die statistieke sal/gaan summier van die tafel afgevee word. Dit gaan as rassisties propoganda afgemaak word.

CJ ·

“Voorheen benadeeldes”? Ons glo en versprei nou self die propaganda. Pateties!

Marcel ·

Waar ek in Gauteng rondry en self in baie sogenaamde ” leefstyl estates ” kom, is ‘n groot persentasie van die eienaars swart. Ek het geen probleem daarmee nie. Maar daar is lankal ‘n groot sprong van ” voorheen benadeel ” tot die huidige. Daardie verveelde en uitgeholde woorde van ” voorheen benadeel ” werk nie meer vir my nie.

Ch ·

Op die oog af lyk die verslag se syfers redelik aanvaarbaar. By nadere betragting kom sekere punte na vore wat egter toon dit is nie so akkuraat soos mens graag dit wou he nie. Byvoorbeeld: *Wes Kaap se grinder SARS met die banner Williams, Hendricks, De Wet, Van Huffel, Fourie, Engelbrecht, Davids, ens meesal foutief as “wit” opgeneem – beloop aansienlike persentasie en terloops dit word baie kundig en ekonomies benut
*Dit blyk dat die Mier, Zuurbraak, Genadendal, Opperman, ens nedersettings nie ingesluit is by 1994 se syfers nie? Is dit ook weggelaat by 2016? Beslaan duisende hektaar?
*Hoe is grond in besit van mpye, BK’s, trusts, wat soos hierbo genoem, aan nie- “wit” behoort hanteer?
*Hoe is besitreg van gemengde eienaarskap hanteer? – daar is baie – vennootskap tussen wit en nie-wit?
Dit laat die vermoede ontstaan dat veel meer grond in nie-wit se hande is as wat verslag aantoon.

Eish ·

Dit is insiggewend om te let dat die areas waar swart eienaarskap van landbougrond aan die hoë kant is, ook die areas is wat in die ou bedeling selfregerende tuislande was soos Transkei, Bophuthatswana, Venda ens.

Die Vrystaat met sy 7.9% is uit verhouding agter die Nasionale gemiddeld. Dit dien tog gemeld te word dat alle grondeise hier afgehandel is. Dus, sal enige inisiatiewe om swart eienaarskap hier uit te brei, nie berus op historiese eienaarskap nie. Indien wel, sou dit area aan Lesotho besorg moet word, wat die historiese eienaars van die area is.

Deon ·

Die 26.7%, sluit dit die grond in van die “sogenaamde” koningshuise soos onderandere die Zulu koning?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.