Grondeise gaan bykans R17 miljard kos

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag gesê dit gaan ongeveer R16.9 miljard kos om die grondeise in die eerste fase, wat nog nie afgehandel is nie, te skik.

Gugile Nkwinti, minister van die departement, het Vrydag in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag in die parlement gesê daar is van die eise wat nog nie nagevors is om die presiese omvang van die eiendom en regte te bepaal nie en ʼn vaste bedrag kan dus nie verskaf word nie.

Die nasionale tesourie het egter ʼn uitgawe- en prestasiehersiening van die hervormingsprogram gedoen gebaseer op die aantal eise wat teen 31 Maart 2013 nog nie afgehandel is nie. “In daardie stadium was die geraamde bedrag R16.9 miljard,” het Nkwinti gesê.

Pres. Jacob Zuma het verlede jaar aangekondig dat ʼn tweede fase beskikbaar gestel word vir diegene wat die sperdatum van 31 Desember 1998 gemis het. Die tweede vensterperiode duur vyf jaar en eindig in Junie 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.