Grondeise heropen na Zuma wet bekragtig

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Maandag die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte en die Wet op Eiendomswaardering bekragtig.

Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte beteken die heropening van grondeiese en gee eisers vyf jaar – tot 30 Junie 2019 – om grondeise in te dien.

Sowat 80 000 grondeise is teen die spertyd van 1998 ingedien en volgens berigte kan daar tot vyf keer meer eise wees wat nou ingedien gaan word. Die wetgewing reguleer ook die aanstelling en diensvoorwaardes van regters van die grondeisehof.

Zuma het ook die Wet op Eiendomswaardering bekragtig. Die wetgewing maak voorsiening vir die regering om ‘n waardeerder-generaal aan te stel om die markwaarde van plase te bepaal. Die waardeerder-generaal sal ’n koopprys kan bepaal vir enige stuk grond wat die regering vir onteiening of herverdeling geoormerk het.

Daar is vroeër deur rolspelers gewaarsku dat die bekragtiging van die wetgewing katastrofiese gevolge vir die landbou en ekonomie kan inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Is die gaos in die land nie al genoeg voorbeeld van al die gemors en agter uitgang van die land

Dan ·

Morê oom FW. Ek verstaan nou nie hierdie storie van die grondeise wat heropen is nie. Oom dit lyk dan vir my (boonop nog met die dreigement van 50% van plase wat na swartes toe moet gaan) of ons nou reguit afstuur op ‘n tweede Zimbabwe? Oom het ons dan belowe “hier sal nooit ‘n tweede Zimbabwe kom nie”? Sal oom ons nou laat weet wat is die wigte en teenwigte wat omie en die liberale vriendjies ons so mee gepaai het. En oom FW, gee ons asb. ook die versekering dat hulle nie ons huise in die dorpe en stede ook gaan vat nie. Dit sal mos nooit gebeur nie, ne oom?

Grassie ·

Ek dink ons land is besig om nou finaal teen ‘n hoë spoed, sonder remme, teen ‘n steil afdraend af te gly met ‘n groot afgrond wat voor wag. Dit lyk ook of ons die wil verloor het om terug te veg.

sarie ·

Die boere het hoeveel sweet ingesit,werk en hoeveel meer moes hulle doen om hulle plase te behou,nou vra ek,hoe lekker kan suid afrika nog word,dat alles van ons ligte velle moet weg gevat word en soos pudding vir hulle gegee word,en die boer sit met niks,hoe jonk het hulle nie begin hard werk om die landgoed reg te kry nie.ek dink hoe ouer die die nageslag word,sal hulle ma moet groente tuine begin in die erwe,anders gan hulle glad nie gesond lewe.(ook ma met elekriese drade toe span)

Arthur ·

Kan ”hulle” dan nie al reeds sien wat met die grond gebeur het wat wel gekoop is deur regeering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.