Grondeise: Plase aan NW-gemeenskappe oorhandig

grondhervormingThandi Modise, die premier van Noordwes, het Sondag bevestig dat plase in die Ratlou-munisipaliteit aan gemeenskappe teruggegee is, nadat hulle van die grond onteien is.

Vier plase in die gebied is teen R12.3 miljoen aangekoop en die titelaktes daarvan is Saterdag aan die gemeenskappe oorhandig.

Desbo Mohono, die LUR vir landbou in die provinsie, het die oorhandiging van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming verwelkom. Hy het namens Modise tydens die geleentheid gesê: “Die herkapitalisering en ontwikkeling van die vier plase sal verseker dat die plase as volhoubare en winsgewende sake-ondernemings bestuur word.”

Pieter Beukes, ʼn ervare boer, is aangestel om as ʼn strategiese sakevennoot en mentor op te tree.

Altesaam 2 304 mense sal voordeel trek uit die vier plase. Die grondeis beslaan Croydon 201, gedeelte 2 van Croydon 210 JO, Freedom 211 en Uplands 207 JO deur die Barolong Boo Makgobi Community Property Association.

Lawrence Oageng, voorsitter van die vereniging, het gesê die skikkingsooreenkoms van R3 miljoen sal aangewend word om 188 beeste, plaasimplemente en ander boerderytoerusting aan te koop.

“Mohono moedig die begunstigde gemeenskappe aan om nie die grond wat hulle teruggekry het te verkoop nie, maar dit te gebruik om winsgewende voedselsekuriteit te bied en die uitdaging van armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek,” het Lesiba Moses Kgwele, Mohono se woordvoerder, gesê.

Nog grondeise in die provinsie word geprosesseer en behoort teen die einde van die maand afgehandel te word. Dit beslaan die 20 plase van Railway Block, Dover, Buckreef en Leyland. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christien Kruger ·

Natuurlik n witman nodig om te verseker instandhouding vind plaas. En ook, hoe lank voor die plase wanbestuur, onderverdeel en stukkies aan plakkers verkoop word? Die staat koop implemente ens vir hulle maar n wit ervare plaasboer se lening by Landbank word afgewys, rede, boere moet ondergaan sodat die plase aan onvermoee swartes gegee kan word.

Rentia ·

Ek weet nie moet ek lag of huil nie !!!! Kyk mooi, en kyk goed, daardie plase gaan NIE die vooruitstrewende plase wees wat aan hulle oorhandig is nie. Kwessie van tyd voor alles verval het.

Jasper ·

Ja, 2,304 mense gaan bome afkap vir vuurmaakhout, dan sinkplate, vensterrame en bakstene wegdra en dan draadpale en lyndrade om draadstrikke mee te stel. Dan gaan die Staat weer geld inpomp om die skema te red. En dan . . . . . . . . . . . . .
Is ek nou maar net swartgallig ?

Rentia ·

Allesbehalwe swartgallig – “optimisties” oor wat die toekoms inhou vir die nuwe eienaars, want dit is presies wat hulle gaan doen. Te veel bewyse van vervalle plaashuise, geboue, landerye, ens. al gesien na dit in hulle hand geval (verval) het.

Dis hartseer !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.