Grondeisproses verwater tot ’n goedkoop loteryspel

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

AfriForum neem met groot kommer kennis van die R1,7 miljard wat aan 37 920 mense oorbetaal is vir finansiële vergoeding nadat die meeste van dié aansoekers nie in grond belang gestel het nie, maar eerder finansiële vergoeding wou ontvang.

Die verslag waarin hierdie inligting vervat is, is op 2 Augustus 2019 deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in die parlement in Kaapstad ter tafel gelê.

AfriForum het by verskeie geleenthede in die verlede sy kommer uitgespreek oor die roekelose, ondeurdagte en ongegronde wyse waarop grondeise hanteer word. Die gebrekkige wyse waarop eise ondersoek word, gee daartoe aanleiding dat reusebedrae uit belastinggeld vir dié doeleindes aangewend word. Indien ’n aansoeker dus ’n eis indien, maar dié eis nie slaag nie, dok die belastingbetaler op vir enige kostes wat weens dié opportunistiese kansvatter betaal moet word.

AfriForum staan verskeie eise teen waar die grondeisekommissie grondeise op ongegronde hoorsêgetuienis probeer deurvoer deur die huidige eienaars van die tersaaklike eiendomme mee te deel dat dié eiendomme nie onteien sal word nie, en dat hulle ander opsies oorweeg, soos onder meer finansiële vergoeding van die staat om die eis sodoende met die minste weerstand af te handel. Hierdie manier van doen kom die belastingbetaler duur te staan.

“Die huidige proses wat die owerheid met grondeise volg, skep geleentheid vir enige persoon wat aan die kriteria voldoen om op bedrieglike wyse te probeer om met bykans geen meriete nie ’n eis vir grond in te dien met die hoop om ’n meevaller vanaf die staat te bekom – sonder enige risiko vir die eiser,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder.

“AfriForum kan nie toelaat dat belastingbetalers se geld op ongegronde grondeise vermors word nie. Die organisasie sal aanhou om die huidige toedrag van sake die stryd aan te sê,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ja nee ·

Natuurlik wil almal net die geld he. Grond is maar net die skuilnaam.

Hans ·

SA is soos die Engelse sê “a failed state”— dit sal nie regkom voor die tweede koms van Christus nie.

KP ·

Die wit mense in die land moet vinnig besef dit gaan nie oor grond nie, maar om alle wittes van hulle eiendom of self lewe te ontneem.

Adam ·

Dit het nog altyd oor geldelike vergoeding gehandel en grond was bloot die dekmantel vir die sg, “restitusie”. Wat ‘n gemors.

sweis ·

Dit blyk dat alles wat die anc,eff,da aanpak is of n mislukking of iemand moet daarvoor betaal.

Kiwi ·

Daar behoort nooit n opsie te wees van geld eerder as grond nie. In die eerste plek bevoordeel finansieele gewin slegs die huidige geslag, gewoonlik nie eers mense wat ooit direk betrokke was nie. Dit laat die daarop volgende geslagte steeds tenagekom voel en geregtig op verdere eise. Tweedens lyk dit nie of hierdie “verkoopte” grond deel uitmaak van die statisiek van die verdeeling van grond in die land, so die ongelykheid duur voort. Derdens sou ek graag wil weet, sou Europa gelukkig daarmee wees as blankes uit Afrika grond eise instel vir grond wat verloor is in die Franse revolusie en ander insedente wat gely het tot die beweeging van ons voorouers na Afrika? Waar word die Streep getrek?
Reg oor die wereld is daar groepe wat nou glo hulle is geregtig op grond wat deur oorlog of ooreenkoms afgestaan is, so hoekom kan die Afrikaner nie grond in Europa eis nie.
Laastens, gaan ons nageslag weer moontlik die geleentheid kry om in die toekoms weer die grond terug te eis, wat maak die huidige proses anders as die vorige proses? Hoe vry aan daardie bewyse.

Derf ·

Die wat regeer, sê dis reg en dan is dit reg. Toe ons as volk saam besluit het ons wil nie meer regeer, het ons ook saam besluit om onsself onderhowe te maak aan wat ander sê wat is reg. Wat is die probleem?

aj ·

LEUEN op LEUEN!

Swartmense het nooit grond BESIT nie want hulle was altyd nomadies m.a.w. rondgetrek tussen Kameroen, Ethiopië en Suid Afrika! Daar was nooit LANDSGRENSE nie.

Daarom is grondeise wat beperk is tot binne die ‘kunsmatige’ landsgrense van die huidige Suid Afrika onrealisties, ongeldig en opportunisties.

‘Gaan eis grond iewers tussen Kameroen en die Limpopo rivier (Noordelike grens van SA) as jy soos ‘n WESTERLING skielik grond wil BESIT! (… wat vreemd is in Afrika kultuur!)’

M.a.w. Swartmense woon nog altyd soos plakkers (nomades) oral in Afrika …. en fabriseer nou skielik ‘n vals persepsie van slagofferskap van gronddiefstal.

Hulle huidige plakker (nomadiese) leefwyse is die natuurlike voortsetting van Afrika kultuur waarin privaat grondbesit NOOIT gefigureer het nie.

Hulle STROOP net die land van belastingbates onder die ‘voorwendsel’ (rookskerm) van gronddiefstal.

Ontbloot hulle LEUEN!!!

Michael P ·

Nou hoeveel van die Kurupte Staats Amptenare staan nou ook bak hand. Is mos oral bekend onder hulle dan nie

Christa ·

Hulle is seker van plan on n stukkie grond in die Hemel ook te bekom.

Pieter ·

Hou op kla en betaal julle belasting getrou die regering sal dit vir ons mors dit is die blanke se belasting wat die land dra kom ons vat dit weg dan sien ons wat gebeur

wilma ·

En wanneer die eisers se geld klaar is, begin die proses seker weer van voor af aangesien ons mos oor onbeperkte geldelike bronne beskik.

Skokkend! ·

Dis al wat ek te sê het…
SKOKKEND!
Ek hoop die wat niks gekry het staan op en dring aan op hulle pond botter.
Ons as wittes se stem dra geen water in die parlement nie, dit moet almal swart wees want hulle stemme word na geluister!

Anoniem ·

Lekker man kan ek ook in die ry staan het ook nie eiendom nie, gaan hulle my ook betaal.

Alida ·

Kyk wat het gebeur met die Esidemie geval. Die geween voor die kommissaris het vir hulle baie geld beteken. En nou hulle memse het steeds n wrede hongerdood gesterf. Geld is al wat hulle wil he.

Alida ·

Kan ons werklose blankes ook grond eis? Indiem wel sal dit gaaf wees dan begin ons ons self onderhou want ons kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.