Grondgryp-verdagte tydens operasie vasgetrek

Argieffoto

Die provinsiale taakspan in KwaZulu-Natal het ʼn 85-jarige man in hegtenis geneem in verband met die onwettige verkoop van plaasgrond in die Inanda-omgewing.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die taakspan, tesame met eenhede van Pietermaritzburg en Durban, het die verdagte Donderdag in hegtenis geneem, en dat hy en sy medepligtiges aan 19 sake van diefstal, betreding, kwaadwillige saakbeskadiging, intimidasie en bedrog verbind word.

Volgens Naicker spruit die ondersoek uit talle sake wat in 2017 en 2018 deur plaaseienaars in die omgewing aanhangig gemaak is.

“Die sake is aan die provinsiale taakspan oorhandig nadat dit onder die waarnemende provinsiale polisiekommissaris se aandag gebring is dat daar geen vordering gemaak is rakende die ondersoeke na die sake nie.”

Naicker het gesê ná ʼn uitgerekte ondersoek, waarby die kantoor van die adjunk-direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal betrokke was, is ʼn operasie uitgevoer waartydens die verdagte private grond aan polisieagente vir R20 000 verkoop het.

Volgens Naicker het die verdagte se medepligtiges op die vlug geslaan nadat hulle van sy inhegtenisneming te hore gekom het en is die polisie tans op soek na ʼn verdere twee verdagtes.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van bedrog en kwaadwillige saakbeskadiging. Volgens Naicker sal daar na verwagting nog aanklagte volg ná sy hofverskyning.

Die polisie het intussen ʼn beroep gedoen op mense wat vermoed hulle het onwettig grond in die omgewing gekoop om na vore te kom en hul samewerking aan die ondersoekbeamptes te gee.

Enigiemand wat inligting het oor die saak kan ao. Mlungwana bel by 082 6627 764.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maljan ·

He he he he! Dis lekker by die sirkus. Waar iemand kan besluit om wettige eienaars se grond te onteien en teen n wins te verkoop want die anc en die eff sê mos die boertjie het jou grond gesteel, vat dit terug.

IK ·

Letterlik nog nie oud of koud aangaande misdaad. Jare se ondervinding wat hy nou in die tronk kan gaan deel.

Vryheid ·

Bejaarde tronk toe, sal nie gebeur nie. Sy boeties het hom die reg gegee blankes sal vir ewig in skuld wees….

Tokkolos ·

Wragtag moes jy nie al op ouetehuis se stoep gesit en wag het nie
OMW
Bedrog of skelm vra nie hou oud jy is nie

Ilze ·

Miskien moet ons die grond wat onwettig is koop
Maak nie saak van wie. Dan het ons ook mos n stukkie SA lap.
Ek is egter goed opgevoed en bekyk alle transaksies alle kante toe.
Ons het nog nooit opgesien na enige iemand nie. Maar my wit hart word al hoe meer gevul met ‘n troebel kleur. Gaan hulle vir die bleek man ook opstaan wat gevang is deur so ‘n slenter? My vroue hart breek in stukkies vir die wêreld waar sommiges respek het en ander niks.

Sê-ma-net ·

Daar het dadels van die vorige klagtes gekom, tot iemand dit onder die provinsiale kommisaris se aandag bring. Skielik is daar ‘n taakspan wat binne enkele dae die saak ondersoek en die skuldiges identifiseer. Nou hoekom kon dit dan nie aanvanklik op stasie vlak al ondersoek word nie? Swak opleiding? Te min ruggraat? Swak disipline? Medepligtigheid? Die stasie bevelvoerder moet tog sy speurders se misdaad dagboeke en dossiere gereeld nagaan? Algemene slapgatgeit en gebrek aan werk trots as jy my vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.