‘Grondgrypalliansie kan anargie veroorsaak’

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

AfriForum sê onverantwoordelike politieke uitsprake deur Julius Malema en die EFF het die afgelope naweek tot byna anargistiese optrede gelei nadat daar op verskeie plekke in Gauteng gepoog is om grond te beset.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die ANC se aanvaarding van die mosie om grond sonder vergoeding te onteien, is ook ʼn dryfveer vir dié onwettige optrede. “Boonop getuig die SAPD se swak hantering van die grondgrype in Johannesburg van ʼn polisiediens wat nie in staat is om wettige grondeienaars te beskerm nie.”

Cameron meen die SAPD se onvermoë om op te tree dui daarop dat hulle self nie die Betredingswet (wetno. 6 van 1959) verstaan nie. “Dít volg nadat grondeienaars die hof moes nader om die SAPD te verplig om op te tree.

“Indien jou grond betree word en jy dadelik ʼn klag by die SAPD aanhangig maak, móét die SAPD onmiddellik optree en die betreders verwyder – jy hoef nie ʼn hofaansoek te bring nie. Die SAPD moes in Johannesburg opgetree het soos wat hulle dié naweek opgetree het om besetters van staatsgrond af te verwyder.

“Tog blyk dit dat wettige privaat grondeienaars nie met dieselfde ywer beskerm word nie. Ons moet ons afvra of die politieke wil werklik daar is om wettige grondeienaars in Suid-Afrika te beskerm,” voeg Cameron by.

Volgens Cameron het politici – insluitend president Cyril Ramaphosa – se onverantwoordelike gronduitsprake tot hierdie wanorde en wetteloosheid gelei.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Intussen meen die VF Plus dat pres. Ramphosa in die duister is oor die werklikhede van grondgrype. “Pres. Ramaphosa sê grondgrype sal nie geduld word nie en dat die wet hieroor streng toegepas moet word. Tog is die werklikheid dat grondgrype wel plaasvind terwyl wetstoepassers toekyk en nie optree teen die wetsoortreders nie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens Groenewald gee die polisie nie gehoor aan grondeienaars wanneer hulle versoek word om in te gryp teen grondbesetters nie. “Die polisie en metropolisie staan en toekyk hoe die wet verbreek word en vereis eers ʼn hofbevel voordat hulle bereid is om op te tree. Pres. Ramaphosa sal sy woorde moet omskep in dade, want nie almal het die geld om eers ʼn hofbevel te kry om die polisie te aktiveer om op te tree nie.”

Volgens Groenewald vind grondgrype oor die land heen plaas en het grondgrypers tussen Groblersdal en Marble Hall selfs ʼn teerpad opgebreek om toegangsroetes te versper. “Geen inhegtenisneming in dié verband is nog gemaak nie en grondgrypers word oënskynlik ongestraf gelaat. Die president sal hom drasties moet vergewis van die werklikhede op grondvlak om kennis te neem van die gevolge van onrealistiese verwagtinge oor grond wat by die massas geskep word.”

Ramaphosa sal eers die toets slaag indien wetstoepassers onmiddellik optree wanneer klagtes ingedien word teen grondbesetters, het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

TLC ·

Ek het regtig nie verwag ramaposa gaan enige reaksie toon nie onthou hy soek eff aan sy kant. So nog n nul op n kontrak van n nuwe President kurrup almal van hulle

Hendrik ·

Daar is ‘n groot onrustigheid onder ons mense (ek self ook) wat op plase en plotte woon. Ons as gemeenskap staan reg om ons grond te beskerm met die SAPD se samewerking. Dit is net ‘n kwessie van tyd of die vonk val in die kruitvat. Dit is uiters belangrik dat die Burgeregtegroep aan wie ons behoort baie baie hard druk, in die howe, om president CR tot inkeer te bring en die besluit om te keer. Plaaslike en internasionale druk is baie baie belangrik anders gaan daar moeilikheid kom.

Fanus ·

Hier is n idee,hoekom vat Afriforum nie vir Cr en Julias hof toe nie?of nee wag,ek dink hulle het al.

Gerhard ·

Want CR, wag hiervoor, het nie die wet oortree nie! So jy kan niks aan hom doen nie. JM, wel ons weet mos nou al hy is verhewe bo die wet.

Ray ·

Ek is seker daar is ‘n deel van sy plaas waarop ons gehuggies kan gaan staan maak

marous ·

Hulle het dieselfde doelwit . Dit gaan nie oor grondbesit nie. Dit gaan daaroor om die witman en spesefiek die Afrikaner te verguis . Die gevolge is nie van belang nie.

Jean ·

Presies,! Dit was al hul plan voor 94 verkiesing! Ontneem die blankes van Suid Afrika van alles.sy taal ,sy kultuur sy grond! Die blankes is uitverkoop,verraai en uitgelewer aan die wolwe..Net n blinde liberaal kan of wil dit nie glo nie!

Skerpioen ·

Dis nie net plotte en plase wat ingevaar is nie mense. Word wakker, julle huise in die dorpe en stede is ook in gevaar.

Skerpioen ·

Eers ons wapens gevat en nou ons grond en eiedom. Lekker man lekker

Cherokee ·

Niemand se wapens is gevat nie. Die vir wie dit te veel werk was om bevoegdheidsertifikate te bekom, het hul wapens vrywillig ingehandig.

Boet Fasie ·

Die DA en Afriforum gaan niks doen nie, alles bly net by praat en beloftes

Werner ·

Hulle het nie gepoog om grond te beset nie hulle het dit beset hulle is nie almal verwyder nie

anti vergrype ·

Ramaposa hou hom blind en doof.
Hy gee nie ‘n flenter om nie .
Hy wil net gewild bly – maak nie saak wat dit kos nie.
Net so korrup soos die res.
Die DA is in koalisie met die EFF – so die DA kan julle maar afskryf.
Ek sal vir die VF moet stem – kan nie anders nie – en hoop vir die beste……
Nie lank nie of hier gaan ‘n Burgeroorlog wees.
Siener het dit ook geskryf. Ek se maar net – julle hoef dit nie te glo nie – maar ek glo dit.

Spike ·

Wat het hierdie vent al vir die lewe beteken. Niks, ñ regte parrasiet

hendrik ·

Spike, praat jy van Julius of Ramaphosa. Dit maak nie juis saak nie want albei is parasiete.

Tolbossie ·

Moenie vertroue in die polisie plaas nie. Hulle is staatsamptenare wat goed ingelig is oor die koers wat hul base wil inslaan. In Zim het hulle nooit opgetree nie en was die verskoning telkens dat dit “political” is.
Geen hofbevel het gekeer nie. Sou hulle soms opdaag was dit slegs om te waarsku dat jy die plaas moet afstaan aan die nuwe eienaar. Ons is deur geweld en afsetting daarom voel ek oneindig jammer vir die Suid Afrikaanse boere. Sterkte!

Jerry ·

Die forum se fokus moet op wetstoepassing wees, want dit is waar die pap op die “grond” val.

kieser ·

Ek is so bly die FV is daar – want hulle het geen koalisie nie.
Die DA is in koalisie met die EFF, Lees gerus Netwerk24.

Selfbeskikking ·

Gebruik hierdie as geleentheid om hard en duidelik te onderhandel vir selfbeskikking. Hulle wil mos ons uit he, ons sal uit gaan en volwaardige burgers van ons eie land word. Hulle sal huil sonder ons belasting want hulle sal nie meer die grants en groot staatssalarisse kan betaal nie maar hulle wou ons mos soos gemors behandel. Toe, nou is die tyd vir selfbeskikking en ons moet ons planne nou op onderhandelinge daarvoor fokus.

Adriana ·

Ek is in vir selfbeskikking!Verduidelik asb vir my meer oor selfbeskikking?

Cherokee ·

Adriana, selfbeskikking kan nooit ‘n werklikheid wees indien die ‘n wit kolletjie omring deur swart is nie. Indien al die ingange daarheen lei vanuit swartland, kan hulle bloot die hekke sluit om sanksies toe te pas. Dit kan slegs werklik wees indien dit grens aan ‘n kuslyn waar ‘n hawe gebou kan word.

PJC ·

Hierdie grondstorie het die potensiaal om die land te laat brand. Dit kort net een onverantwoordelike persoon of groep om die vuurhoutjie by die kruitvat te bring.

Adriana ·

Dankie cherokee
Dan moet ons n plek met ‘n hawe kies? Kaapstad?
Die Wes Kaap.

Cherokee ·

Neee..!! Terwyl ons kies Adriana, kies subtropies met prag en waar ons in die winter ook kan swem. Durbs is die plek:-)

quarty ·

“Land” is nie beperk tot plase nie. Jou huis in die stad/dorp staan ook op “land” en sal beslis ook gegryp word. Miljoene mense in plakkerskampe het nie behoorlike huisvesting nie en gevolglik sal blanke behuising gebruik word om die mense te plaas. Miskien kan jy aanbly in jou huis maar jy gaan nie-betalende gaste moet huisves (in die huis en selfs in jou tuin). Sterkte!

RM ·

Hier kom oorlog mense, moet nie langbeen in die son sit nie. Hulle kom om die witman te verhuis, PRESIES soos in Zimbabwe, dalk net ‘n bietjie vinniger. Jy weet klaar wat om te verwag en watter metodes hulle sal gebruik. Vergifnis sal jy nie kry in dolosse nie.

Anargie kom met alle geweld.

Gerhard ·

Daar sal geen oorlog wees nie. Die manne praat hulself moed in met sulke praatjies. As die dag kom sal 99% oorgee sonder om twee keer te dink en ander 1% sal ‘n voorbeeld van gemaak word net soos in Zim.

Eish ·

Jare terug, voor Televisie, was daar n radiodrama op Springbok radio, ” Dans van die flamink.”
Net voor die radiodrama begin smiddags, was daar n insetsel wat gelui het, ” Dans van die flamink, die voorspel tot die vreemde wat volg.”
Ons vreemde is besig om te volg.
Anargie is ons voorland, die taal van die wat niks het om te verloor nie.
Dit kom, so seker as die son daar skyn.
Die tyd wanneer die geleerdes se teorieë, opgaan in vlamme, die menigsvormers se menings vinniger verander as wat hul kan vlug voor die verderf.

Poot ·

Miga2:2 Hulle begeer ‘n stuk gronden vat dit,huise en lê beslag daarop. Hulle kul ‘n man uit sy huis uit, ‘n mens uit sy besittings uit.
3 Daarom, so sê die Here: Ek beplan ‘n ramp teen hierdie mense, hulle sal dit nie kan ontwyk nie.

Waaroor bekommer almal hulle so as dit in die Woord geskryf staan. Hou tog asb op om paniek onder mekaar te saai.

Lee ·

Ramaphosa is nes Zuma. Wil als van die wittes vat waarvoor ons hard gewerk het. In die oor die 20 jaar wat die ANC al in bewind is het hulle verdomp nog niks gedoen om SA ‘n beter plek te maak nie en nog skole te bou nie. Als raak vervalle en gaan agteruit. Hy sal moet vinger trek. Ek vertrou hom gladnie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.