Grondgrype: ‘Dis nie net van vat nie’

Argieffoto

Argieffoto

Terwyl daar aanduidings is dat daar in 2017 ʼn toename in beide grondgrype en -onteienings in die land sal wees, het die sakeregtewaghond, AfriSake, Dinsdag gewaarsku grond kan nie bloot gevat word nie.

AfriSake se waarskuwing volg nadat pres. Jacob Zuma Sondag by die viering van die ANC se 105de bestaansjaar aan duisende ondersteuners belowe het 2017 sal die jaar wees waarin die onteieningswet ingespan gaan word om grondhervorming en -herverdeling met groter spoed en dringendheid te laat plaasvind.

Ook die EFF moedig gereeld sy ondersteuners aan om grond te beset, ongeag die bepalings van landswette en selfs die Grondwet. Hoewel Julius Malema het in 2016 in die hof verskyn oor uitlatings wat geweld aanhits, het hy direk ná die hofverrigtinge buite die hof voortgegaan met soortgelyke uitlatings.

AfriSake het daarom, na aanleiding van Malema se dreigemente en aanhitsing tot geweld en betreding, ʼn siviele aansoek om ʼn interdik teen Malema en die EFF ingedien. Die aansoek word op 7 Maart 2017 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

“Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 stel die verbod op arbitrêre onteiening baie duidelik. Vergoeding is verpligtend in terme van artikel 25(2)(b) en in die geval van dispute oor die vergoedingsbedrag, berus die finale besluit by die howe,” het Stefan Pieterse, nasionale woordvoerder van AfriSake, gesê.

Pieterse het gesê AfriSake het in 2016 verskeie grondeienaars gehelp om onwettige grondgrypers met behulp van regsprosesse en die Rooimiere te verwyder. “Ons sal voortgaan om ons lede se regte te beskerm en sal nie skroom om die hof te nader om te sorg dat dit gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johanna Botha ·

In Zim is grond net gevat …niemand doen iets daar nie ….geen kos vir die mense word geproduseer nie … wat n gemors almal het verloor wat nou wil niemand daar bele nie.

Jean ·

O nee dit is net vir VAT ongelukkig . in ZIM het geen ander land of geen Menseregtekommissie of enige UN of enige hof iets daaraan gedoen nie. Mugabe het toe hy gewildheid begin verloor die HAAS uit die hoed geruk en die wittes se plase almal onteien en vir swartes gegee sodat hy aan bewind kon bly .. (en steeds is) .. dit het gewerk . al gaan 90% mense dood van die honger die 10% wat baat daarby vind dink dit was die moeite werd . selfs waar boere HOFSAKE gewen het teen Mugabe het hy dit ignoreer en aangegaan om plase af te neem en alles af te vat en vir sy pelle te gee .. Ongelukkig in AFRIKA werk afvat/steel baie goed . dis hoekom dit so goed in Afrika gaan en almal voedselhulp nou moet kry.

annelie hunter ·

Baie waar! Ek weet nie of enige iemand , hof of nie hof hulle gaan kan stop as hulle werklik besluit om mense van hulle grond te onteien??

Alwyn ·

Dankie vir wat julle doen om ons mense in SA te help.Wat reg is is reg en wat verkeerd is is verkeerd.Die land het nog nie hongersnood gehad nie.Die Afrikaner het vroeer jare wel baie swaar gehad maar hulself opgebou.Ons kan nie weer daar beland en afgetrek word en laer standaarde aanvaar nie.

Penellope Jones ·

Diegene wat beplan om dit te doen en die wat aander anhits om grond te vat gaan dit nie glo nie.

Annemarie ·

Dit is ook die rede waarom Volksgenote vandag by die Kommandokorps moet aansluit! Jy is dit aan jou Volk en jou gesin verskuldig om hulle teen die dreigende oorlog te beskerm! Die Kommandokorps leer jou hoe! Wees paraat.. Anders loop ons tog dieselfde paadjie as Zim!

LB S ·

WAAR is diè Kommandokorps en hoe lank sal dit wees dan word daar gesê die blankes is besig met terrorisme?

Robert ·

Wel ek het nie n plaas nie maar ek kan jou dit sê: Voor hul dit kry sal ek sorg dat daar vir jare nie eers n bossie sal groei nie.Al kos dit my n klomp geld.Sal maar moet grond eet vir n lang tyd maar dis nie net vir instap en oorvat nie.As ek met niks wegstap gaan hul niks kan plant.Daarvoor sal ek sorg.

willem ·

met al die grondeise nonsens word daar vergeet van die Transkei en Ciskei. Nie een van die plattelandse huise het eiendomsreg nie. HULLE WIL DIT OOK NIE HE NIE! Want dan moet hulle eiendomsbelasting betaal.
As al hierdie mense eiendomsreg kry, dan lyk die persentasies klaar BAIE beter!!

Jan maak n Plan ·

My vraag is net, wie betaal my regskostes as daar grondgrypers op my grond begin plak????? Glo my daai dag vat ek my ou laaigraaf en stoot alles plat. Die een wat n klip optel, word plat geskiet. Daarna sal ons oor die res bekommer.

Carl ·

Doen dit waneer hulle begin ,eers nes skrop ,dan kry jy hulle nie af

RK ·

As jy jou pootjies ongenooid op my grond sit, vir watse rede ook al…My grond wat ek my afsloof voor…Dan gaan jy beslis en verseker jou eie stukkie grond kry…6 voet diep…al is dit die laaste ding wat ek doen…

Annemarie ·

Wonder hoek MM my kommentaar verwyder as ek van selfverdediging praat???

Dirk Breytenbach ·

Ek sien ook met toenemende kommer hoe van my eie kommentaar dit nie oorleef nie. dit lyk of iemand wat uit voeling is met die situasie, lesers se denke probeer manipuleer soos die huidige en vorige regime. Dis nie slim nie, dis dwaas om so iemand in beheer te sit van ‘n siftingsproses wat duidelik slegs haar owerstes probeer plesier en om polities korrek voor te kom. Almal se mening moet tog geakkommodeer word behalwe as dit rassisties is, neerkom op haatspraak of as ‘n skrywer Maroela misbruik om hul sienings op ander af te forseer. Ek aanvaar dus dat Maroela Media wie se bona fides ek tot dusver hoog geag het willens en wetens toelaat dat ‘n persoon met ‘n verkeerde begrip van die situasie op grondvlak vryheid van spraak aan bande le. Maroela Media ek daag julle uit om julle sensuur proses te motiveer.

Didi Visser ·

Robert jy moet juis dat net bossies wil groei. n Paar miljoen olieboom sade sal hulle goed besig hou. Maar nouja wie bluf ons nou, dis nie dat daar enigiets geplant gaan word nie, want dit is werk!!

vermeende ·

Geagte Afrisake,

Die grondwet is n klein bietjie ink op paper en die wtte van die land het tot op datum geen moord gekeer nie. Geen wet is bullet proof nie.

Net die toepassing van n wet gee die wet waarde en as Zuma die wette minag dan het die wetboek waarop julle, hulle wil beroep mos ook nie veel waarde nie.

al ·

Dit sal maar taai gaan met die ANC en EFF. Hul invloed is afgewater oorsee. Baie mense kla uit my ondervinding wanneer daar teen hul onreg gepleeg word, en neem nie aksies nie. Ons moet slimmer en sluwer as hul dink anders sal ons geteiken word met hul belaglike uitsprake

Shaun ·

Ons bly op n plaas . Kom probeer om my grond te vat .. ……….. . Assebief kom probeer

deon ·

Shaum,se ek ook,ek vat my vrou buiteland toe,dan kom ek terug,daar sal nie n bees wei nie,O ja,ek boer ook.

Alida ·

Mugabe beinvloed vir JZ en die dwaas is te dom om te sien wat daar gebeur.

Veritas ·

Alida dit is juis omdat hy sien wat Mugabe toegelaat word om te doen, dat hy so aangaan. Mugabe maak soos hy wil en vat wat hy wil. Dit is hoekom Zuma hom naboots.

Theo Senekal ·

Malema steek sy volgelinge op om grond te gryp – maar hyself koop vir hom ‘n plot op Palmietfontein naby POLOKWANE agter die Silicon myn. Hoe nou.

Ekke ·

Ek dink die dag as hulle net begin om die plase te vat gaan daar duisende afrikaners wees wat gaan op staan vir die boere omdat ons almal daagliks bewus is van al die plaasmoorde. Ons weet waar ons voedsel vandaan kom en n bloedbad sal vloei as hulle aan ons boere vat. Ons Suid Afrikanse boere het murg in hulle pyppe. Ons sal hopelik dan saam staan. Laat hulle net probeer om ons boere se plase te vat dan gaan ons n ander ding sien gebeur in hierdie land. Ek se maar net. Een dragt maak magt.

Clipper ·

Ek sal my liewer nie uitlaat oor die hoe nie, maar ek dink boere het die reg om hulle eiendom te beskerm met die nodige gepaardgaande geweld

CHRISTA ·

Dit gaan nie vir hulle oor grond nie, maar NET grond wat in BLANKE gesit is want meer as 50% van ons land se grond is STEEDS in STAATSBESIT!! Hoekom wil die ANC nie vir hulle van DAARDIE grond gee nie?

vierkleur ·

Kom zuma en malema, wat vat julle so lank. Ek daag julle uit, kom probeer my grond vat.
My plaas is my lewe, en daars baie bloed gesweet om dit op te bou tot waar dit vandag is.
Ek het die reg om my eiendom te beskerm. Ons boere gaan nie terug sit en kyk hoe julle ons grond vat en verwoes nie.

KANTLYN ·

Elke week word plase te koop ge-adverteer in Landbou Weekblad. Vir wat koop die regering dit nie op en gee vir die wat dit wil he nie? Want dit kos geld. Wil soos altyd als verniet he.
Tog vreemd dat daar op die forum nie kommentaar is van die persone wat voorstanders is van grond vergrype.

Annemarie ·

Ek glo en vertrou dat die boere en almal wat reg is om hul te ondersteun, weet waaroor dit gaan! Ñ vuurwapen alleen gaan nie help. Daar moet dril planne, dissipline, voorbereiding en opleiding in hoe om in noodsituasies op te tree. Die ou weermag lede weet waaroor dit gaan, maar hoeveel van die generasie na ’94 weet? Daarom doen die Kommandokorps opleiding! Deur oud-weermag offisiere. Bemagtig jouself! Sluit aan en leer! Jy is dit aan jouself, jou familie en jou Volk verskuldig!!!

LeonR ·

Annemarie, ek is oud lid. Waar en hoe sluit ons aan?
My e-pos: [email protected]

Sal graag van jou wil hoor. Was jare betrokke in die kommandostelsel totdat joe modise dit afgeskaf het. Wag vir jou antwoord as my kommentaar nie ges”crap” word nie.

Leon

Johannes Meintjes ·

Daar is steeds burgerlike beskerming en samewerking wat nie oral op die grond is nie. ‘n Aktiewe GPF of Buurtwag, asook Belastingbetaalersvereeniging, gee reeds vir inwoners en grondeienaars inspraak en selfbestuur bemagtiging, – en help om politieke en terroriste boewery te ontmoedig. Bure moet na mekaar help omsien. AfriForum, Solidariteit en AfriSake is waardevolle vennote in die dag tot dag bestuur van grondvlakgemeenskappe. Of Afrika ooit sal leer dat sekere primitiewe metodes net nooit volhoubare resultate sal lewer nie, weet mens nie. Wonderwerke bly moontlik.

Karel ·

Mense die ANC is besig om vir ons Afrikaners ‘n guns Te doen. Alle Boere wie se gronde geneem word moet iewers heen gaan. ‘n Boer kan altyd weer plant en kos maak. Ons word Dan seker forseer na ‘n stuk grond wat goed is vir ons. Dit Sal aan die begin ‘n bitter pil wees maar dit Sal so vinnig soet word wanner ons Dan kan onafhanklikheid kry en ons eie land kry. Dan, die keer gee ons niks weg nie. Dan bou ons net aan ons toekoms as Afrikaners. Hoe meer die EFF Druk en die ANC Druk hoe vinniger word ons onafhanklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.